|
Ek is al sedert kleintyd in fotografie geïnteresseerd en my Donald Duck-kamera was een van die kosbaarste besittings van my kinderdae. Later is dié in my twintigerjare vervang deur n Pentax en deesdae is dit n Minolta met een 28mm lens wat vir al my portrette gebruik word. Freda Linde het vir my gesê n mens is nie net kop en skouers nie. My fotos probeer dus iets meer wys verkieslik die huismilieu van die spesifieke persoon. Omdat ek absoluut niks weet van beligting nie, gebruik ek natuurlike lig en op die ou end is dit net ek en die kamera en die persoon wat gefotografeer word. Goed soos driepote, reflektors, ligte en n ateljee is vir my uit die bose en sal net my fotonemery belemmer. Vir diegene wat dus vir my sê die fotos is so wonderlik diep kyk net na die gebruik van deure en vensters, kan ek net sê: deure en vensters is waar die lig inkom, en het geen dieper betekenis nie. Ek neem intuïtief fotos en het absoluut geen grand teorieë oor tegniek nie. Ek neem af wat ek sien dikwels mense wat ek nog nooit tevore in my lewe ontmoet het nie. And thats that! Ek het oor die jare vyf eenmantentoonstellings van my werk gehou en swart en wit is steeds vir my die ideale medium.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |