- Riana Barnard: Kom klets saam vanaand om 19:30 wanneer ons met Eben Venter, bekroonde skrywer, oor sy splinternuwe roman My simpatie, Cerise gesels. Stel n vraag en jy kan n getekende eksemplaar wen. Die klets word gemodereer vir die eerste rukkie, maar Eben sal soveel moontlik vrae tot 20:30 beantwoord.
Michael Jackson: Hi, Eben, read any good comics lately, kid?
Eben Venter: I dont really read comics.
Michael Jackson: Hoe voel dit om hier in Suid-Afrika te wees?
EV: Fokkieng goed.
Michael Jackson: Jou favourite wyn?
EV: Ek hou nou meer van bier na 12 jaar in Aussie.
Anoniem: Beïnvloed die relatiewe isolasie weg van daaglikse Afrikaans jou stilisties in Australië? Vind jy dat dit jou oor vir taal skerper maak, en jou dus in staat stel om as t ware versigtiger, interessanter met die taal te werk? Of maak dit jou doof vir Afrikaans; voel jy afgesny van die taal?
Michael Jackson: Sjoe, is hulle krewe beter as ons sn?
EV: Anoniem, dit maak dat ek skerper na my woordgebruik oplet as ek praat en skryf. Soms vergeet ek woorde soos koekenbol.
Michael Jackson: Ek ken ook nie koekenbol nie. Moet jy meer na n Afrikaanse woordeboek kyk deesdae?
EV: Michael Jackson, krewe is groot, een ou is 40 jaar oud, ek voel jammer vir dooie bliksem. Dis my ma se uitdrukking daardie, sy kom van Venterstad, dis n ou met n helse groot deegneus.
Anoniem: Is daar n volgende roman in die pyplyn?
Michael Jackson: My neus is gelukkig gefix wat sê die Karoomense (nie noodwendig jou ouers nie) van jou boeke; van jou as skrywer?
EV: Dit het my nog altyd verbaas hoe mooi en goed mense van byvoorbeeld die Oos-Kaap op my werk gereageer het.
EV: Wie is jy? Identifiseer jouself.
Michael Jackson: My face is so fixed, Ive got no identity.
RB: Nee, ek het n koekenbol ... kannie my gesig wys nie.
Michael Jackson: Eben, hoe bewustelik werk jy met die roman as vorm? Probeer jy eksperimenteel werk?
Anoniem: Is die verleiding daar om as romanskrywer in die taal wat jy in jou daaglikse lewe hoor, Engels, oor te slaan?
EV: Ja, maar my skerpste instrument is Afrikaans.
Michael Jackson: Ek sit nou juis hier in Bedford met jou nuwe boek onder die arm.
EV: Net een in jou kieliebak?
RB: Eben, n vraag van Joan Hambidge: Hoekom is Jude in Ek stamel ek sterwe so gender-vaag? Word die leser opsetlik mislei?
EV: Joan, nie so vaag as jy al die sleutels raaklees nie.
Michael Jackson: Is jy n Oos-Kaapse of metropolitan skrywer? Identifiseer jy met n spesifieke plek?
EV: Cerise ongetwyfeld metropolitan, my volgende roman weer plattelands
Michael Jackson: Joan Hambidge is my bodyguard vir die duur van my besoek
RB: Tweede vraag van Joan: Jy hou van n direkte verhaal eerder as n pomo-vertelling. Tog is daar duidelike pomo-tegnieke in Foxtrot van die vleiseters wanneer die onderhoud gevoer word. Kommentaar.
EV: Geen kommentaar.
Michael Jackson: Australië se platteland? Ruik en voel soos Bedford? Iets heel anders? Wat snuif jy op daar?
EV: Snuif niks op nie.
RB: Nog ene van Joan: Dink jy die Australiese leefwêreld het jou blik-van-buite verhewig?
EV: Verhewig, maar dan altyd die uitdaging om van binne af weer, as t ware tussen die lakens in te kruip. Blik op Suid-Afrika verskerp, ongetwyfeld.
Michael Jackson: Maar hoe gaan jy oor Australië skryf as jy nie die plek ruik nie? Jy skryf tog oor kos. Ewenwel, wie is jou favourite skrywers daar oorkant?
EV: Ek ruik nou al 12 jaar bloekoms daar. JM Coetzee, Baldwin, Karel Schoeman.
RB: Wat mis jy van Suid-Afrika as jy so ver is?
EV: Pizzas met biltong.
Michael Jackson: Het die feel van Suid-Afrika baie verander sedert jy laas hier was?
EV: Absoluut, gisteraand by my bekendstelling het van die straattieners sommer ingekom en ook aan die happies weggelê.
Michael Jackson: En wat sê jy nou vir my? Is jy as skrywer vryer buite Suid-Afrika?
EV: Nee, nie vryer nie, ek sou ook hier kon skryf, ek het ook.
Michael Jackson: Hmm, hoekom bly jy daar, of is dit privaat?
EV: Hoekom bly ek nie daar nie, ek is moeg van daai vraag beantwoord.
RB: Is My simpatie, Cerise satiries?
EV: Satiries, ja, maar ek wou Roland Cox tot op die been oopsny. Fiksie is as t ware die enigste manier om hom by te kom.
RB: Joan wil weet waarom skryf jy n poëties-gedronge styl. Het jy gedigte geskrywe?
EV: Het jare gelede gedigte geskryf, weeg elke sin in terme van is hy vervelig vir my of nie, veral met Ek stamel.
RB: Ken jy Roland Cox van naderby? Wie het jou geïnspireer of wie wil jy bykom?
EV: Ek ken nie vir Roland Cox persoonlik nie. Ek wil Roland bykom as die monsterman wat niks omgee vir sy werkers nie.
RB: Toe jy pryse gewen het, het dit jou enigsins beïnvloed?
EV: Ek was bly daaroor, dit doen tog iets aan mens. Die geld het my gehelp om Ek stamel in Prins Albert te skryf.
RB: Daar is sulke Rolands in Suid-Afrika ook. Dink jy jou Afrikaanse lesers sal hulle herken?
EV: Hulle herken hulle nie eens in Melbourne nie.
Leser: Word jou boeke vertaal?
EV: Ek hoop my jongste, Cerise, gaan Engels word.
Leser: Self vertaal?
EV: Nee, nie self vertaal nie. My Engels is slegter as wat ek dink. Ek wil eerder my energie in Afrikaanse skeppingswerk stort.
R1: Ek wil net vir Eben sê dat Ek stamel ek sterwe een van die beste boeke is wat ek nog gelees het in Afrikaans. Sien uit om hierdie nuwe een te lees veral omdat ek baie nadink oor die monstervrou wat niks omgee vir haar werkers nie.
EV: Cerise gee wel op so n eteriese manier om. Sys nie so sleg nie.
RB: Hoe het die Nederlandse lesers gereageer op Ik stamel Ik sterf?
EV: Gehuil.
RB: Die hele lot?
Leser: Ja wel, wie het nie?
R1: Ek ook.
RB: My simpatie, R1 ek ook
EV: Maar daar was baie goed in die boek Ek stamel wat volgens my deur weinig raakgesien is.
RB: n Anonieme vraag vooraf ingestuur: Hoe sal jy die plot van My simpatie, Cerise beskryf?
EV: Spanningslyn hoop ek. Weet nie of daar sprake van n plot is nie, meer karakterontplooiing.
RB: Het jy altyd geweet dat jy wil skryf?
EV: Van skooldae af. Charles Malan was my Afrikaans-onderwyser en inspirasie vir n lewe.
RB: Dra jy n notaboek saam? Maak jy aantekeninge tussen die kospotte?
EV: Altyd. Ek het al baie, baie notaboeke. Ek kan my drome van 1984 naslaan.
R1: Hoe sterk weet jy wat jy wil skryf voor jy begin? Of loop die storie op sy eie manier in n rigting wat jy nie vooraf beplan nie?
EV: Nie altyd nie, maar na n ruk staan n storie uit my notaboeke op, of ek kry n idee. Sal graag oor my pa se lewe as karverkoopsman n boek wil maak.
RB: Eben, nog een ingestuur: Moes jy heelwat navorsing doen? Of het soortgelyke karakters as in die boek jou geïnspireer en ken jy sulke mense? Daar moes sekerlik navorsing oor Ierland gewees het. Dit is baie realisties.
EV: Ek was al in die Strand Hotel op Achill-eiland. Ek ken n familie daar baie goed. Ek het altyd notas van hulle vertellinge en my ervaringe oor en saam met hulle gemaak.
RB: Die roman is wel in drie dele verdeel, maar daar is geen hoofstukke nie. Enige rede daarvoor?
EV: Selfs die drie dele het maar ook net-net gemanifesteer, dis asof my laaste twee romans net in een groot homp wou uitkom. Die drie dele in Cerise verteenwoordig wel drie fases in Robert Mackie se lewe.
EV: Wat bedoel Joan Hambidge eintlik met gedronge?
RB: Sou dink poëties-gedronge sou poëties gemotiveerd wees ...
RB: Dink jy jou nuwe roman is toeganklik? Of het jy dit vir die literêre mark geskryf?
EV: Dit kan as storie gelees word. Ek wil altyd dat my boeke ook net as n lekker verhaal gelees word, maar daars padtekens in Cerise wat ek hoop die leser kan gebruik om meer te sien oor byvoorbeeld die ooreekomste tussen Cerise, Mackie se ma en so aan.
RB: Die buitekant van jou nuwe roman lyk heel anders as Ek stamel ek sterwe? Is dit waar van die binnekant ook? Tematies dus?
EV: Tema van die dood kom byvoorbeeld weer in Cerise voor. Dit is die slotsom van Mackie oor die mag van Cox, die dood is al wat die mag stuit.
RB: Hoe voel jy wanneer n boek verskyn? Wanneer jy dit die eerste keer in die hand hou?
EV: Lekker om die boek in die palm te hou, maar dan voel ek ook klaar dat ek KLAAR is met die werk en wil nou aanstoot na nuwe goed toe.
RB: Eben, hoe voel jy oor geld? Oor rykdom?
EV: Hoekom nou dié vraag?
RB: Sommer uit nuuskierigheid. En miskien omdat jy dit deels tot tema maak in jou boek?
Laatkommer: Hallo, Eben, ek is n (anonieme) leser; bly oor jou nuwe boek.
EV: Hoekom is jy bly oor my boek? Seg bietjie meer.
Laatkommer: Die voriges was mooi; moet hierdie een nog lees.
RB: Laatkommer, koop sommer nou die boek op Kalahari.net warm aanbod!
Laatkommer: Vanwaar kom jou noodsaak om te skryf?
EV: Ek sal graag genoeg geld wil hê om sonder kommer aan roman na roman te kan werk. Dis omtrent al, en om my zebravel saam te vat Aussie toe.
Laatkommer: Neem eers die wit strepe, dis onsigbaar, dan betaal jy net vir die swart strepe.
RB: Skryf jy met dissipline en roetine of net wanneer jy lus kry of die Muses jou besoek?
EV: Dissipline, en n soort opdrag (n calvinistiese oorblyfsel?) dat ek moet skryf.
Laatkommer: Is almal nou weg?
RB: Laatkommer, hou aan, ons is nog hier.
Laatkommer: Dis stiller as n moonlight foxtrot op jou eie in Burgersdorp se hoofstraat.
EV: Laatkommer, wie is jy?
Laatkommer: Vertel iets van n moonlight foxtrot in die Great Outback.
EV: Net die Aboriginals kan dit doen.
Laatkommer: Ons eie Sanmannetjies en vrouentjies het die tango daar in jou wêreld van die Oos-Kaap gedoen.
EV: Het jy al die Sannertjies op Leliekloof gesien?
Laatkommer: Nog nie; net die fluisterstemmetjies op die westewind gehoor maar gedag dis krieke.
EV: Kan jy daai krieke op jou erdepotte teken?
Laatkommer: Nee, ek gooi nie die klei nie.
RB: Eben, wil jy n bepaalde boodskap vir jou lesers gee of gewoon net n storie vertel?
EV: Ek dink daars altyd boodskappe in my boeke vir dié wat dit wil sien.
Laatkommer: Wat is jou sterk punte, en swak punte, as skrywer, dink jy?
EV: Ek skyn soms in die war te raak met point of view. Ek dink ek wil nog een keer n boek skryf waarin ek honderde points of view gebruik.
RB: Ek dink jou skerp sintuie is ongetwyfeld een van jou sterk punte, Eben. Stem jy saam?
Laatkommer: Sterk punte? Stilisties, seker? Storievermoë?
EV: Karakterontplooiing. Ek werk nou aan kortverhale, 12 van hulle, elkeen spesifiek oor n karakter.
RB: Joan het reeds in haar resensie gesê dat jy een van die beste stilistici in Afrikaans is. Dit durf jy seker nie ontken nie?
EV: Ek hou ongetwyfeld baie van my reuksintuig, ek hou daarvan om aan alles te ruik, ook aaklige goed, dis leidrade.
Laatkommer: Ek sien jyt in Prins Albert gaan skryf. Hoekom daar?
EV: Prins Albert is baie mooi, naby die groot Swart Berg, almal praat baie mooi Afrikaans. Gaan staan bietjie op die trap voor die Spar-supermark.
Laatkommer: Ja-wel, en daars waterleibeurte.
EV: En die slagpale heet Skapieseinde.
Laatkommer: O my God, nee.
EV: Dit is ook so, dis waar ons almal heen gaan.
Laatkommer: Hel toe, broer.
EV: Hel is hierso, jy gaan eerder word wat jy hier al vooruitgeloop het, n slak byvoorbeeld.
Laatkommer: Maar laat ons solank die foxtrot doen, braaf en stylvol.
EV: Op die Briel-susters
Laatkommer: En die skapies van die Groot Karoo, daar by Skapieseinde ...
EV: Ek het die Aussies al byna tot trane gedryf, letterlik, met die Briels.
RB: Het jy self gesing of net die LP van die Briels gedraai?
Laatkommer: Hulle verstaan nie die woorde nie, maar die gevoelentes.
EV: Maar wat van die lekker Foxtrot? En as jy weer omkyk, is dit die dol hond se oge deur die venster.
Laatkommer: Mad dogs and Englishmen
EV: Ek moet nou met Johanna Hamboud en Johann de Lange gaan drink, kom jy saam?
Laatkommer: Eben, mooi besoek verder. Skryf jou twaalf stemme. Ons sien uit daarna. Geniet julle threesome, Joan, Johann en jy. Voorspel niks goeds nie. If you cant be good, be careful.
EV: Daars ook nog n homeopaat by om ons te help.
Laatkommer: O jinne, en die fisioterapeut as daai twee jou uit lit pluk?
EV: Sal moeilik gaan met Johanna Hamboud.
Laatkommer: Ek groet, geniet die aand. Die skapies blêr in Prins Albert, môre braai ons tjops.
RB: Goed dan, baie dankie vir almal wat saamgesels het. Ons gaan nog die gesprek in n forum laat voortwikkel en dan stuur ons die wenboek.