|
Cobus van der Merwe
Terwyl Cobus van der Merwe (39) besig was met sy LLM aan die Universiteit van Kaapstad, besluit hy hy wil nie Engels praat, pakke dra en gholf speel om kliënte te werf nie. Daarom koop hy op 25 'n streekskoerant op Malmesbury. Ná 13 jaar verkoop hy dit in Mei 2002 aan Naspers. Hy skryf: "Selfs ná 'n dagga-oortreding het hoofregter Traverso my verlede jaar as advokaat toegelaat, maar om etiese redes (!) sien ek nog nie kans vir die beroep nie. Tans lê ek my toe op fotografie (kyk na www.gaydar.co.za/photolook) en skryfwerk. Ek ondersoek nou moontlikhede vir 'n Kaapse winkel in homo-erotiek, en enige voornemende mede-entrepreneur se oproep sal verwelkom word by 082 658 1888."
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |