GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

 

Paul Vermeulen

Ek is 25 jaar oud en is afkomstig van ’n myndorpie in die Noordkaap, genaamd Kathu. Ek woon sedert 1997 in Pretoria en is in die boekhoubedryf. Ek is die jongste van drie kinders, en die enigste seun. Ek het my eerste verhaal begin op 16-jarige ouderdom. Dit het gehandel oor ’n jong man se vrese (myne!) om uit die kas te kom by sy familie. My eie uitkomverhaal was gelukkig baie minder dramaties, en my ouers is nou my grootste vertrouelinge.

Man in die spieël

Paul Vermeulen

Het jy al ooit iemand gesien wat jy onmiddellik geweet het jy móét hom net hê? Het jy al ooit in daardie vlietende sekondes van oogkontak geweet dat julle vir mekaar bedoel is? Dat jy hom gaan hê? Iewers? Eendag?

Dit is net jammer dat al hierdie wonderlike gedagtes deur my kop flits in die middel van die oggendverkeer.

Ek sien jou vir die eerste keer in my truspieëltjie Dinsdag 22 April. Jy hou by die verkeerslig agter my stil. Jy kyk ’n oomblik in jou spieëltjie om seker te maak dat jou hare reg lê. Dit is blond, en nog nat van die stort waaruit jy ongetwyfeld so pas geklim het. My bene word lam, en ek bid dat die lig nie nou groen moet word nie.

Jy maak dan oogkontak met my. Jy weet ek kyk vir jou. Dit lyk nie asof jy dit af- of goedkeur nie. Jy kyk terug na my, en dan begin jy vroetel met jou hande. Sit seker jou radio se gesiggie op, dink ek.

Die lig word groen, en ek moet ry. Weg van jou af. Ek is sommer hartseer en geïrriteerd in daardie oomblik. Ek trek stadig weg. By die volgende lig hou jy weer agter my stil. Ek haal my motor uit rat en los die rempedaal effens, sodat my motor kan terugloop. Net effens. Net om ’n klein bietjie nader aan jou te wees. Sodat ek elke denkbare detail van jou engel-gesig kan memoriseer.

Jou kop leun teen die kopstut, en ek kan jou adamsappel sien. Ek snak na my asem. Ek wil naar word, en lag en huil en uitklim en jou gaan soen, en weghardloop en ’n pen en papier vat om jou gesig te probeer skets. Jy glimlag skielik. Ek skrik. Ek besef dan dat jy seker na die radio luister en iets amusant vind. Ek staar na jou perfekte, wit tande wat omring word deur jou perfekte mond. Ek besef dat as ek hier in my motor, op hierdie oomblik moet doodgaan, dit die moeite werd sal wees. Dat alles volbring sal wees.

Ek moet weer ry. Ek skeur my blik van jou gesig af weg, en trek onwillig weg. Ek neem die afdraai om op die snelweg te klim. Ek is verlig toe ek sien hoe jou wit motor agter my aan draai. Dan is ons op die snelweg, en ons verloor mekaar.

Ek is die hele dag omgekrap en kan nie op my werk konsentreer nie. Die middag probeer ek om weer jou motor te sien op die snelweg, maar tevergeefs. Jy werk seker laat.

Dit is eers die Vrydagoggend dat ek jou weer sien. Jy hou weer agter my stil. Jou blonde hare is weer nat en netjies gekam. My hart bokspring in my keel. Jy maak weer oogkontak met my. Ek wonder of jy my herken. Jy glimlag. Is dit vir my of weer vir iets op die radio? Ek glimlag terug, maar jy het reeds weggekyk. Die dimpels van jou glimlag is afgeëts in my verbeelding. Jou donker oë. Jou hande, wat jy gemaklik op die stuurwiel laat rus. Jy.

Ek moet weer wegtrek. Ek wonder of jy sal kwaad wees as ek my motor in joune laat vasloop. Dalk kan ek dan met jou praat. Probeer verduidelik. Ek lag vir my eie gedagtes. Jy hou agter my stil. Naby. Jou selfoon lui. Jy begin gesels met iemand. Die moue van jou swart hemp is effens opgerol, en daar is donker haartjies op jou arm. Ek is lam. Ek is dankbaar vir my motor se outomatiese ratkas. Jy lag. Ek wonder of dit ’n vriend is. ’n Lover? ’n Vrou? Jy raak skielik haastig, en kom verbygejaag met jou blink, wit motor. Ek word agtergelaat met my gedagtes.

Ek sien jou eers weer die volgende Woensdag. Jy het ’n donkerblou hemp aan, weer met opgerolde moue. Jy hou agter my stil, en ek is in die wolke. Ek moet jou hê. Nou. In die motor. Langs die pad. In die badkamer by die vulstasie. Ek moet. Ek moet … Ek wil jou ruik, jou voel. Ek wil jy wees.

Jy glimlag, en waai. Vir my?! Dit voel asof my hart wil gaan staan. Jy het vir my gewaai! Ek glimlag, en waai terug. Jy wys vir my iets met ’n reguit vinger. Wat?

Ek kyk skielik vorentoe, en sien dat die verkeerslig lankal groen geword het en dat ons die enigste twee motors is wat nog stilstaan. Ek voel geweldig dom, en trek haastig weg. Jy dink seker ek is die grootste idioot in die wêreld. Ek wens ek kon onder my motor se sitplek inklim en vir altyd daar lê. Ek is die hele dag onmoontlik by die werk.

Vandag ry jy voor my. Ek hou styf agter jou wit motor stil. Jy kyk in jou truspieël - en glimlag? Ek is nie seker nie. Ja, tog wel. Jy glimlag vir my! Ek wonder of dit nog steeds is oor my glips die ander dag. Ek glimlag terug. Wat nou? Ek wens ek kan uitklim en met jou gaan gesels. Ek oorweeg dit ’n oomblik, maar dan raak die lig groen, en jy trek haastig weg. Jy verdwyn oomblikke later tussen die ander verkeer. Ek is omgekrap. Was dit nou nodig om so vinnig weg te ry? Jy stel natuurlik nie belang nie. Dalk besef jy nie eers wat hier aangaan nie? Dalk weet jy nie dat ek verlief en verlore is nie. Dat my wese rondom jou draai. Dat ek jou móét hê.

Ek stuur my motor haastig na die snelweg, en begin ingedagte versnel. Dan sien ek jou wit motor langs die pad staan. Rook borrel by die enjinkap uit. Ek wil sommer verby jou ry net om jou te wys dat ek omgekrap is. Maar ek trap haastig rem, en hou agter jou motor stil. Jy kom aangestap na my motor. Jou hemelse lyf! Jy is langer as wat ek gedink het. Lank en lenig en pragtig. Ek dink ek gaan flou word. Sal dit nou nie pateties wees nie? Jy kom onseker langs my motor tot stilstand.

Dit is in daardie oomblik dat ek besef dat die wêreld ’n snaakse manier het om dinge te laat uitwerk. Ek gaan jou hê, dink ek terwyl ek senuweeagtig soek na die knoppie om die ruit te laat oopskuif. Ek gaan …

Jy buk langs my motor se deur, en glimlag daardie heerlike, perfekte glimlag. Jy ruik na ’n warm stort, ’n piekniek in die lente, na ’n waterval tussen die blomme.

“Klim in," sê ek hees.

Terwyl jy omstap na die passasierskant, besluit ek dat ek jou gaan hê. Ek was nog nooit meer seker van enigiets in my lewe nie. Geen krag op hierdie aarde kan my weerhou daarvan nie.

Jy klim langs my in, en ek kyk na jou gesig, vir die eerste keer hier naby my. Ek ken jou. Ek verstaan jou. Ek ruik jou. Asem jou in my wese in. Jy is myne. Ek gaan jou nooit weer laat gaan nie …

19 November 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.