GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Die eerste visioen van Yukio Mishima

Hennie Aucamp

Sy "eerste bliscap", om argaïes te klink,
vind plaas tussen boeke, toe sy roede hom hef
by 'n plaat van Sebastiaan, deur pyle getref:
vlamwit sy naaktheid met oë wat blink

van trane of ekstase, midde-in 'n bos.
Sluit Skoonheid en Pyn 'n mitiese bond
met Lus ingegooi, om 'n trits af te rond?
'n Seun het homself in 'n floute getos.

Sy skoot het die kunsboek met duime gemis
en hang, druppel drel, blind soos 'n vis-
oog, die eerste van 'n snoer
wat, rukkend na Niks, sy siel ontvoer.

Mishima het, nog vol in die knop,
oudword en saadskiet koelbloedig gestop.



*




Die tweede visioen van Yukio Mishima

Hennie Aucamp

Hoe het die kop in die pot gekom,
en het die jasmyn natuurlik geblom?
Lees maar "Die roos-elf" van Hans Christiaan A. -
'n storie besmet met 'n diep onbehae.

Net Mishima hyg. Sy doodshoof-kompleks
laat hom soos 'n laser deur erdewerk kyk
hoe binne die pot ontbinding sou lyk:
maar dan kom die nadraai wat nóg meer beheks:

die moord op die moordenaar, chemies beplan
deur bye en blomme, verenig in haat.
Orgasme het Yukio bedwelmd gelaat:
hy stotter nog ná, in ekstase se ban.

Toe sy eie kop val - o skyn-samoerai! -
het bronstige jong mans hul wapens gelaai?

Lees ook Hennie Aucamp se "'n Koppige relaas" en Yukio Mishima se "Confessions of a Mask".
Sien vir "Die tweede visioen van Yukio Mishima" veral Blue, nommer 45, Julie 2003.



LitNet: 19 Augustus 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.

DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.