GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Kyk, skrywers, die lesers reageer!

Lesers se menings

Carel Coetzee, een van die LitNet-digters, aan Levinja oor haar "Pajokkies op die vloer":

Ek het jou kortverhaal op Gay@Litnet gelees en moet sê ek is baie beïndruk. Ek hou van jou skryfstyl en die manier hoe jy emosies uitdruk deur na alledaagse huistakies te verwys.

En Tooms laat weet:

Sê vir Levinja haar 'storie' ROCKS. Ek ken haar pad letterlik en figuurlik.

Tooms skryf ook:

Die tyd vir genesing is weinig en min.
Die leed van die liefde word minder besing.
Die somber gesigte word dragtig misgestaar.
En mense se woorde is baie naar.

Sou niemand kon sê hoe diep die liefde lê?
Sou niemand maar niemand vir my wou hê?

Jou trots is 'n rots wat harte breek.
Jou humeur verloor jy keer op keer.

My gedig is 'n klug.
My woorde word minder.
In Engels noem hulle my 'n "sinner".

Daan Botha het 'n artikel op Gay@Litnet gelees, vermoedelik dié van Willie Knoetze oor die gayparades. Dit laat hom waarsku:

Die Here het die mens geskape na sy beeld. As die mens met hierdie kultuur van gay wees voortlewe, is dit sonde in die oë van die Here. Ek sluit af met hierdie Skrifgedeelte: Galasiërs 5 vers 16 tot 26. Ek groet in die naam van onse Vader.

Jakes Trahms het laat weet dat Etienne Marais se "Die foto" 'n mens darem te depressief stem.

In "Meer as huur" vertel Paul Vermeulen van die klomp gay manne wat saamwoon en ook seksmaats uitruil. Paul berig dat iemand hom gevra het of hy wat Paul is, so iets sou aanpak - met die implikasie dat die "breë publiek" dit ongewens vind. Paul se antwoord was:

Nee, ek sal die spesifieke situasie beslis nooit oorweeg nie! Dit was pure fiksie, net soos die ander een van my oor die persoon in die motor.

Gay@Litnet is 'n webtuiste vir onder meer homoërotiese fiksie. Natuurlik sal daar stories wees wat mense afsit. Jy hou byvoorbeeld nie van die idee van 'n groep mense wat saambly en saam slaap nie. Daar is 'n ander storie op van 'n ou wat ander mense se bloed oplek. Dit gaan weer ander mense afsit (alhoewel ek die storie geniet het).

Die breë publiek het nie nodig om die gaystories op Gay@Litnet te gaan lees as hulle nie belangstelling daarin toon nie. Dit is nie openlik in Beeld of Huisgenoot gepubliseer nie (nie dat dit my sou pla nie!). Daar word duidelik gewaarsku op die webblad dat sommige tekste kan skok, en mense is dus onder geen verpligting om dit te gaan lees nie. Die karakters in die storie kon net sowel drie straight pare gewees het.

Gay mense, en ek sluit myself hierby in, moet ophou om te probeer lewe sodat die "breë publiek" hulle moet aanvaar. Ons is geregtig op ons eie kultuur, ons eie fiksie, ons eie bestaan. Stem jy nie saam nie?

Anton het vir Paul laat weet:

Ek het twee van jou kortverhale gelees op Gay@Litnet en wil net sê dat dit GOED was ... Hou so aan en sterkte met jou skrywery.




LitNet: 29 Junie 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op alle tekste. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.