|
Zandra BezuidenhoutAanskouingslesEers ná die wind die klein geveerde sfeer sou smyt en rol, word hierdie artefak van hemelswerwers op onbedoelde bodem raakgeskop, terloops bekyk vir kuns- en vlegwerk: n delikate bal, gevoer met kobalt en karmyn in afvalwol, die rafeldraad van goud-saffraan as inslag in en om die skering van n flenter blinkpapier, terwyl n doringpriet of twee in pluisies wie-weet-wat die laaste klein aksent of definisie gee. Dié speelbal word soms deur die lot laat val, bly onbewoon, om in die groot patroon verbygangers en digters aan te raak. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |