GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Etienne Marais maak geskiedenis

Hy gooi klippe na Adam oor storie

DANIE:

Sedert ons reaksies op bydraes begin vra het, het ons, sover ek kan onthou, nog altyd boodskappe van aanmoediging en lof gekry. Daarmee is die goeie bydraes as 't ware aanbeveel by lesers.

Hierdie keer laat weet FRANCOIS byvoorbeeld vir FRIKKIE ERASMUS dat sy "Dertig jaar se moer" briljant is.

TWAALF MANNE stem saam en lus nog meer:

"Hoekom moet ons so lank wag vir nog stories? Ons is ‘n hele klomp mans wat angstig wag vir gaystories, maar die nuwes word nie uitgestuur nie. Waar lê die probleem? Die laaste een was van FRIKKIE ERASMUS. Wat ‘n uitstekende verhaal! Dit laat mens net besef dat daai band wat gebind word tussen sulke vriende nooit afgesny word nie. Die band van inmekaar wees sal altyd daar wees. Asseblief, kry vir ons meer verhale om te lees. Ons besoek die net elke dag met nuwe verwagtings vir die verhale, maar moet elke keer teleurgestel wees om daar nog niks is nie."

En ELLA KOTZE (van "Uit 'n oorlogsgebied"-faam) reageer soos volg op JOSH se "Die windmeulklap van 'Ek herhaal jou'":

"Fokkit, wat 'n potent storie (in more than one way ... ). Sterkte, broer, ons was al almal daar."

SUSAN skryf:

"Liewe, liewe Egon

“Ek het al so lief geword vir jou en al jou mense van wie jy met soveel deernis skryf. En ook vir Rolf, omdat jy hom met ons wat jou nuusbriewe verslind, gedeel het ... dankie. Dankie dat jy jou vreugdes, verwondering en ook jou seer so deel. Ek is so jammer oor julle verlies.

“Wees veilig en geseënd."

(Sien "Nuusbrief uit Israel 25".)

Maar nou kry ons die kwaaiste reaksie tot dusver. Dit kom van ETIENNE MARAIS. Hy het dit teen ADAM se "Rooikoppie":

"Ek het 'n ruk terug al die idee gehad om ‘Rooikappie’ in Afrikaans te herskryf. Ek sien toe die titel in die lys en dink, wel, iemand het my voorgespring, so, kom ons lees. Ek is egter uiters teleurgesteld. Ek wil nie preuts wees en sê dat dit te kru is nie, maar steeds. Ek het nog altyd eerder die Engelse tong-in-die-kies-humor verkies bo die blatante Amerikaanse humor wat niks aan die verbeelding oorlaat nie. Hierdie ‘storie’ was nie oorspronklik, snaaks of slim nie en uiters voorspelbaar ná die eerste paar sinne. Elke skrywer, amateur ofte nie, het seker al iets geskryf waaroor hy homself later geskaam het, en ek dink dis Adam se beurt dié. Die woord simpel en die frase mors my tyd het by my opgekom. Al waarvan ek gehou het, is dat dit so kort was.

"Ek voel sleg om in hierdie trant te skryf, want dan gooi ek klippe, maar ek voel regtig my tyd is gesteel. Buitendien stel dit die gay gemeenskap in 'n slegte lig – is ons nie al moeg vir "drag queens" en seks in toilette nie!?"

Ons wil maar alle smake en behoeftes bevredig. Eersdaags plaas ons 'n baie stemmingsvolle verhaal van Etienne, maar ook van die soort verhale waarvan die Twaalfmanskap blykbaar hou. Sommige lesers hou inderdaad nie van sekere aspekte in die gayleefstyl nie, maar die feit dat daaroor geskryf word, dui daarop dat dit wel steeds voorkom en daarom ondersoek en verwoord moet word.

Van "leefstyl" gepraat. 'n Laaste gedagte kom van ANDRÉ CROUS:

"Ek kry eers van onlangs af die weeklikse nuusbrief van LitNet en was effens verbaas om Gay@Litnet onder die "Leefstyl"-hoof te sien. Is dit per ongeluk, is dit aspris, of maak dit nie regtig saak nie? Daar is tog 'n verskil tussen gay wees en vegetaries wees.

"Dalk maak ek te veel hiervan, maar die bewoording is vir my 'n bietjie lastig."




LitNet: 10 Januarie 2006

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.