PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Ingrid Jonker-prys
1999-2000

Zandra Bezuidenhout — Dansmusieke

In die tydperk 1999-2000 het daar ses debuutdigbundels verskyn — interessant genoeg nie by die sogenaamde hoofstroomuitgewers nie. Uit hierdie ses bundels het die beoordelaars van die Ingrid Jonker-prys die Stellenbosse digter Zandra Bezuidenhout se Dansmusieke aangewys as die wendebuut.

Die opvallende meervoudstitel Dansmusieke bevat suggesties van die werking van ’n meervoudigheidsbeginsel in die bundel. Dit gaan hier duidelik nie om ’n enkele musieksoort wat die pas en die tempo aangee nie, selfs nie eers om die benutting van die dans en die musiek as die enigste of die primêre onderwerpe nie, maar eerder om ’n komplekse en polifoniese verskeidenheid van agtergronde en toonaarde, van oerritmes en herhalende patrone, van kontekste en intertekste, van invalle en invloede, van prikkels en die afwesigheid daarvan, van stemme uit die hede en die verlede. Dit is hierdie “musieke” wat die verskillende danse en dansbewegings van lewe en dig as’t ware inisieer, beïnvloed en selfs bepaal.

Die verskillende “dansmusieke” waarna die digter met haar binne-oor luister en waaraan sy haar in die skryfproses oorgee, word deur die titels van die onderafdelings gesuggereer: “paringsdans”, “tongdans”, “bloeddans” en “ringdans”. Die kodetaal van die musiek en die dans en die lewe word op nougesette wyse ondersoek deur ’n ontginning van motiewe soos dié van die liefde, groei, rypwording en bedreiging in die afdeling “paringsdans”; van die digterskap en die dinamika van die taal in “tongdans”; van familie- en vriendebetrekkinge, in die besonder die verhouding tussen dogter en moeder, in “bloeddans”; en van tydelikheid, sterflikheid en religie in die slotafdeling, “ringdans”. Die ondersoek wat die digter onderneem, getuig van soberheid en toegewydheid, soms selfs van meedoënloosheid. Wat die leser bybly, is die sensitiewe, sensuele en sfeerryke verse.

Moontlikhede vir groei lê opgesluit in die gestroopte seggingskrag van ’n gedig soos “Groet”, in die verkenning van ruimte en identiteit (vergelyk “Meisie van La Rochelle”) en in die oopskryf en herskryf van die verlede (vergelyk die lig-ironiserende gedig “Die middag van die ooms”).

Om saam te vat: Die beoordelaars was eenparig in hul besluit. Hulle het waardering vir die afgerondheid van Bezuidenhout se verse en die netjiese strukturering van die bundel. Dit is ’n debuutbundel wat getuig van rypheid, belesenheid en ’n ondersoekende gees.

Mag die dansmusieke steeds vir Zandra Bezuidenhout bly opklink sodat sy nuwe passies en interessante variasies sal toevoeg tot die ongedanste dans van die Afrikaanse letterkunde.


Ronel de Goede en M M Walters
19 Mei 2001

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.