PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Ode aan Kerkorrel

Terry de Vries Nel

Johannes Kerkorrel sit by die bar en sing uit sy siel dat ek eintlik koue rillings kry daar waar ek in die see saam met ’n klomp vreemdes sit en luister. Dis warm. Sy oog vang myne en my hart spring bok-bok. Ek is smoorverlief.

Verlief op ’n dooie man, skrik ek wakker.

Die Novemberoggend van die skoknuus het ek kliphard vir my elfjarige seun “Al lê die berge nog so blou” gespeel terwyl hy sy pap voor skool eet. Ek het met trane wat oor my wange loop my agterplaaslabirint vir Ralph gestap. Josua het my so een snaakse kyk gegee, sy pap in sy kamer gaan eet en Sum 41 ewe hard begin terugspeel.

Ek het die aand van die droom met ’n gebed gaan slaap: Seën my verhouding. En die engele gevra om vir my ’n antwoord te gee. My onderbewuste gee my toe Johannes Kerkorrel.

Ek verlang onwillekeurig na my voëlvrydae op universiteit en my pa wat teësinnig onder druk Kerkorrel verbied om op kampus te sing. Plakkate wat “Wie het Kerkorrel se Mike geVries?” uitbasuin. En die magdom studente wat opruk Drie Gewels toe.

Vyf jaar daarna ontmoet my pa vir Ralph in my huis op Stellenbosch. Getrou aan my pa se humorsin spot hy hom en sê: “Ek het mos amper jou mike gevries!”

Vandag is albei dood. Toe Hans Heuer my vra om iets te skryf wat bo-op Johannes Kerkorrel se vleuelklavier kan staan by die KKNK, het ek lank gewonder en toe besef ek moet vir hom ook ’n gebed skryf. My pa het al syne.


Mag ’n hand vol engele jou optel
en dra na groen weivelde
met waters waar daar vrede is.
Mag dit die donker dieptes van jou siel
skoon was en die weemoed
uit jou hart verban.
Mag jy gevul word met die lig van die son
en die maan
en die sterre
en die Goddelike
sodat jy jou drome vir ons kan gee.
Mag die môrester jou oor die heuwels lei
na die roepstem van die heelal.
En jy een word met die heelalklanke.
Mag die wind jou stem na ons
terugwaai en ek,
vir oulaas,
jou vingers oor die klawers hoor gly.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.