Biografie
Antjie Krog is in 1952 op Kroonstad gebore en het daar grootgeword. In 1976 het sy die graad BA Hons in Engels aan die UOVS behaal en in 1983 'n meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria.
Krog het as digter naam gemaak (vir volwassenes, maar ook twee bundels vir kinders) en het vir haar eerste twee bundels, wat gepubliseer is toe sy maar 17 en 19 jaar oud was, die Eugène Marais-prys vir die beste debuut verower. Sy kan ook al 'n Rapport-prys en 'n Reina Prinsen Geerligs-prys agter haar naam skryf. In 1990 is die Hertzogrys vir Poësie aan haar toegeken.
Met haar verslag in 1998 oor die Waarheids- en Versoeningskommissie, Country of my skull, het sy 'n wyer en meer internasionale gehoor verkry. Poetry International het haar ook na Rotterdam genooi as een van die belangrikste Suid-Afrikaanse stemme.
Gedig voorgelê vir Vonkverse
Antjie neem deel met 'n enkele, lang gedig. Klik op die titel om dit te lees.
Klik op "low", "medium" of "high", afhangend van jou konneksiespoed, om Antjie se gedig "Tafelberg-rondeau in vier dele" te sien. Uittreksel van die Vonkverse DVD.
Biografie
Jasper van Zyl is in 1987 in die Paarl gebore en is tans graad 12-leerder aan die Hoërskool Hermanus, waar hy stééds met Rekenaarstudie op die Hoër Graad sukkel. Sewe van sy gedigte is vroeg in 2005 in Nuwe stemme 3 opgeneem. Hy werk tans aan 'n manuskrip wat hy Mens Moet Tot Die Uiterste Bereid Wees noem. Hy is webmeester van die (eens omstrede) Afrikaanse kitaartab-webblad Kitaar My Kruis. Hy beplan om na skool medies te studeer en homself later as dermatoloog of psigiater te bekwaam. Hy is ook 'n liedjieskrywer en het destyds (voor al sy band members die pad Stellenbosch toe gevat het) met sy eie akoestiese rockgroep, Roffelvuur, die Gansbaai-pastoriegarage aan die brand gespeel. Roffelvuur het in 2004 die Heuer-liriekprys vir skolebands gewen, 'n prestasie wat op papier heelwat beter lyk as wat dit werklik is. Die res van sy lewe is irrelevant, nietig en in effek bra aards van aard.
Gedigte voorgelê vir Vonkverse
Klik op die titel om die gedig te lees.
Biography
Rustum Kozain was born and schooled in Paarl. His debut collection of poetry, This Carting Life, appeared in August 2005, published by Kwela Books and Snailpress. He lives and works, as a freelance editor, in Cape Town.
Poem submitted for Vonkverse
Click on the title to read the poem.
Biografie
Peter James Snyders is gebore in Wynberg, Kaap op 14 November 1939. Hy het 'n B.A. aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi in 1989. Hy was meestal ‘n laboratoriumtegnikus van beroep maar tans is hy ‘n afgetrede, voltydse skrywer.
Snyders skryf meestal in sy moedertaal, Kaaps. Hy ken al die reëls van sy eie taal en, al het hy gemajor in Afrikaans en Linguistiek (ook in Afrikaans geloop), is Afrikaans steeds vir hom ‘n taal wat dikwels met sy eie taal bots. As hy in Kaaps skryf, is hy nie onseker van homself nie. Onder die ander tale way hy studeer het, val Afrikaans, Engels, Kaaps, Nederlands, Duits, Xhosa, Zoeloe en Khoitaal.
Hy debuteer in 1980 met sy gedigte in Brekfis met vier, waar sy gedigte saam met dié van Etienne van Heerden, Daniel Hugo en André Letoit (Koos Kombuis) verskyn.
Gedigte voorgelê vir Vonkverse
Klik op die titel om die gedig te lees.
Biography
Ingrid de Kok is author of several published collections of poetry, as well as co-compiler and editor of Spring Is Rebellious and City in Words: Poems on Cape Town. Her poetry has been published in numerous international and South African anthologies and journals, has appeared in Italian, Japanese, French, and Dutch translation and has regularly been featured in a variety of literary journals, both in South Africa and abroad. She has had two fellowships in Italy - one to the Rockefeller Centre in Bellagio and one to the Civitella Ranieri Centre in Umbria. In 2005 Ingrid read at Poetry International and at the Berlin International Literature Festival.
She has a new book Seasonal
Fires: new and selected poems due out through Seven Stories Press in New York in April and through Umuzi in SA in June.
Poems submitted for Vonkverse
Click on the title to read the poem.
Biografie
Chris Brunette is in 1961 in Durban gebore. Hy verwerf 'n meestersgraad in Afrikaans en Neerlandistiek aan die UK in 2005. Enkele van sy gedigte is opgeneem in Party van ons (2001), As die son kom oogknip (2002) en,
in Nederland, Honderd dichters 9 (2005). Chris is tans 'n inhoudsbestuurder van LitNet.
Gedigte voorgelê vir Vonkverse
Klik op die titel om die gedig te lees.