|
René BohnenEk lees die bundel* soos n briefJou rooi stroom spuit, woordspoel n bittervloed. Sy bundel word n slagaar, die ink jou sylviabloed. Koorsig soos paartyd maak die storie my trop: jou hitte ook mý gloed. Geliefde rampspoed, my drifgety kom in. Dié keer duik ek toomloos diep ontmoet tieroë; swart pupille wat papawers blom en affodille in jou vergasde kop. Ons swem vryslag, en lag, ons is rym in taai slymgoed. Heelnag vis ek in die maanskyn, pluk silwer strofes uit die skuim, in nette se swanger sleep blink vet odes, spartel n kwatryn. Dagbreek bring ontnugtering bleek in die oggendson, bros tekstuur het my morsels papier. Geperforeer, deur die moeraswind met n helhand gevang; dor ou posseëls aan doringtakke gehang. My verbleikte rym besoedel die land: daarby koggel jy uit die klewerige nat hom en my: ek is ál ekspert, my skat. * Birthday Letters deur Ted Hughes |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |