|
Zandra BezuidenhoutVoorspelDie dae van die voorsomer het ek die vy sien swel, en in die aand die ronde klont gevoel, my vingers om die goue bal laat speel en die genot van rypword met my metgesel gedeel. Vroegoggend toe dit koel en stil was het ek die wortels natgelei, gesien hoe diep n stam van poele en van liefde droom. Toe draai die son die aanloop van die somer om: die vrug stol in die glans en drup van lig. Die palm van my hand wil talm om die daad nog uit te stel, maar rypheid gly so moeiteloos, so glad, vertrou die troeteling, en laat die pluk hom welgeval. Ek skil die eerste vy, breek dit in twee en gee die plomprooi soetigheid as blyk van ons verbondenheid. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |