LeesKringeArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

22 Februarie 1999

Hallo lesers!

Dis baie lekker om terugvoer te kry van julle af! Ek waardeer dit baie. Onthou, hierdie webwerf moet júlle sienings verteenwoordig — ek speel maar net gasheer!

Oranje Meraai
Koop by Kalahari.net
Oranje Meraai van Marlise Joubert is aan die beurt.

Danksy die positiewe respons wat ek gekry het rondom my vorige bespreking, gaan ek hou by die formaat — tensy julle iets anders voorstel. (Die hele idee is dat ek nié wil voorskryf nie; leeskringe is daar om saam-saam uit te vind!)

Die titel:
Natuurlik begin ons by die begin. Hoekom Oranje Meraai? Wanneer u die teks lees, sal u duidelike leidrade kry.

Oranje:
Hoekom egter oranje? Weer lê die sleutels tot hierdie antwoord oral in die teks rond, maar vra uself ook af: Watter konnotasies roep die kleur oranje by ons op?
    Vergelyk ook Blou Meraai, Pienk Meraai (haar naels word oranje-pienk geverf, nie pienk nie!) en Swart Meraai.
    Die verwagting wat regdeur die boek geskep word — tot aan die einde — lê dus reeds hier in die titel.
    Tog is dit ook nie Groen Meraai nie! Die lente is verby ...

Die voorblad:
Ek is altyd versigtig vir voorblaaie, want dis nie die werk van die outeur nie. Maar, soos Hennie Aucamp sê, dis ’n baie goeie poort tot die res van die teks. Jacqui Colley was verantwoordelik vir hierdie ontwerp en het ’n baie netjiese metafoor geskets vir die collage-teks wat dit omarm.
    Stem u saam dat die teks net so veelvlakkig is as die voorblad?
    Let ook op die kleur van die voor- en agterblad!
    Daar is twee interessante distorsies om na op te let. Die seuntjie op die voorblad is te lank en te maer. Dis duidelik opsetlik gedoen. In hoe ’n mate waarsku dié beeld ons op wat wag in die teks?
    Op die agterblad is die bruid se mond weer horisontaal gerek. Dis baie effens, maar wel daar. Ook hier lê ’n waarskuwing opgesluit ...

Die motto:
Die frase uit Eliot se gedig waarsku ons reeds dat hier nie ’n duidelike afbakening tussen begin en einde, hede en verlede, selfs storie en historie is nie ...
    (Nog eens kom die veelvlakkigheid van die teks ter sprake. Hierdie onderskeie vlakke word in die teks aangedui deur verskillende numerings. Daar word by die leser geen twyfel gelaat dat hier ’n aantal tekste naas mekaar lê wat meevertel aan die storie nie.)

Katja se uitspraak:
Op die heel eerste bladsy sê Katja: “Nee, ek wil van Katja hoor, nie van die land nie.”
    Dis ironies — die soeke na die self (waar kom ek vandaan) lei in die kind tot ’n aversie van dít wat sy intuïtief as bedreigend ervaar, naamlik die hedendaagse landsgebeure. Teenoor haar is Meraai aan die navors oor die land se geskiedenis — om iets meer oor haarself te wete te kom.
    Hierdie spanning tussen selfgerigtheid en geskiedenis, eie teks en konteks, bereik twee verskillende klimakse teen die einde van die teks:
  1. Tydens die besoek aan Graaff-Reinet doen Meraai allerlei navorsing, terwyl die kinders op ’n vals klavier sit en speel “London bridge is falling down”.
  2. Storm gee aan die einde van die teks aan Meraai ’n pakkie met geskiedkundige dokumente — dít waarna sy al so lank soek. Die seun is egter op die punt om die land vir goed te verlaat.
Naamgewing:
Die name (en byname) in die teks vertel eie stories. Slaag dit? Is die verduideliking oor Storm se naam vir u geldig? (Hy is tydens ’n storm gebore). Is dit nie effens té simbolies nie?

Die boek se sê:
Mense wil altyd weet: Wat sê die boek nou eintlik? Iemand het selfs vir my gesê: “Ag nee. Hier is ’n middeljarige, geskeide vrou aan die woord met ’n probleemkind, ’n geskeide man en hormoonprobleme. Jy het Prozac nodig om dié boek te lees.”
    Ek stem nie saam nie, maar dis tog ’n lekker besprekingspunt!
    (Terloops: Daar is ooreenkomste tussen Marlise (Joubert) en Meraai, maar ek weet genoeg van die reële outeur om te weet dat hierdie teks grootliks fiksie is. Moet dus nie die fout maak om te dink dat sy ’n outobiografie probeer skryf het nie!)

Ander tekste wat u kan lees:
Fransi Phillips se Herfsverhale kom onmiddellik langs hierdie teks staan. Die titel, die kleure, die vrou en haar gespook met ’n kroos, die skilderkuns — al hierdie goed werk baie deeglik op mekaar in. Kyk gerus hoe Joubert se verteller juis probeer uitstyg bo die vertel van ’n vrou se “herfsgevoel”. Herfsverhale is in 1992 deur Queillerie uitgegee.
    Die groot teks oor ’n geskeide vrou is natuurlik Marita van der Vyfer se Griet skryf ’n sprokie. Aanvanklik sou ’n mens kon raai dat hier ’n tweede Griet ter sprake is, maar ten spyte van die ooreenkomste, is Joubert se teks tog uniek. Griet skryf ’n sprokie is ook in 1992 uitgegee, maar by Tafelberg. Dit het al ’n hele paar herdrukke beleef.

Oranje Meraai is ook ’n Tafelberg-produk. Dit het in 1996 verskyn.

Lekker lees! En laat weet vir my watter tekste u wil lees, dan probeer ek my bes om, soos in hierdie geval, die bespreking by u leeskring aan te pas.

Izak de Vries

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.