Multimedia-poësieprojekArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Kos en Wyn /
Food and Wine
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vonkverse

digter soekende

Chris Brunette


Met erkenning aan Antjie Krog; na ‘n vertelling van Pablo Neruda, opgeneem in sy Memoirs, 1977

I have come out of that landscape,
that mud, that silence, to roam,
to go singing through the world.

        - PABLO NERUDA

eers vind jy jou op jou knieë aan die voet van ’n sipres
in die geheimsinnige woud met die nat reuk van groen
in jou neus en jou huiwerige hande diep in dooie blare
ingesteek om te sién waar die blou paddastoele ontkiem

dan loop jy deur ’n varingwoud en voel hoe sestig trane
uit hul koue groen oë neerreën op jou sesjarige gesig
struikel oor ‘n klip en sien ’n slang wegseil soos ’n sug
in hierdie vertikale landskap wat soveel groter is as jy

sy klein verrassings in stilte verskuil en op die presiese
moment opgaan in klank met die enkele klap van ’n vlerk
eers dan ontdek jy die stuwende taal van jou hartland
waar voëls, kewers en patryseiers blou soos ’n geweerloop

die ademende oor van ’n digter soek
’n tong wat kan hóór waar die digkuns begin



LitNet: 24 Januarie 2006

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.