|
Heilna du PlooyTerugflitseI Ek het vandag weer een vir een aan elke bloekomboom gevat, die takkies deur my hand laat gly, n blaar gekneus, die stof geruik daar by die sandkol in die pad. Die kinders teken grafte in die sand, drie rytjies met twee elk. Hul voete sleep rondom n sloot, merk vlak die vorm van n fles. Ons mag net op die lyne loop, as ons aftrap, is ons dood! Dan dans hulle en sing en hardloop om en om al om die grafte in n kring. Ons mag net op die lyne loop, as ons aftrap, is ons dood! Sit op die prop, sit op die prop! In die bottel bly die duiweltjie. Hys skerp en swart, Hys skerp en swart, hy gryp jou hand, hy gryp jou tand. Pasop, hy gryp jou hart! Hul kraai van lag en speel die spel al woester. Sit op die prop, sit op die prop en trap net op die strepe! In die bottel bly die duiweltjie, Hys skerp en swart en o, en o, hy soek, hy soek jou hart. Die lag word skril, die wilde angs al heerliker. Trap reg, die strepe, o, die strepe! O, die duiweltjie, pasop, pasop! Skielik hang die skaduwees in pers hier tussen hulle. Sleepvoet stormend oor die lyne wis die kinders hulle eie doodspel laggend uit. Dan draf hul huis toe in die tweespoorpad die laaste strale heuning oor hul hare. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |