|
Zandra BezuidenhoutOp jou dertigsten Argelose klein gebaar boor soms weer oop wat met die naelstring en die nageboorte al begrawe was. In so n kostelike klein moment ontstaan dieselfde trek, of sug, of vloei jou oë met dieselfde lig as in die tyd toe jy die eerste lewensmelk met gulsige genot uit my kon sluk. n Bruin gespierde dier lê bruut gestrek: hoe goed ken ek die welwing van die rug, die wimpers en die donker kop; so was dit in die kinderbed, nee vroeër in my bekken het jy been en bloed getrek uit my gebeente, geslaap, getuimel en geskop, en op n dag sonder bagasie uit my buik en uit my binnehof vertrek. Jy is n man. Ek troetel jou solank ek kan. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |