PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Stoepspieël

Andries Bezuidenhout

Won’t you take me away
to the bay of Bombay ...
— Jennifer Fergusson

Vanoggend weer op jou knieë
om die rooi stoep skoon te vee
en te Cobra tot dit blink en kontrasteer
met die klinkersteen se tekstuur en kleur —
geel soos mynhope se alewige stof
wat die Hoëveld se bleek winter oplig
en al met Main Reef Road langs sif.

Jou stoep is altyd skoon,
jou koppies altyd gewas
waar hulle hang aan hakies
bo die rak, onderaan die kas.

Vanaand is die maan ’n klepel
wat aan die hemelkoepel hang,
maar die sterre beier nie —
so al asof hulle verstar het
van skrik — die klepel
hang so strak soos jou koppies,
so stil soos jou gordyne.

Hoekom dink ek nou
aan koppies, gordyne, daai stoep van jou?
Dalk oor die wind wat al weer vanaand
knaend oor hierdie stad sal waai
om die stof oor elke stoep te saai;
waarna het jy altyd in die stoep gestaar,
wat het jy in die weerkaatsing gewaar?
Kon jy vloeiend die grense van eilande natrek,
die kontoere van kontinente uit die stof verwek?

Soms moet klokke nie lui nie,
soms moet die bilal swyg.
Laat elkeen wat bo van ’n dak af wil roep
vanaand net vir ’n oomblik ’n doek
oor haar kop trek, na haar voete kyk
en haar mond met ’n ferm hand snoer.
Laat die honde vanaand nie huil of blaf nie,
want die maan is kil, die sterre stil.

Wie sal môre vroeg op haar knieë
kruip om jou rooi stoep skoon te vee?


LitNet: 28 Maart 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.