|
Die hofdigter en die strontgedigDaniel HugoGerrit Komrij is verlede jaar aangewys as Nederland se heel eerste Dichter des Vaderlands. In die volksmond staan hy bekend as hofdigter, hoewel sy posisie nie aan die Nederlandse koningshuis gekoppel is nie. Ook maar goed, sal die aanhangers van die Huis van Oranje en ander puriteine sê. Want Komrij is n selferkende liefhebber van skatologiese tekste. n Skatoloog is geïnteresseerd in liggaamlike uitskeidings. In 1983 het die toekomstige poet laureate sy klassieke Banaal alfabet die lig laat sien. Ek haal enkele strofes aan, terwyl ek asem ophou:
Al wie zij Aars laat openstaan Brengt Aeolus Aroma Aan. I G K Toe Komrij se bloemlesing Die Afrikaanse poësie in n duisend en enkele gedigte begin 2000 in Suid-Afrika bekend gestel is, het dit om verskeie redes opspraak verwek. Een van die redes was sy opname van die anonieme Die Durbanse poepwedstryd (pp. 524 525). Dit vertel van n wedywering tussen vroue wat klinkklaar deur Sannie van Schoor gewen is. Het n buitelandse literator wat so n vulgêre volksrym bloemlees, ernstige bedoelings met die Afrikaanse digkuns? Getuig dit van swak smaak of is dit blote moedswilligheid? Dit was die vrae van n aantal oorblufte en verontwaardigde lesers. Komrij is dikwels moedswillig, maar dit is altyd n oorwoë moedswilligheid. Die literêre motivering vir sy keuse van die berugte poepwedstryd is te vinde in n ander bundel saamgestel deur ons besige bloemleser: De Nederlandse poëzie van de twaalfde tot en met de zestiende eeuw in 1000 en enige bladzijden (1994). Daar staan n gedig oor n soortgelyke wedstryd wat tussen nonne gehou is (pp. 757 - 759). Die refrein van dié vermaaklike vers lui: Nu segt mi wie heeft den prijs ghewonnen. Ten slotte blyk dit dat Jonffrou Neese die kragtigste wind gelaat en daarmee die prys van drie peperkoeke gewen het. Die Dietse volksfantasie het die afgelope 500 jaar klaarblyklik nie minder vulgêr geword nie. In Komrij se Suid-Afrikaanse bloemlesing staan daar nog n opvallende skatologiese teks. Dit is n fragment van die Nederlandse De Lof der Stront n gedig wat uit 300 strofes bestaan van agt reëls elk. Ons ywerige snuffelaar het dié onwelriekende kuriositeit ontdek in die Suid-Afrikaanse Biblioteek van Kaapstad en onder die naam van J E de Jong (1847 1915) geplaas. Intussen het in Nederland n bibliofiele uitgawe van De Lof der Stront by De Carbolineum Pers verskyn. Dit is n pragboek in n beperkte oplaag van 60 wat met die hand geset, gedruk en gebind is. Die oorspronklike prys was 300 gulden (plus-minus R1 000), maar sal vandag vir veel meer antikwaries verhandel. In sy inleiding vertel Gerrit Komrij die verhaal van sy ontdekking van die langste Maar terug na De Lof der Stront. Dit is n satiriese vers van hoge kwaliteit, sê Komrij, met alle fijnzinnigheden die men mag verwachten van een vooraanstaand strontdichter. Volgens die inventaris van die Suid-Afrikaanse Biblioteek (onlangs herstruktureer en herdoop tot Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika) is dié gedig geskryf deur Johannes Engelbertus De Jong en deur hom gedruk op sy Worcesterse drukpers in die Victoriaanse jaar 1882. De Jong was n Hollander wat in 1875 na Suid-Afrika gekom het en sy eie koerant, die Worcester Weekly News, in 1880 begin het. In 1882 het die naam verander na die Worcester Advertiser. (Deesdae heet dit die Worcester Standard.) Daar was geen enkele rede waarom Komrij dié gegewens sou wantrou nie. Op 28 April 2000 verskyn daar n berig in die Nederlandse NRC Handelsblad waarin die bibliofiele uitgawe van De Lof der Stront deur De Carbolineum Pers aangekondig word. Dan komt de bliksemslag bij heldere hemel, skryf Komrij in sy inleiding. n Sekere Wil Pullen uit Schiedam laat weet dat hy in die besit is van n handskrif van die gedig, gedateer Kadzand, den 10 December 1868 en geteken A. van Houte. By vergelyking van die gedrukte en gekrewe teks blyk dit een en dieselfde te wees, ondanks die talle afwykings en variante. Om n lang storie kort te maak. Komrij het tot die gevolgtrekking gekom dat De Lof der Stront n anonieme gedig is wat herhaaldelik oorgeskryf en in die geheim van hand tot hand aangegee is in die preutse Nederlandse negentiende eeu. Waarskynlik is dié komiese gedig ook op eksklusiewe voorleesaande ten gehore gebring. De Jong het ongetwyfeld so n handgeskrewe weergawe uit sy vaderland na Suid-Afrika saamgebring en n beperkte aantal laat druk vir sy diskreetste vriende. Die gedig was toe al ten minste 50 jaar oud. J E de Jong was dus nie die outeur van die skatologiese teks met die langste asem van almal nie. Hy kry wel die eer dat hy die eerste gedrukte weergawe
Verfijn mijn geest en mijn verstand; O stront! Verdubbel mijne krachten, Sterk mijn gemoed, bestuur mijn hand! O genius wil mij geleiden! O Muzen helpt mij in mijn taak! Ik moet de lof der stront verbreiden, Het geldt hier geen geringe zaak. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |