|
Sangomas of Newton?As ek na die debat hier op SêNet kyk, dan lyk dit vir my asof almal rondom die probleem draai en draai, maar dit nie mooi raaksien nie, amper asof geblinddoek soos in daardie kinderspeletjie waar jy die donkie se stert moet aansteek. Self sukkel ek ook maar, dog ek meen dat Suid-Afrika baie vinniger verander as wat ons dink, en n mens moet mooi rondom jou kyk wat aangaan. Het jy al ooit probeer kleiduiwe skiet waar jy vóór die dekselse ding moet korrel, anders is hy al verby teen die tyd dat die hael hom tref? Dinge beweeg teen n spoed hier. Ek het reeds voorheen die woord rewolusie gebruik om vinnige maatskaplike verandering te beskryf, en besluit maar self of dit nog n metafoor is of nie. In vanmôre se Beeld is daar n berig oor ene bevare seeman Wiseman Nchunu wat sy offisier, Onder-luitenant John Clarkson in die kop geskiet het terwyl dié aan die slaap was. Daarna het hy homself doodgeskiet. Blykbaar wou die onderluitenant nie die bevare seeman toelaat om aan land te gaan sonder sy vlootuniform nie, n lastige Eurosentriese reël waarvoor militêre instellings na die Westerse model natuurlik berug is. Myns insiens gaan ons meer en meer sulke insidente teëkom tussen lede van die Eurosentriese en Afrosentriese gemeenskappe. Trouens, ook in die sakewêreld in Johannesburg, na tien jaar of meer van regstellende aksie, kom die base agter dat daar skielik twee denkwêrelde geld in hul personeelkorps, en mense kom nie goed oor die weg nie. Ek hoor die Menslike Hulpbronnedirekteur van n baie groot maatskappy in Johannesburg met dertigduisend of meer werknemers is deesdae heel bekommerd, want hy begin insien daar is n helse probleem. Ek stem heeltemal saam met president Thabo Mbeki dat daar ten minste twee nasies in Suid-Afrika bestaan: die een witterig (wit, bruin en Indiër), die ander donkerder (rasegte Afrikane of Africans soos hulle graag na hulself verwys). Ras speel n rol, maar kultuur speel n baie groter rol. Daar is twee logikas, twee denksisteme, twee waardestelsels aan die werk. Waaraan glo die ligte nasie? Hulle glo aan kousale logika (nie altyd nie, maar darem), wat onder meer sou beteken dat VIGS deur MIV veroorsaak word, in n monoteïstiese God (myself en enkele ander uitgesluit, maar dis oor die algemeen waar), dat lewe kosbaar is, en dat dinge soos verkragting en moord groot oortredings is. Waaraan glo die donker nasie? Op die oomblik weet ons nie so mooi nie, maar ek vermoed dis iets tussen die Eurosentrisme van die ligte nasie en hul tradisionele gelowe (en bygelowe). Tradisioneel glo hulle dat moord en verkragting geen groot misdade is nie, hoogstens strafbaar met n boete, dog toorkuns is wel strafbaar met die dood. Hulle glo ook dat niemand ooit werklik doodgaan nie, aangesien sy gees bly lewe op aarde (daarom is dit nie so ernstig om iemand dood te maak nie), en dat mense hartaanvalle of VIGS kan kry as gevolg van die werkinge van ongelukkige voorvadergeeste wat jy dan kan paai deur n bees se sake vir hom te werk in jou agterplaas. Dis nie lekker vir die bees nie, en natuurlik kla die DBV, maar dis deesdae alles toelaatbaar, selfs in Sandton. Natuurlik is ware Afrikane politeïste, selfs die bekeerde Christene, en kousale logika is vir hulle bloot een hulpmiddel tussen ander om die wêreld te verstaan. Hulle kan ewe maklik n emosionele of spirituele verband tussen dinge raaksien, en ewe veel waarde daaraan heg as wat ons heg aan oorsaak en gevolg. Die hoogste morele beginsel in die tradisionele, noem dit maar Bantoe kultuur, of dan Nguni en Sotho kulture, is lojaliteit aan die hoofman. Solank jy teenoor hom (en dit is altyd n hom) lojaal is, maak al jou ander vergrype geensins saak nie, en word jy beskou as n goeie mens. Diegene wat stam uit die Indo-Europese taalfamilie en tradisies, dink natuurlik heel anders oor dinge, en het ander konsepsies van wat dit beteken om n goeie mens te wees, soos byvoorbeeld eerlikheid, altruïsme of liefde vir jou medemens, ens. Aristoteles, die ou Griek, het deug verbind aan matigheid, en om nie die slaaf te word van genot, of geld, of mag, of wat ook al nie. Lojaliteit aan die hoofman figureer ook iewers binne die Indo-Europese sisteem, maar nie in die eerste plek nie. By die afgelope rassismekonferensie wat ek bygewoon het, was dit vir my duidelik dat die twee nasies omtrent gladnie met mekaar kommunikeer nie, en by mekaar verbypraat omdat hulle heeltemal ander betekenisse aan dinge heg. Hulle gesels met mekaar soos twee karakters in n absurde drama uit die diep eksistensialistiese periode van die Sestigers - elkeen vasgevang in sy eie wêreld. Trouens, rassisme is myns insiens bloot n versamelnaam vir die radikale verwydering wat die donker nasie teenoor ons voel, en hulle soek erkenning vir hul manier van dink, want hulle is oortuig dat hierdie eintlik hulle land en selfs hulle kontinent is, en ons blote besoekers wat binnekort gaan padgee of behoorlik gaan aanpas. Willem de Klerk van Boetman faam het dit ook al ingesien toe hy dié pragtige woorde gespreek het in sy Kroes, kras, kordaat, en ek haal aan:
Begrip vir die lewenspatrone van die Afrikaan, sy styl en tradisies; respek vir sy kultuur, want anderswees beteken nie swakker of laer as jou anderswees nie; in te groei in sy manier van kommunikasie, musiek, vermaak, teater en ontspanning; aktief mee te doen aan sy tradisionele uitreiking na die groepsbelang en die prioriteit om hierdie agtergeblewe groep se lewenskwaliteit te verbeter; verstellings aan die Westerse onvriendelike kapitalisme om meer van die eie welvaart te deel en uit te deel; in politieke opposisie meer die Afrika-vennootskap, indaba en eerbiedstyl aan te leer en die onverbiddelike Westerse konfrontasie en verkleinering te temper; n groot en sigbare premie te plaas op harmonie en eenheid en gesamentlikheid, in plaas van die Westerse hooghartige strydlustigheid en verskansing in eie belang. Spesifiek vir Afrikaners behoort dit nie te moeilik te wees nie, want ons het in ons bloed, kultuur en geskiedenis baie gemeen met die Afrikaan. (Kroes, kras, kordaat, bll. 73-74) Ek het nuus vir Willem de Klerk, in die sin dat hy die andersheid waarvan hy praat, hopeloos onderskat. Om daarom te Afrikaniseer soos hy dit wil hê, impliseer dat jy jou hele denkwêreld, moraliteit (selfs vir n kwalik morele persoon soos ekself), waardestelsel en logika moet verruil vir n ander een wat jy nie behoorlik verstaan nie, maar wat vir jou vreemde en skrikwekkende elemente bevat. Moet geen fout maak nie: die druk is daar vir ons om nie net ons taal af te lê nie, maar ons alles. Die soort retoriek van bevryding, oorwinning, ens., wat ons regerende party gebruik, het my ook onlangs tot nadenke begin stem. Wat sou die situasie wees van n oorwonne stam in die tradisionele wêreld van die Afrikaan? Sover ek kan vasstel, word so n stam die knegte van die oorwinnaars, maar hulle mag hul eie hoofmanne behou wat op hul beurt lojaal moet wees aan die nuwe opperhoof. Hulle word toegelaat om n kraal op te rig in die omgewing en word dan stadigaan geïntegreer by die gebruike en tradisies van hul heersers. So bou jy n koninkryk met baie krygers, vroue en beeste. Alles staan in die teken van vrugbaarheid en vermeerdering. Dink maar aan ubuntu: jy is n mens deur ander mense, n sterk kollektiwistiese beginsel wat geen ruimte vir individuele vryheid laat nie. Simunye - we are one. Dit herinner my aan prof. Willie Esterhuyse en sy 33 Afrikanersakemanne wat hul lojaliteit aan die president gaan betuig het, in die eerbiedstyl waarvan Willem de Klerk praat. Voel ons Afrikanerhoofmanne instinktief aan dat hulle deesdae ondergeskik moet wees en ook hul onderdane tot eerbied en respek moet maan? Dat deelword van die meerderheid soos die Willies en Willems en Haralds (Pakendorf) dit stel, die onvermydelike lot is van die oorwonne stam, want sien al bly hy nog in sy eie kraal, gaan hy mos vroue ruil vir beeste met die ander krale, en geleidelik opgaan in die groter verband, nie waar nie? En as n paar oorywerige seuns van die ander krale nou die vroue n bietjie kom touwys maak à la Lucy van Disgrace, dan is dit mos niks om oor huistoe te skryf nie? En natuurlik is dit kulturele chauvinisme en selfs rassisme om hierdie praktyke te skerp te veroordeel. Die punt wat ek wil maak, is dat ons n nuwe wêreld betree het wat ons tans eintlik gladnie verstaan nie. Toenemend gaan daar gevalle wees soos John Robbie en die Minister wat, al praat albei Engels, mekaar eintlik gladnie gaan verstaan nie. n Groot deel van die maatskaplike geweld in Suid-Afrika (dit wat ons so Eurosentries misdaad noem), gaan moontlik oor iets heel anders, n poging van die nuut bevrydes om lastige reëls en regulasies wat vreemd is aan hul eie kultuur van hulle af te skud. Geweld kan nie anders as om toe te neem nie, totdat ons begin insien dat hier n groot probleem is van twee onversoenbare wêrelde. Indien ons nie padgee, of ons knegskap gedweë aanvaar nie, kan die huidige slepende konflik tussen die twee denksisteme op n dag selfs in burgeroorlog ontaard. As iemand wat nooit Weermag toe gegaan het nie, is ek swak toegerus vir daardie fase van die stryd. Daarom wil ek graag hierdie gedagtes met my mede-Indo-Europeërs deel, want my enigste moontlike bydrae kan ek in die huidige intellektuele en ideologiese fase van die konflik lewer. Watter tekens van verval in kommunikasie en onversoenbare denkpatrone sien julle om julle? Iemand wat n ruk oorsee was, noem nou die dag dat sy terugkeer na Suid-Afrika vir hom gevoel het soos tuiskoms in n malhuis. Dus, as enigiemand meen ek raak die kluts kwyt met my Afrika lesing van ons situasie, moet hy sommer ook verduidelik hoekom ons samelewing vir hom doodnormaal voorkom met ouens wat elke dag vermoor, verkrag of in hul slaap in die kop geskiet word omdat iemand beswaar het teen die kleredragregulasies. (Lees maar Sewe dae by die Silbersteins; toe Henry van Eeden n safari- in plaas van n aandpak aangehad het vir die Ballet van die Boere, het hy nie vir Jock Silberstein met sy dienspistool tussen die oë geskiet nie.) En, o ja, jy het waarskynlik al jou lewensversekering by Sanlam en as jy nou Willem de Klerk se raad gevolg het, glo jy deesdae dat jy soort van onsterflik is saam met die somtotaal van jou voorvaders, maar as jy nog enigsins in die geledere van die ongelowige Thomasse verkeer, is dit belangrik dat jy ook op Praag se adreslys moet kom, sodat ons met mekaar vorentoe in verbinding kan bly. Hierdie naweek vertrek daar n Praag afvaardiging na Vlaandere en Nederland, en ons gaan probeer steun werf vir die taalstryd, maar ook vir die kompetisie om ons denkwêreld en ons logika te behou. Ons hou van sangomas; hulle trek baie oorspronklik aan, ens, maar net tot op n punt. Ons wil nie hê die skole moet Newton se vergelykings uitgooi en die dolosse vir almal invoer nie. Al het Opperman nou ook mooi gedigte oor dolosse geskryf. Klik deur na http://www.praag.org of stuur n epos aan inlig@praag.org en kom op Praag se adreslys sodat ons n landwye netwerk kan opbou van mense wat mekaar inlig oor hul omstandighede en hoe hierdie hele transformasie van ons samelewing ons almal raak. En wie weet, indien een van ons dalk op n dag sulke konvooie ouens in kamoefleerdrag opmerk wat lyk asof hulle nie van opera en kamermusiek en sulke goeters hou nie, en oënskynlik uitry om hulle te gaan wreek op mense soos ek wat partykeer te hard - selfs vir my vrou en kinders, moet ek beken - na Wagner se Walkurelied luister, dan kan ons darem mekaar probeer waarsku, of hoe? Dan Roodt
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |