|
Chris BassonSpore (in die silwersand)soms in die laatnagtyd lê ek oëtoe en dink half droom half kind wonderdwaal in gange van n vreemde plek vol geestiglig en skadus wat duisendkante kaats oor spore in n silwersand van ou digters wat ook hier verby en nuwes wat ek hier sal kry oor silwersand van hierdie plek sien ek jou spoor lag traan lag jou digtersfluit die silwerbulte uit in stukkies alfabet roep jou gees se suiwer note jou eie waarheid tot die lig en sprankel oop my God hoe mooi brose klanke van die gees wat skugter uitstoot vir ander om te lees breek soms waarheid oop ontdek silwer in die sand onderskei klippies van die diamant smelt al ons stemme saam tot eer van Hom gesigte in die spieël bruisend bonsend in ons nietigheid korrels van die duine van die silwersand deeltjies van n groot gelaat al waai die tyd ons spore toe al sink ons woorde in vergetelheid sal dit steeds tekens laat spore in die silwersand |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |