|
Martjie BosmanGastehuisIn die verre huise van Afrikaners - kloosters van klip aan die buitewyke van die land br> broei ek oor boeke in my taal wat kwyn. Ons praat oor die wyses van oorlewing en die afwys van n bestel wat ons besteel. Die afgedankte Afrikaners stel hul huise oop, verwelkom periferaal nuus uit die verderwende binneland, maar weier enige verdere verband. In die verboude huise op die platteland bloei ek oor die rakke toegemaakte boeke en my ongebore kinders en die stamelmooie woorde, ontwortel, verwelkend in die stowwe van my verworde land. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |