PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Jy het nooit huis toe gekom nie

( Vir: Twenthe Teen Geweld Stigting & Aandacht Doet Spreken-Nederland )

Floris Abraham Brown

dan het jy gekom
maar nooit huis toe gekom nie
die ketel was al aan die kook
maar die gekraak van die hek oopmaak
die gekras van jou sleutels in die deur
jou magtige, gerusstellende stem:
"Is my liefde nog in die kombuis?"
jou sweetreuk as my neus jou nek
"dagsê" soen - jou arms my
toevou om te sê ek is tuis ... is weg

dan het jy gekom
maar nooit huis toe gekom nie
ek wag nog elke dag op hierdie stoel
my voet tik-tik die tyd verby
die verslaenheid in die
leegheid van hierdie
ondraaglike stilte breek
my vensters omdat ek
so magteloos alleen sit -
agter my ... 'n potjie wat prut

dan het jy gekom
maar nooit huis toe gekom nie
vir wie bedien ek die kos
vanaand, môreaand en die
res van my lewe? Die wêreld
vroetel maar aan asof moord
soos 'n Hoog Heilige hier hoort
wanneer ons hom aanvat
stap hy dikwels skotvry daarvan weg
as getuies weier, om hom te beveg

so sit leë stoele in gebroke
huise die hele wêreld deur
so sit geboë, stukkende figure
wagtend op 'n gestalte wat
nie meer kom nie ... nooit
weer sal kom nie ... want
geweld wat geen respek ken
het moord talle siele laat wen
dan het jy gekom ...
maar nooit huis toe gekom nie ...





LitNet: 19 Mei 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.