NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie



Kooklust

Marjoleine de Vos



Met gretige borsten staat begeerte aan het aanrecht
zoent het zaad uit tomaten, kijkt naar het zwellen
van beslag onder vochtig doek. Haar hand liefkoost
de haas van een jonge stier, zijn zoekende tong
is gemaakt voor de hare, verzaligd streelt ze
zijn ballen de pan in. Hartstocht
is een keukenprinses met aanraakbare huid,
donzig als deeg, geurig als boter, een weerloze
van bot bevrijde eend die naakt wil zijn
als een olijf in olie, een perzik op sap.
Ze wil zich ontleden op het hakblok, betast worden
door gulzige vingers en gloeiend verslonden.
Een vis zijn, zwemmend in roomsaus
gewiegd, gekend, begeerd, genoten.


De zesde ronde van de vertaalcompetitie leverde wederom een stoet aan vertalingen op. In totaal werden er 20 ingezonden, inclusief enkele late vertalingen. Er waren weer knappe vondsten bij, en uiteindelijk heeft de jury besloten om de vertaling van Vernon J. Louw Jr. (“Vondeling”) uit te roepen als de beste. Van harte gefeliciteerd!!


Kooklus

Vernon J Louw Jr

Met gretige borste staan begeerte by die kookblad
soen saad uit tamaties en staar na die uitswel
van beslag onder vogtig doek. Haar hand liefkoos
’n jong bul se lendespier, sy soekende tong
gemaak vir hare, streel sy bevredig
sy balle die pan in. Hartstog
is ’n bobaaskok met aaibaar vel,
donsig soos deeg, geurig soos botter, ’n weerlose
van been bevryde eend wat na naaktheid smag
soos ’n olyf in olie, ’n ingelegde perske.
Sy wil verken word op die kapblok, betas word
deur gulsige vingers in ’n vurige verslinding.
Graag ’n vis wees wat in roomsous swem,
gewieg, geken, begeer, geniet.


Robert Dorsman:

Bij eerste schifting afgelopen zondagavond vielen onmiddellijk om een
aantal redenen af: Kokkels, Shalaza, Mafuta, Karmenaadjie, Fielafooi, Appie Pienaar en Jan Pierwiet. Een paar dagen later vielen ook af: M. J. Prins (rijmend “spier-stier”, “roeiend in roomsous”), Frans (“wasbak”, “filet van ’n tollie” (grmph), “mote”, “gloeiend gesluk”), Kombuistert, Kooklus (“spoelbak”, “liefkoos sy sy balle in die pan”, “eend ... wat nakend wil wees”, “begeer en geniet”), Sybrand Slot (“lugtig soos deeg”, “vanaf wieg, bekend, begeer, geniet” ???) en Andreas von Braun (“sweterige doek”, “sy soekende tong is nommer pas vir hare” (???), “loslittige eend”). Hannetjie Smit begint zo goed, maar dat “wees” steeds aan het eind is lelijk.

Mooie oogst ook weer aan vertalingen voor bijv. “aanrecht” (vero in Afrikaans!): “kookblad”, “werkblad”, “werksblad”, “aanreg”, “spoelbak”, “wasbak”, “kombuistafel” (wdb), “aanregbank”, bij Pienaar helemaal weggelaten, “kombuiskas” (lijkt mij fout), Fielafooi spreekt over “reg vir kosmaak”, Mafuta: “in die kombuis”, en nogmaals “aanreg” (Shalaza).

Door sommigen werd niet begrepen: ....”verzaligd streelt ze/zijn ballen de pan in” (beweging dus), hoewel het beeld in het Nederlands ook vreemd is.

En dan mijn absolute favoriet: Vondeling. Wat een mooie vertaling is dit. “Kookblad”, jammer van “staar” (eigenlijk de enige “fout”), “streel sy bevredig/ sy balle die pan in”. Tja, erg gevaarlijk, dat “bevredig”, maar het werkt uitstekend binnen het kader van het vertaalde gedicht. Eigenlijk had er in het Nederlandse gedicht ook “bevredigd” moeten staan!

Vondeling is ook de enige die “keukenprinses” heeft vertaald!!! “Bobaaskok”, daar hou ik nou van, dat je vertaalt wat er staat, zoals het er staat. Hier is goed nagedacht en niet klakkeloos overgenomen, lijkt mij. “Vurige verslinding” is misschien wat te vrij, maar past geheel bij het “bevredig” van eerder. Ook jammer van dat “graag ’n vis wees”, maar een kniesoor die daar op let.


Henning J Pieterse:

My persoonlike voorkeur vir vertalings [is] reeds bekend aan jou en die ander jurielede (sommiges mag dit as konserwatief en pedanties ervaar): so na as moontlik aan die oorspronklike; nie te “vry” nie, al het ek waardering vir funksionele “colloquialisms”.

Ek gooi die volgende uit om die volgende redes: Jenny Jones (“Sy tong soek” — ipv “sy soekende tong”; die bul se balle word die pan in gestreel, nie gestreel in die pan nie — ’n “fout” wat verskeie vertalers begaan); Mafuta (“soen die tamatiesaad”; “gesoek” ipv “begeer”); Antonia Frederiksen (“beeshaas” is wel korrek, maar word hier toutologies; “ontleed hê”; “geverslind”, “verlus”); Sybrand Slot (nie sleg nie, maar die laaste reël kelder sy poging); Karmenaadjie (“gevangeskap-bevryde” is lomp; “’n Vis is”); Appie Pienaar (te vrye vertaling — “lek soekend met haar tong oor syne”, “Vat aan haar vel”); Andreas von Braun (Neerlandismes — “keukenprinses”, “perske op sap”, “verslonde”); ditto Jan Pierewiet (’n poging tot Afrikaans wat eintlik Patriot-Afrikaans word!) en Shalaza (een of ander tussentaal); Kokkels (“hierdie bloedjong dier” — wen aan rym, verloor “bul”-betekenis; “soekende tong van hom” — lomp; “wat kaal wil bly”); Hannetjie Smit (’n heel letterlike vertaling wat lomp word agv die herhalende “word” en “wees”).

Oor Vondeling: (by “vogtig” en “aaibaar” ontbreek die attributiewe -e; verder heel goed).


Charl-Pierre Naudé:

’n Bekoorlike gedig om te vertaal! Nederland se “Otters in die Bronslaai”-digter? Die meeste van die vertalings het treffende akkuraathede, vindingryke stelswyses, ens. Maar nie een in sy geheel geslaag genoeg om aan die gedig heeltemal reg te laat geskied nie. Maar werklik mooi probeerslae. En makliker om te oordeel as om te doen ...

Die belangrikste aspek wat in enige vertaling moes uitkom, was die gelyke dubbelteenwoordigheid van seks en eet, in al die terme. In “Kooklust” is kombuis en slaapkamer heeltemal omruilbaar in al die terme van die gedig teenwoordig. Mooi. Hierdie dubbelvisie is die groot sukses van die gedig, en word met onweifelende balans tot aan die einde volgehou. Pragtige vondste ten spyt, het nie een vertaling dit heeltemal reggekry nie, maar ’n paar het amper wel.

Oor Vondeling: Reëls 1 en 11 van Vondeling is uitstekend. As jy reël 7 van Vondeling bytel, asook die reël “wat in roomsous swem” (veel beter as “swemmend”), het jy vier belangrike reëls wat die ander vertalings ver agter laat.


Op de tweede plaats is geëindigd Christo de Klerk (“Jong Bul”):


Kooklus

Christo de Klerk

Met gretige borste staan begeerte by die werksblad
soen die saad uit tamaties, kyk na die swel
van beslag onder vogtige doek. Haar hand liefkoos
die lendeskyf van ’n jong bul, sy soekende tong
is gemaak vir hare, salig streel sy
sy balle die pan in. Hartstog
is ’n kombuisprinses met aanraakbare vel,
donsig soos deeg, geurig soos botter, ’n weerlose
ontbeende eend wat naak wil wees
soos ’n olyf in olie, ’n perske in sap.
Sy wil haar ontleed op die kapblok, betas word
deur gulsige vingers en gloeiend verslind word.
’n Vis wees, swemmend in roomsous
gewieg, geken, begeer, geniet.


Robert Dorsman:

Jong Bul is mooi: “werksblad”, de vertaling is lekker dicht bij het nederlands, jammer van dat “perske in sap”. Anderen kwamen met “stroop”, en “ingelegde perske”, lijkt mij beter dan deze oplossing. “weerlose/ontbeende eend” is ook mooi, kortom, een beetje braaf vertaald, maar wel met behoud van de elementen waar het om draait.


Charl-Pierre Naudé:

Jong Bul: “Beslag” en veral “lendeskyf” plaas die betekenis in die toepaslike sfeer. Mooi enjambement, vloei goed. Maar die vierde laaste reël, ’n krities belangrike reël, moet lydende vorm wees, nie bedrywende vorm nie.


Henning J Pieterse:

Jong Bul: vir my die beste.


Op de derde plaats is geëindigd de vertaling van Mike Prins (“MJ Prins”):


Kooklus


Mike Prins

Met gretige borste staan begeerte aan die kombuistafel.
Sy soen die saad uit die tamaties, kyk hoe swel
beslag onder ’n klam doek. Haar hand liefkoos
die malse, sagte spier onder die lendene
van ’n jong stier. Sy soekende tong
is vir hare geskep. Versadig streel sy
sy saadballe die pan in.
’n Kombuisprinses met fluwelige vel,
donsig soos deeg, geurig soos botter, ’n weerlose
beenlose eend wat na naaktheid smag
’n olyf in olie, perske in die stroop.
Haarself sou sy wou oopkloof op die kapblok, betas
deur hongerige vingers, gloeiend verslind.
’n Vis wil sy wees, roeiend in die roomsous
gewieg, beken, begeer, geniet.


Henning J. Pieterse:

MJ Prins: “die malse, sagte spier onder die lendene” is ’n woordeboekvertaling en klink lomp; ek hou van die allitererende “roeiend in die roomsous”; “hartstog” ontbreek mbt die “kombuisprinses”.


En dan tot slot: deze competitie heeft alle betrokkenen heel veel plezier gegeven, en ook de Nederlandse dichters die hun gedicht beschikbaar stelden, waren steeds enthousiast over het vernuft van de Afrikaanse lezer. Onze dank gaat uit naar Litnet, naar Rudi Wester en Tom van Eck van het Nederlands Literair Produktie -en Vertalingenfonds, en naar het Fonds Neerlandistiek Suid-Afrika. Ook dank aan de 6 Nederlandse dichters, te weten Rob Schouten, Menno Wigman, René Puthaar, Anna Enquist, Hester Knibbe en Marjoleine de Vos, die hun gedichten wilden afstaan voor deze gelegenheid.

Natuurlijk ook grote dank aan de juryleden Robert Dorsman, Henning J Pieterse en Charl-Pierre Naudé voor hun toewijding en hun inzet. Dankzij hen heeft deze competitie een waardig aanzien gehad.

Maar vooral gaat onze dank uit naar u, de lezer, taalliefhebber en poëziefanaat, die zoveel zichtbaar enthousiasme heeft getoond. Wij danken u allen:

Bruno Andries
Martin Aylward
Rounelle Basson
Zandra Bezuidenhout
SM Bezuidenhout
Ina Biermann
Hanna Boeke
Leon Botes
Jaco Botha
GCL Brummer
Hanna Bruwer
Johan Buitendag
Albert Caufrier
Ampie Coetzee
Adolph van Coller
Franz Dullaart
Adrie van Eeden
Petro Faasen
Engemi Ferreira
Guillaume Gerber
Nonna Gericke
Chris Goosen
Ida Grabe
Gerald Groenewald
Hannetjie
RN Hartz
Fritz van Heerden
Hanni van den Heever
HAH van den Heever
Mieke Henning
Daniël Hugo
Inekes
Cornel Judels
Christo de Klerk
Andre Kotze
Dirk Laurie
Hannes van Loggerenberg
Vernon J Louw Jr
J Marais
Marinette
Reon Meij
Rene van der Merwe
Yolandi Minnie
Melt Myburgh
Sandra Nortje
Frederike Olivier
Paulah
AJ Pienaar
Piero
Jan Prins
Mike Prins
Fam Prozesky
Putticks
Rene
H Janse van Rensburg
Hendrik le Roux
Otto Schepers
Johan Schut
Melt Sieberhagen
Sybrand Slot
Helène Smit
SG Smit
Francois Smith
Amerie van Straaten
Corlietha Swart
Mimi Swarth
MF Titus
Johann Thalwitzer
Trienke
Elise Venter
Louis Venter
Lucas Venter
Nelia Vorster
Helize van Vuuren
MC van der Waal
Febe de Wet
Jac Wilsenach
Anita van Zyl


Namens de jury,

Alfred Schaffer, mei 2003


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.