|
Om die skrywer met die waarheid te versoenTom Dreyer en Jaco Botha gesels met Antjie Krog
Ons sit in Speakers Corner, n restaurant skuins onder die parlement, waar Antjie Krog as redakteur van die SAUK se radionuusspan werk. Die onderwerp ter die tafel is broodjies, slaai, opgefrommelde servette en skrywers wat nie hul hande en penne met n ongeraffineerde lewe wil bevuil nie. So, sê Tom wat effe bewerig voel omdat hy homself van antidepressante speen. Wat jy sê, is dat dit wat in die Waarheidskommissie uitgekom het, al jare vroeër in die werk van Suid-Afrikaanse skrywers gesien moes gewees het. Vir n oomblik dink al drie waarskynlik aan die storie van die blanke polisieman wat die hand van n slagoffer afgesny en in n jambottel op sy lessenaar aangehou het. Kyk jy net terug na die letterkunde van die jare sestig, sewentig en tagtig, sal jy kan sê dat ons in n geweldadige land gebly het? begin die digter met die voshare en die uiloë weer. Sy sleep n snysel komkommer deur die mayonnaise in haar bord en neem n slukkie appelbier, verskoning, Reds. Jaco staar na die rif wat die komkommer deur die wit slaaisous getrek het, skuif-skuif dan in sy stoel soos hy altyd maak voor dat hy n klip in die bos gaan gooi. Maar, sê hy, is dit regverdig om nou, agterna beskou, aan skrywers te probeer voorsê waaroor hulle moes geskryf het? n Skrywer is tog nie noodwendig n joernalis nie. Aan die einde van die dag stem ek saam met Oscar Wilde wat gesê het: There are no such things as moral or immoral books, only well or badly written ones. Tom kou aan die agterkant van sy tot dusver ongebruikte balpuntpen. Sy groeiende bewerigheid en sy diepe gatvolgeit oor die ganse debat rakende die skrywer se sosiale verantwoordelikheid, weerhou hom daarvan om meer aktief tot die gesprek toe te tree. Art for arts sake, brom hy, maar niemand steur hulle veel daaraan nie. Hy kyk dan maar deur die ruit na die borste van n vrou wat op die sypaadjie verbyloop afgestomp van ideologie n prima voorbeeld van sy generasie. Antjie betrag Jaco nog deurgaans met n kil en kritiese oog, maar tog is daar iets aan haar houding wat deernis verraai. Vat byvoorbeeld hierdie tafel, sê sy en druk haar brilletjie met een vinger terug in posisie. Hier sit ons nou by hierdie tafel en gesels. Maar ons moet onthou die tafel bestaan nie net op sy eie, totaal in isolasie nie. Daar is ook n vertrek rondom hierdie tafel, en rondom daardie vertrek is daar n gebou en buite die gebou n stad en n ganse land. Ons wat nou hier sit, is onontkombaar met daardie groter gegewe verweef. En net so kan n skrywer hom onmoontlik losmaak van die milieu waarin hy hom bevind. Die bewussyn van hierdie dinge moet tog deursypel in dit wat hy of sy skrywe. Ek dink blanke skrywers het te dikwels weggekruip agter die verskoning dat hulle oor universele sake skryf en dus nie gemoeid hoef te wees met die day to day probleme van die land nie. En dan is daar natuurlik ook die ander kamp, dié wat aanspraak maak dat hul skryfwerk in soverre dit in daardie beklemmende dae moontlik was, wel die status quo aangeval het. Noudat skielik maklik is, noudat dit die regte ding is om te sê, spring almal op die ons het ook gestruggle-bandwagon. En jy, vra Tom wat n oomblik van helderheid ervaar, In watter kamp val jy? Dis nou Antjie se beurt om op haar stoel rond te skuif. Jaco wat nader aan haar sit en daarom moontlik meer direk geraak word deur die ongemak wat skielik uit haar straal, rig n bestraffende kyk na Tom. Dan bepaal hy weer sy aandag by die digter, want dit lyk asof sy uiteindelik n antwoord gereed het. Antjie die joernalis se jare lange blootstelling aan die besondere verbale gimnastiek waarmee politici hulself uit ongemaklike situasies bevry, het haar duidelik nie onaangeraak gelaat nie. Die gemak waarmee sy die vraag systap, moet werklik meesterlik gewees het, want ten tyde van die skryf van hierdie onderhoud het nie een van die twee roving reporters meer die vaagste benul van wat sy nou eintlik kwytgeraak het nie. Tom se yl beskribbelde notaboek verskaf ook geen leidrade nie, en die hartseer waarheid is dus dat hierdie stukkie geskiedenis vir ewig vir die volk verlore gegaan het. Tog, as mens na Antjie se digkuns kyk, was daar maar altyd die een of ander vorm van struggle: vir die aftakeling van grense, die regte van die vrou en persepsies oor digterskap; n struggle teen kleinburgerlikheid, haarself en Opperman En ek skryf omdat ek woedend is. Hierdie stryd bereik weliswaar eers in die bevryde jare negentig hoogtepunt in veral die digbundel Gedigte 1989 1995. In Country of my skull (1998) dokumenteer sy dan ook die gruwels wat in die sittings van die Waarheids- en Versoeningskomissie ontbloot is, n boek waaroor sy sê, die inligting daarin moes reeds lankal uitgekom het. Die publiek moes dit reeds in die jare tagtig of vroeër te sien gekry het. In die oë van albei jong skrywers brand n vreemde lig. Hulle dink terug aan die jare tagtig, toe hulle nog op skoolbanke gesit het, n bisarre tyd toe die apatie, vrees en selfsug van ouers en gesagsfigure die illusie kon skep dat alles op n manier tog okay is. Terwyl die reuk van bloed en traangas en brandende rubber oor die land gespoel het, kon die twee byna argeloos oor rugbyvelde draf, skelm in waterslote leer rook, en op sokkie-aande in die donkerte agter die skoolsaal glo dat die wêreld oop en vry is. Tom sukkel om vir Antjie in die oë te kyk, n ongemaklikheid gebore nie uit die kwynende chemikaliee in sy bloed nie, maar uit n besef van hoe dun die skans van sy apatie is, en hoe wyd die donker en bedreigende dinge wat dit op n afstand moet hou. n Skrywer moet in die regte wêreld lewe, sê Antjie. Hy moet krap en boor en die waarheid oopvlek en as hy eers daar uitkom, dan durf hy nie, dan mag hy nie, dan kan hy nie meer in n illusie leef nie. Ja, amper met heimwee praat die struggle-digter oor Jan Publiek se klaaglike gebrek aan kritiese denke: in populêre debatte, in skole, selfs in die land se universiteite. Dan sit sy regopper in haar stoel. Daar is n nuwe onderwerp op die tafel, n nuwe teiken in die visier van haar brilletjie. Stellenbosch, sê sy, en albei jong alumni vee senuagtig oor hul knieë. Can you imagine dat daar in hierdie dag waarin ons lewe nog so iets soos n hane- en hennedinee is? n Absolute vakuum waarin daardie mense lewe. Tom skuif nader. Hy kan vir ure en ure praat oor hoe baie unresolved issues daar nog in die Matieland is veral oor hoe banaal dit is om enigsins nog oor sulke issues te gesels. Maar, sê Jaco, wat meesal plesier daarin vind om n saak op haar rug te dop en die naeltjie van naderby te betrag, dink net hoe lekker word daar altyd na so n hane- of hennedinee genaai. Die digter frons. Hier kom n groot statement kan die twee jongelinge aan die nate van hul broeke voel. As ek, sê sy en glimlag effens, as ek vandag op Stellenbosch gestudeer het, sou ek uitsluitlik gedrink en genaai het. Tom grinnik. Jy sou heel goed ingepas het, lag hy. Jaco, aan die anderkant, merk skielik op hoe Antjie aan haar appelbiertjie suig; hoe haar enkel onder die tafel draai en haar tone spits. Baie passion in hierdie vrou, dink hy. ek kom agter dat ek mans begin bekyk sou nie eers met mans gepraat het Uit: Gedigte 1989 1995 Borges and I, Antjie en ek, die skrywer en die mens, dink Jaco en trek lank en diep aan die sigaret tussen sy vingers. Hy kyk na Tom. Het jy nog enige vrae? vra hy. PS Nee, man, jy kan nie daardie stuk insit oor Antjie wat aan die bottel suig nie, sê Tom, gebruik eerder teug. Fok dit, sê Jaco. Reeds drie bottels wyn is leeg. Om die onderhoud op papier te kry was nie maklik nie. Ons skryf mos oor hoe ons dit sien; hoe dit is; hoe dit gebeur het. Mmm. Dis hoe Antjie dit sou wou hê, sê hy. Genuine, sê Tom en gaan lê onder die lessenaar om net vir n wyle uit te rus. Hy verlang innig na sy antidepressante, sy meisie en vir n vlietende oomblik ook na Antjie Krog. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |