|
Chris BassonNagskilderHengelaars alleen wag teen gedempte gaslamp agter kromstok dinkstaar na die skildery lank die maan se streling van die strand in skadus van die duin donkerpunte op die sand oostewind roer krummelswit die helling af onder vygietoue roer vetvingers oor die kam glansnat streep die terugtrek langs verby gaan haal die branderskuim tot sand te ry ver oor die golwe anderkant die deinebaan skitter struisbaai teen die ylblou nagspan aan onder geelrond sirkel van die ekwinoks se heerser kartets die branding skuimspat uit die hoogsee voort en dieper oor die ty blinkstreep die maanlig na die kim gesny oor lentesee hoek n winterwolk in vliese aan donker bastionne teen kante maanverligte vaan beloftes van die reëngod vorm en verswind novas sluier en lunêre strepies skyn te kerf speelmaat voor die wind oor die water swaai dan op te breek en in die bleeklig weg te waai kwasstrepe kleur en luister die donker doek word jy deel van waar jou retinas besoek skildervaardig wissel die meester nuanses van kontrasterende skakerings van die nag seebruis windruis hartklop in die maanlig aan klankpigmente verf jou partikel in die raam |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |