NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Zondagskind

René Puthaar

Hij werd onmiddellijk bevrijd, zag aan
dat men de draad doorsneed en wat te vieren
had, over het dierlijke geloei voldaan.

Een zondagskind, geschapen voor de strijd.
Kreeg overal de sporen van, vond in
de spijlen van zijn box een koninkrijk,

was idolaat van letters. Op de borst
moest voor het voeden steeds een grote O
gezet. Die kuste hij maar liet weer los.

Zijn eerste woord was zwindeling. Hij was,
zegt men, het alfabet voorbij en pas
toen hij de maan ontdekte huilde hij.

De winnende vertaling is, voor de tweede achtereenvolgende keer (wie daagt haar uit?), gemaakt door Zandra Bezuidenhout (schuilnaam “Windekind”).
Wederom: van harte gefeliciteerd!


Sondagskind


Zandra Bezuidenhout

Hy was onmiddellik bevry, gesien hoe
knip iemand die koord, iets om te vier,
so opgetoë was hul met die dierlike geboe.

’n Sondagskind, gemaak vir stryd.
Die spore sou hy oral vind, ook binnekant
die sparre van sy speelhok wag ’n koninkryk,

hy was verlief op letters. Voor aan die bors
met etenstyd het ’n enorme
O gepryk. Hy’t dit gesoen, maar weer gelos.

Sy eerste woord was zoem. Hy was,
het hul gesê, al deur die ganse alfabet, en eers
toe hy die maan benoem, het hy gehuil.


Charl-Pierre Naudé:

Windekind se vertaling staan vir my uit bo die ander. Sy/haar vertaling, “Sondagskind”, het ’n mooi ritme en vaart, met rym (bv “hoe” en “geboe” en “benoem/zoem”) en halfryme (“opgetoë/hoe/geboe/” en “bors/gelos”). Die vertaling is ook ’n akkurate weergawe van die oorspronklike. Die stelwyses is goeie Afrikaans, en doen nie geforseerd aan in enige opsig nie.

Ek verkies ook “koord”, eerder as “draad”, in Afrikaans vir “naelstring”. Die enjambement “hoe/knip” is effektief en stu die oog vinnig na die einde van die strofe. Die beste eerste strofe.

Ook die beste 2de strofe. “Sparre van sy speelhok” is werklik oulik, en “stryd/koninkryk” ’n mooi halfrym. Maar die einde van die strofe kort ’n kommapunt.

Ook die beste derde strofe: “Gepryk” is ’n baie mooi — en die akkuraatste — beskrywing van die oorspronklike reël, en suggereer in die klank die opgehewe voorkoms van die tepel wat borsvoed, asook iets van die ongebreidelde dorssug van ’n baba. “Enorme/O” is ’n effektiewe enjambement.

Beslis die beste vierde strofe ook. “Zoem” is ’n goeie vervanging van “zwindeling”, lyk dit my. Hoewel dit nie die suggesties van die oorspronklike bevat nie, veral nie iets van “flous” nie, maak dit op met ’n rym (“benoem”). Die woordjie “eers” bevat vir my die beste die sin van die oorspronklike betekenis vas.


Henning J Pieterse:

Windekind se vertaling is vir my die beste; ek het veral gehou van die skepping “geboe” en die gebruik van “zoem” om spoed (vinnige vordering), “ontsnapping” en die laaste letter van die alfabet in te sluit.


Robert Dorsman onthoudt zich deze keer van stemming, daar hij van mening is dat de inzendingen niet voldeden aan de normen die men moet stellen aan een onberispelijke vertaling:

Ik kan deze keer slecht tot een finale keuze komen. Over geen der vertalingen ben ik echt tevreden. “Zondagskind” is ogenschijnlijk een makkelijk gedicht. Maar schijn bedriegt maar weer eens.

Het begint al met “Hij werd onmiddellijk bevrijd”: moeilijk te vertalen met “is” of “was” of “word”. Engel II kiest voor “voel”, wat misschien de beste oplossing is. “Naelstring” voor “draad” is m.i. weinig gelukkig. “String” of “koord” is accurater.

“Zwindeling” is een volgend probleem. “Zwinden” staat wel in Van Dale, maar niet “zwindeling”. Woensdagkind kiest voor “warreling”, aardig gevonden, maar m.i. iets té. Andere vertalers komen aan met “vaag”, “zwindeling”, “Hy duisel van sy eerste woord” (is echt fout), “zoem”, “duiseling”, “kierang” (!), “verduisteraar” (???), “warreling”, “swindeling”.

Moeilijk dus, hetzelfde geldt voor de “spijlen van zijn box”: niks geen tralies. De gekste oplossingen worden aangedragen: “die kern van sy ruimtelike koninkryk”, “die tralies van sy babakampie” (erg mooi eigenlijk), bij Chris vind je er helemaal niets van terug, “die sparre van sy speelhok”, “die style van sy cot”, “speelgoed in sy kis”, “die spilpunte in sy kis”, “tralies van sy hok” (bij Tokkie le Roux, Woensdagkind en Tarentaal).

Kortom: ik weet het niet en moet mij onthouden van een eindoordeel. Geen der gedichten is een overtuigende vertaling.


Op de tweede plaats is geëindigd Christo de Klerk (“Woensdagkind”):

Sondagskind

Christo de Klerk

Hy was onmiddellik bevry, kyk toe
hoe hul die draad deursny en iets te viere
het, oor die dierlike geloei voldaan.

’n Sondagskind, geskape vir die stryd.
Kry oral die spore van, vind in
die tralies van sy hok ’n koninkryk,

was dol versot op letters, op die bors
moes vir elke voeding altyd ’n groot O
gesit word. Hy soen dit maar laat weer los.

Sy eerste woord was warreling. Hy was,
sê hul, die alfabet verby en pas
toe hy die maan ontdek toe huil hy.


Op de derde plaats is geëindigd de vertaling van Engemi Ferreira (“Engel”):

Sondagskind

Engemi Ferreira

Hy voel dadelik bevry, kyk toe
hoedat hulle die koord deursny en vrolik
raak, tevrede met die dierlike geloei.

’n Sondagskind, geskape vir die stryd.
Kry oraloor die spore van, vind tussen
skerp speelgoed in sy kis ’n koninkryk,

’n liefhebber van letters. Op die bors
moes voor sy voeding elke keer ’n reuse O
geplaas word. Dié soen hy, maar laat weer los.

Sy eerste woord was swendelaar. Hy was,
sê almal, die alfabet vooruit en eers
toe hy die maan ontdek het kon hy huil.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.