Alfred Schaffer
Alfred Schaffer, wie se werk al in verskillende Nederlandse en Afrikaanse tydskrifte en in n Nederlandse antologie verskyn het, skryf soos volg (ongewysig Red.):
Ek werk aan my PhD aan die Universiteit van Kaapstad, Afrikaans & Nederlands, doen vertaalwerk en skryf nou en dan jazzresensies vir Die Burger. Ook gee ek vir die Kaaps Forum voor Neerlandistiek, Nederlands aan volwassene in Het Huis der Nederlanden, Pinelands. Ek is gebore in Nederland, Leidschendam (naby Den Haag) en van gemengde bloed: Arubaans (my ma Nederlandse Antillen) en Nederlands (my pa).
Oor sy debuutbundel skryf hy:
My debuutbundel, Zijn opkomst in de voorstad, het in die najaar van 2000 verskyn by Thomas Rap (De Bezige Bij). Ons gaan begin met die nuwe bundel aan die einde van hierdie jaar, nou heeltemal by de Bezige Bij (hulle wil van Thomas Rap, n imprint van De Bij, n kanaal skep om jong digters vinniger te kan laat debuteer).
|
|
|