PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Bus na toronto

(’n liriek)

Andries Bezuidenhout

I

jy luister famous blue raincoat
op ’n bus na toronto
met ’n bom in jou hart,
sneeu vir jou smart
panorama — onbekend aan jou,
skuif op ’n stadige drie-tyd verby

vreemdelinge sit toegevou
in eie komberse, en ken jou nie,
wonder nie of jy ooit verlang
na die skroeiende son van die karoo,
na god se uitkykpunt oor die laeveld —
die wasige heuwels en dale,
na die boland se roes wingerde, herfs,
of selfs na johannesburg as die verkeer
om ’n dooie robot knoop
op ’n koue wintersoggend,
die son agter hoëveldmis, rook en vlieswolke
as die treine trappe trone
hortend in hul spore
verby kleure wasgoed wat wapper
in vensters en op ou art deco-balkonne.

sing maar jou ode aan toronto
laat ’n koue vrede jou hart omvou

II

jy wikkel jou toe in
jou reënjas met die skeur
op die skouer as mense
afsydig sit en tuur
deur die bus se wasem vensters
na landskappe met berge
en mere en vrede

vergeet vir ’n oomblik
van ons wat deur verse marsjeer
in die digkuns van oorlewing
die rym van vrees
metafore van vrede maar
’n wete dat min
ons kan help om die metrum
van oorlewing te leer
maar ons skribbel elke dag
onder die afrika son
ons probeer, ons probeer …
maar ons verse bly stom

so sing maar jou ode aan toronto
laat ’n koue vrede jou hart omvou

III

laat die bus se enjin ritmies dreun
die draaie in die pad jou elders neem,
want die generasie van abraham
het geoffer wat dit vra, hulle seuns
op die altaar van afrika
met dog tags tussen tande,
in seilsakke geklee

so sing maar jou ode aan toronto
laat die koue vrede nie jou hart verhard nie
dink nie aan die oorlog
en die jong man se lot nie —
hy slaap nou,
rustig,
in afrika se grond

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.