GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

 

Paul Vermeulen

Ek is 25 jaar oud en is afkomstig van ’n myndorpie in die Noordkaap, genaamd Kathu. Ek woon sedert 1997 in Pretoria en is in die boekhoubedryf. Ek is die jongste van drie kinders, en die enigste seun. Ek het my eerste verhaal begin op 16-jarige ouderdom. Dit het gehandel oor ’n jong man se vrese (myne!) om uit die kas te kom by sy familie. My eie uitkomverhaal was gelukkig baie minder dramaties, en my ouers is nou my grootste vertrouelinge.

Meer as huur

Paul Vermeulen

“Is jy van jou kop af?” George staan op en gaan sit in die groot vensterbank. Hy het sy hemp uitgetrek en die oggendson blink op sy bruin bolyf en donker hare. Hy is merkbaar omgekrap.

“Waarom? Ek dink dit is ’n goeie idee. Wees eerlik, George. Die idee is vir jou net so eroties soos vir my. Dit is nie die eerste keer dat ons hieroor praat nie.” Albert gaan sit langs George en vryf sy been. Hy het ’n netjiese pak klere aan. Hy trek aan die das om sy nek, en maak die boonste knoop van sy hemp los. “Komaan, liefie. Dalk is dit net wat ons verhouding nodig het. Wat sê jy?”

George sit sy hand op Albert se been. “Ek het nooit gedink jy is ernstig nie! Dit is een ding om oor ’n fantasie te praat, en iets heeltemal anders om dit uit te leef.” Trane verskyn in George se oë. “Is jy nie meer lief vir my nie?”

Albert buk vorentoe en soen George liggies op sy wang. “Natuurlik is ek lief vir jou! Maar ons het die ekstra geld nodig. Buitendien sal dit lekker wees om nog mense in hierdie kasarm te hê. Dit sal baie van ons probleme oplos. Dit sal ook nuwe lewe blaas in ons verhouding. Die laaste ruk is ons gedurig in mekaar se hare. Dink daaroor …”

Die frons begin verdwyn van George se voorkop af. Hy vee die trane uit sy oë. “Dink jy daar sal mense wees wat werklik belangstel? Dit is glad nie ’n konvensionele voorstel nie!”

Albert staan op en hou sy hand uit na George. “Daar is net een manier om uit te vind. Kom ons gaan plaas gou die advertensie op die Internet. Ek moet amper ry. Ek het ’n afspraak in Sandton oor ’n uur.”

***

Two gay couples wanted to share a house in Bedfordview. Let’s share expenses, fantasies and lovers. Come for an exclusive interview. No singles or straights! Contact George or Albert at (011) 955 3620.

“So, wat dink jy?”

George kyk oor Albert se skouer na die advertensie op die rekenaarskerm. “Dit klink goed. Ek wonder of ons enige reaksie gaan kry?”

Albert staan op en soen George saggies op sy mond. “Ek moet ry. Kom ons wag en kyk.”

***

“Hulle is laat.” George kyk senuweeagtig op sy horlosie.

“Ontspan, skat. Hulle kom van Pretoria af, onthou. Kom ons gee hulle nog ’n paar minute.” Albert sluk die laaste van sy whisky weg. Daar is ’n klop aan die deur. George skuif ongemaklik op die bank rond. Albert staan op, en gaan maak die groot voordeur oop.

“Goeienaand. Robert en Stephen?”

“Ja. Albert?”

“Ja.”

“Aangename kennis.”

“Kom gerus binne, julle.”

Die twee stap senuweeagtig die sitkamer binne. Albert stel hulle aan George voor en beduie hulle om te sit. Hy gee vir elkeen ’n koue bier aan.

Dit is Stephen wat eerste die moed bymekaarskraap om die kwessie aan te spreek. “So, presies waarna is julle op soek?” Hy het kort, bruin hare en blou oë. Hy is seuntjie-mooi.

Albert neem die leiding. “Ek en George het sopas hierdie huis gekoop, en ons soek mense om die ekstra slaapkamers te huur.”

Robert glimlag. Hy het blonde hare wat met ’n parmantige kuif half in sy gesig hang. Hy het ondeunde babablou oë. “Dit is nie die enigste rede nie?”

“Nee. Ons het ’n fantasie om meer as net huurgeld met ons huurders te deel …”

George skrik vir die erotiese suggestie.

Stephen sit vorentoe in die stoel, vryf dan sy hande senuagtig teen mekaar. “Ons stel belang. Robert se werk het verskuif na Johannesburg, en nou moet ons noodgedwonge verhuis. Hierdie plek is perfek. Afgesien van die praktiese redes, vind ons julle fantasie … wel, baie eroties.”

Albert staan op. “Wonderlik! Kom ek gaan wys julle die slaapkamer, dan kan julle besluit …”

***

“Ek hou die meeste van Andries en Craig. Daardie laaste twee het my hoendervleis gegee. Ek dink hulle is op drugs of iets. Wat was hulle name? Nicholas en Graham?” George sit sy arm om Albert se skouers, en vryf speels deur sy hare. “Wat dink jy?”

Albert glimlag en druk sy sigaret in die asbakkie dood. “Ek stem saam. Ons laat weet vir Robert en Stephen dat hulle die groot kamer met die balkon kan kry, en vir Andries en Craig dat hulle die kamer langs ons kan kry.”

George soen vir Albert op sy wang. “Dit klink goed vir my. Ek gaan haal die telefoonnommers, dan bel ons gou …”

***

“Ek is so bly die trekkery is agter die rug!” Albert sak langs George op die bank neer.

Robert en Stephen kom ook die sitkamer hand aan hand binne. “Kan ons julle join?”

George wys na die spasie langs hom op die groot L-vormige rusbank. “Kom sit gerus, julle. Ons kyk Sex and the City.”

Andries en Craig kom minute later uitasem die sitkamer binne. Hulle neem by die ander vier op die bank plaas. Craig trek sy hande deur sy hare. “I’m finished!”

Albert kyk na die vyf ouens langs hom op die groot bank. Hy skakel die televisie af, en draai na hulle. “Ek is bly julle is hier. Regtig. Dit is vir my … vir ons, ’n fantasie wat waar geword het.” Hy druk George se hand wat op sy been lê. “Nou, die reëls: Julle moet ons twee beloftes maak. Eerstens: Niks wat in hierdie huis gebeur, mag ooit ander ore bereik nie. Tweedens: Ons mag mekaar nie verneuk met ander partye nie. Kan julle my dit belowe?”

Robert en Stephen knik glimlaggend. Afwagtend. Craig steek sy hand op.

“Craig?”

Hy lag ondeund. “Does a blow-job count as being untrue?”

Albert slaan hom met ’n boek teen sy skouer. “Ja! Ek is ernstig, julle. Geen buitepartye nie. Oukei?”

Almal knik. Ingedagte.

Albert vryf George se been. “Wel, ek dink ons is reg hiervoor. Ek het almal se name op ’n paar kaartjies geskryf en in ’n hoed gegooi. Elkeen trek asseblief ’n naam, en daardie persoon is jou metgesel vir die aand …” Albert hou die hoed na Craig uit. “Jy is eerste, Craig.”

Craig steek sy hand in die hoed, en neem ’n kaartjie. Hy maak dit nie oop nie. Hy het klaarblyklik besluit om te wag totdat elkeen een het. Albert hou die hoed na Andries uit. Hy vroetel met sy regterhand in die hoed, en neem dan een.

Dan Stephen en Robert. Hy gee daarna die hoed vir George, knipoog vir hom, en steek self sy hand in die hoed en haal ’n kaartjie uit. Hy neem weer langs George op die bank plaas, blaas sy asem uit, en maak sy kaartjie oop. “Goed. Kom ons ruil plekke.”

Albert staan op, en gaan sit langs Robert. Stephen neem langs Craig plaas. Hy bloos bloedrooi. Andries staan op en stap stadig na die sitplek langs George. Hulle is ’n paar oomblikke lank ongemaklik met mekaar, asof hulle nie weet wat volgende moet gebeur nie.

George neem die leiding, sy aanvanklike pessimisme vergete. Hy begin saggies oor Andries se bruingebrande arm te streel. Andries leun nader, en begin George in die nek soen.

Albert soek teen die muur na die ligskakelaar terwyl Robert met sy hemp se knope vroetel. Hy vind eindelik die skakelaar, en verdof die ligte. Hy loer oor Craig en Stephen se skouers na George. George knipoog vir hom terwyl Andries sy nek met meer entoesiasme begin soen.

Stephen en Craig is eerste sonder klere. Hulle begin mekaar se liggame met hulle monde verken.

Ons moes dit so lankal gedoen het, dink Albert terwyl hy voel hoe Robert se warm mond al laer teen sy lyf af daal.

***

Albert word stadig wakker. Die vorige aand se gebeure sypel stadig sy denke binne, en hy glimlag toe hy onthou hoe asemrowend alles geëindig het. Hy staan saggies op, sodat hy nie die ander vyf mede-spelers wakker maak nie.

Hy begin wegstap in die rigting van die kombuis, en kyk dan terug na die hopie eroties-verstrengelde arms en bene op die sitkamervloer.

Albert kan die versoeking nie weerstaan nie. Hy draai om, en gaan lê weer in die warm spasie tussen Robert en Stephen.

Robert word wakker. Hy kyk vir ’n oomblik fronsend na Albert, onthou dan wat die vorige aand gebeur het, en sit sy arm om Albert se kaal bolyf. Albert draai op sy sy, en lê sy kop neer in die sagte, warm holte van Stephen se sterk bo-arm. Stephen sug vreedsaam, en vervleg sy bene met Craig s’n. George draai in die newels van die slaap op sy rug, en skrop vir hom ’n gemakliker lêplekkie tussen Craig se onderlyf en Andries se sterk, manlike arms. Andries maak sy oë oop, en trek George nader aan hom.

Die nuutgevormde sesmanskap besef in hierdie oomblik dat hulle tuis gekom het. Dat daar eindelose moontlikhede in hierdie huis is. Dat hulle die warmte, liefde, geluk en gemeenskaplike ondersteuning van ’n span het, en dat nie een van hulle ooit weer alleen sal wees nie.

Lees ook Paul Vermeulen se Man in die spieël. Paul wil graag hoor wat jy van sy werk dink. Skryf aan cursor_za@yahoo.com of stuur ’n mening aan dbbotha@mweb.co.za sodat ons dit op Gay@LitNet kan plaas. — Danie Botha



LitNet: 20 Februarie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.