|
Zandra BezuidenhoutIntogVroeg Februarie voor die akkers val kom sonbrons eerstejaars in stoete van die platteland (en hier en daar n nommer van die stad of strand) na veelgeroemde Matieland. Die jong japsnoete meen om vir n jaar of wat die koshuislewe en die akademie sagkens aan te vat; want van Europa, nie te praat van werk, is almal hartlik sat: Have a heart, gee ons n break, ons het so pas die wêreld op n shoestring deurgekyk! Die selfoon, cd, mikro, barfridge en de lot dra Boet en Vader van die Venterwaentjie teen die laaste trappie op. Hoe heerlik ouderwets die studielampie en die blik beskuit! Die moeder haal haar tissue soos n foto uit n album uit haar Tyger Valley-handsak uit. Die groet is oor, die stoet is om die draai. Die kaarte met die vet krediet word in die lug gewaai. Die jol begin. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |