|
Zandra BezuidenhoutEran Boer bewoon n praalpaleis, n flikkerwit kasteel waarom sy uitgevrete kinders met opreggeteelde honde speel. n Span verjaarde hande sny gras en draai die krane aan om poel, terras en tennisbaan; terwyl die hulpe in geruite geel en wit servette in die Praagse glaskristal vir middagete op die patio skik. Die dag het goed verloop. Meneer is terug van bank en prokureur; n spierwit koningsgrootte boer vly hom vir sy welverdiende middagslapie neer. Langs hom lê n barbie-pop en blaai deur glansbrosjures van Doebai. Laatmiddag roer die plaaspad, kom die vierwiel-optog in, ry moeders hul verveelde lummels aan terwyl die oorfoon-kinderkoppe ritmies hop en vere voel vir pasgedane sport, ballet of klarinet. Pa sug en skink n dop. Ma soek gesels; bel van haar nuutste nommers op die goudgeel selfoon op. n Dag loop leeg. n Kandelaar brand uit n koper druiweblaar. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |