Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Daisy de Melcker praat oor die liefde

Ingrid Lehmensich


“Om op die bed te gaan lê — styf teen mekaar — sodat ons hartkloppe kan sinchroniseer.”

Dit het my eers later, nadat ek die onderhoud al klaar gevoer het, bygeval dat ek ’n gifmoordenares gaan uitvra het oor die liefde.

Aktrise Susan Coetzer het darem net haar rol as Daisy de Melcker goed gespeel, sy’s nie van plan om haar man eersdaags af te maai nie. Susan en sanger/akteur Philip Moolman is duidelik na vier jaar van getroud wees, nog steeds verknog, verlief en besete oor mekaar.

“Moenie dink ons is idealisties nie, dis nie net altyd ’n holiday nie,” sê Susan laggend. Maar dis nie die namiddagson wat haar donker oë so laat blink nie.

“Mens kan jou maklik toe werk,” sê sy sag. “`Busyness’ is een van die grootste vyande van die liefde.” Dis dan wanneer die twee dan net op die bed gaan lê en stil word.

Susan en Philip het mekaar ontmoet toe hy en aktrise Annamart van der Merwe se huwelik op die rotse was. Min wetende, het Susan, wat ’n verskeidenheid vryskutwerk doen, die paartjie gekontak vir ’n program wat ’n produksieleier wou maak. Die egpaar het ingestem en begin werk, maar eendag het Philip by Susan se kantoor ingestap en bedremmeld aan haar gebieg dat hy en Annamart besig was om te skei. ’n Paar maande later het Philip ander blyplek gesoek. Susan het iemand gesoek om in die cottage agter haar huis in te trek en, bingo!

“Hy masseer my nr 7’s!” Sy lag saggies. “Ons is partykeer stout en duik sommer in die swembad in tienuur in die oggend wanneer ons moet werk. Hy’t nou die dag vir my ’n groot houtbak wat hy langs die pad gekoop het, volgeprop met neute en ’n botteltjie Appletiser in die middel gesit, omdat hy weet ek daarvan hou.

“Ek dink nie mens kan die persoon wat een honderd persent by jou pas, ontmoet voor jy nie gestabiliseer het in jou eie persoonlikheid nie. Party mense is gelukkig. Hulle hit bull’s-eye sommer die eerste keer al. Ek? I’ve walked the road,” en sy vee met lang vingers deur haar krullerige hare. Daar’s wit blommetjies in, merk ek op.

“Aan die begin was dit soos om op ’n snelboot te wees,” beskryf sy die eerste paar jaar van hulle verhouding. Susan was al voorheen getroud (akteur Frank Opperman) en sy’t ’n seun Frankie wat nou al amper ’n tiener is.

Aan die begin het Philip en sy maar elkeen groot klompe baggage gehad, erken Susan maklik. Al was hulle verslingerdheid met mekaar so groot, kon die spanning somtyds ook “soos volatile honde wees”, erken Susan. “Die pace is maar hard hier in Johannesburg. Daar was ook maar die kere wat ek goeters rondgegooi het. Ek het my misnoeë baie gou, met groot drama en passie uitgespreek. Philip, aan die ander kant, stel weer dinge sagter, mooier — seker omdat hy in ’n predikantshuis grootgeword het. “Nou’s dit soos om op ’n roeier te sit.”

Alhoewel Susan sê hulle is albei in baie opsigte dieselfde, is dit gevaarlik om te vergeet dat hulle tog ook anders is. “Hy’s nog steeds male en ek female. Hy’s ’n dromer, hy vloei meer. Ek’s ratser. Ek’s soos ’n merrie. Die jare van enkel-ouer wees het my harder gemaak. Ek was gou op my agterpote. ’n Gevegtery so af en toe is in elk geval goed vir die huwelik. Dit sit lekker vonk in!”

’n Jong kelnerin stap nader, haal ’n nat vadoek uit haar voorskoot en vee oor die tafel langs ons.

“Ons het al ons verskillende eienskappe in ’n emmer gegooi en dit geroer. Dit het die edges versag. Sy dink so bietjie na en sê dan: “’n Huwelik is ’n amazing leerskool, weet jy. Dit leer jou om uit iemand anders se oë te kyk. Philip is my basis. Hy’s my nommer een prioriteit. Ons is interwoven. Ons soek mekaar op uit vrye wil.”

’n Blonde seuntjie gaan sit op sy eie by die leë tafel langs ons. Sy ma is seker badkamer toe. Hy sit vir ’n rukkie stil en begin dan pik aan ’n rofie op sy stowwerige voetjie.

“Ag nee wat, as dit moet gebeur, dan moet dit maar. Ons beplan niks nie. Ons is in elk geval te besig om Frankie deur te trek,” raai Susan sommer my volgende vraag.

Ek druk my notaboek in my sak. Soos ons uitstap in die warm Gauteng-dag, hoor ek haar uitroep: “Dit sál darem ’n interesting-looking kind wees. So met Philip se hare. Sy groot neus. Soos ’n arend,” beduie sy.

“Daisy” lag toe sy haar kar se deur oopsluit.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.