|
Aardklop se vreeslose feesridderErns GrundlingDis vroeg in die oggend, die fees skud sy vere reg vir nog n dag. Ek haas my na die feeskantoor, die slaap sit nog dik in my oë. Al stoeiende, tussen hordes kinders in rooi T-hemde en n grommende verkeersbeampte, sien ek vir Van Zyl Slabbert waar hy omring is deur direksielede en die feesbestuur. Versigtig beduie ek met n swaaiende notaboek. Hy verskoon homself onmiddellik van die res, en groet vriendelik. Ons is ver van enige koffiewinkels, en stap sommer na die agterplaas, weg van die gedruis. Van Zyl Slabbert gee vir my n swart plastiekstoel aan en gaan sit gemaklik. Ek besef opnuut: daar is geen pretensie by hierdie eertydse politikus, gesiene sakeman en nou ook Aardklop-voorsitter nie. Hoe ervaar hy sy eerste Aardklop as voorsitter? Hy hardloop soos n stoomtrein, dit is verstommend! Die kaartjieverkope vergelyk uitstekend met verlede jaar en ons stuur af op n rekord. As voorsitter van die fees het Van Zyl Slabbert baie wat hom besig hou. Soveel so dat hy skaars by produksies uitkom. Ek sien uit om by van die musiekvertonings uit te kom, ek laat dié reëlings in my vrou se hande. Ek hou daarvan om op die feesterrein rond te stap en bietjie touwys te word. Hy stel baie belang in die organisering van die fees, veral die finansiële aspekte. As jy bankrot raak, is dit die einde van die fees. Ek wil veral help met die finansiële bestuur. Hoe beskou hy kunstefeeste in die breër konteks? Suid-Afrika is een van die min lande waar jy soveel vryheid in debatvoering en gesprek het. Tien of vyftien jaar gelede kon jy byvoorbeeld nie in die openbaar gepraat het oor die vraag of die adjunkminister moet bedank nie. Wat kunstefeeste betref, kom dit vir my neer op die burgerlike samelewing se betrokkenheid en die herbevestiging van n nuwe bedeling. Dit gaan vir hom primêr oor die kunste en nie net die fees in kunstefees nie. Hy meen mens moet waak teen iets wat net ontaard in n mampoer en braai-affêre. Ek werk met die beeld van die Afrikaanse taalgemeenskap. Dis meer as ses miljoen mense, waarvan die meerderheid nie blank is nie. Dit verteenwoordig n kulturele rykheid wat ontgin moet word. Daarom betrek ons die gemeenskap, en bring ons mense van buite in. Wat dink hy van die jeug? Mens sit vandag met n ander jeug. Ons ouer geslag moenie te voorskriftelik wees nie. Vandag se jeug het nie meer dieselfde verbintenis met die politieke verlede nie; dis dalk die rede vir die apatie wat mens dikwels vind. Hoe het hy as student homself vermaak, in die afwesigheid van kunstefeeste destyds? Ons het wingerd- en wynfeeste gehad, maar niks soos vandag se fees nie. Ek was maar altyd die liberalis/kommunis op kampus, lief vir gesprekke en debatvoering. In daardie dae is daar baie gespekuleer oor die land se toekoms. Die Suid-Afrika wat ons uiteindelik geword het, was amper nooit bespreek nie; niemand kon dit indink nie. Maar ek het altyd geglo dat dominansie deur n minderheidsgroep nie volhoubaar is nie. Sou hy ooit tydens die stormagtige jare tagtig gedink het dat hy vyftien jaar later in n demokratiese Suid-Afrika as voorsitter van n kunstefees op Potchefstroom van alle plekke sou sit? Hy lag. Nie die minste nie! As jy dit vir my in die tagtigs gevra het, sou ek jou na n dokter verwys het met baie goeie pille! Toe ek die politiek in 1986 verlaat het, was die land baie gepolariseerd. Ek het toe begin met IDASA in n poging om politieke gesprek aan die gang te kry. Hoewel hy destyds alle politieke affiliasies afgelê het, het Van Zyl Slabbert al die jare nog n passie vir die aanmoediging van gesprekke en debat. Ek word nie te maklik beïndruk deur die regeerders nie, ek ken hulle te goed, sê hy grappenderwys. Die Sol Plaatje-diskoersreeks lê juis vanweë hierdie aanmoediging tot debat vir hom na aan die hart. Ons het deesdae n nuwe diskoers. Ons het onderhandel, ons het n demokrasie. Ons het nou ander, meer uitdagende vrae. Dienslewering gaan dié storie word teen die volgende verkiesing. En die toekoms van Afrikaans? Hy is nie bekommerd nie. n Taal is n lewendige ding, hy gaan nie vanself oorlewe nie, mens moet dit gebruik. Afrikaans is n moedertaal van n stewige klomp mense in die land. Die groot vraag is hoe Afrikaans in die taalmond gaan lê, en of dit groot stories gaan vertel in die kunste en die akademie. Maar ek is geen taalridder nie. Dalk n debatsridder? Hy lag. Nee wat, ek praat darem baie stront ook. Die afsprake wag, Van Zyl Slabbert groet vriendelik. Met hierdie vreeslose feesridder as voorsitter is die Aardklop-kunstefees in goeie hande.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |