|
Zandra BezuidenhoutAan die lede van die stamBroeders en susters: taalmakelaars, bontpraters, kapers van gedagtes, beelddiewe op loer en op jag, my onwennige simpatie met jul kussings van klip, die matras as rotsplaat, drome verraderliker as vanggate en skagte waaruit julle nagteliks woorde katrol om onderaardse riviere in kalbasse van taal te laat stol. Maar verdien julle dit nie? Want julle weef vangnette en raaisels, span strikke van ritme, plant spore van klank; met metrum vleg julle labirinte ja, met versteekte tekens lê julle doolhowe aan. Die punte van julle pyle is skerp, soos penne lek hulle gif; en julle mik na die hart met die suiwerste motiewe. Julle is verslaaf aan die jag: hoe maai julle onder die kleinwild en die grootwild weerstaan julle nie; want hulle horings staan trots as trofeë in julle verse. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |