|
jointedCobus van der Merwedie skrywer weet verhale is veronderstel om struktuur te hê: n logiese aanloop, opbou en slot. mooi saamgevat. maar wat nou van die kere dat mens net iets in die middel onthou? sonder om te weet wat die oorsaak was, of om enigsins om te gee wat die gevolg kan wees. net die klein stukkie in die middel. kan dit dan nie ook n verhaal wees nie? kom ek vertel: ek en r (my boy-friend) lê op die bed, n armlengte van mekaar, op ons sye na mekaar, elkeen met sy kop op n eie hand gestut. en die ander hand deel n joint, en ons gesels. oor-en-weer, oor-na-oor, mond-na-tand, land-en-sand. stadig, maar ammekaar, aan-mekaar, en ons geniet mekaar. * (dis die stukkie wat ek nie onthou nie: hoe Hy daar aangekom het) * terwyl ek en r gesels oor ditjies en datjies en die joint uitruil, naai Hy my boyfriend. hier voor my. in die agtergrond, pardon the pun. ek kom dit agter omdat r sy oë af en toe toemaak, sy lang wimpers laat sak, en sy asem dieper intrek. maar onstwee gesels tussendeur - of is dit hulle wat naai tussendeur? weet nie want tussen onstwee is daar niks wat pla nie en ons is verskriklik close soos ons gesels en die joint uitruil en ek proe sy spoeg kort-kort en soms soen ek hom en sy wimpers is so mooi op n afstand as hy sy oë so af en toe toemaak en sy asem intrek. dan vat ek n diep trek en gee vir hom aan as hy sy oë weer oopmaak en ons kyk mekaar lank in die oë en ek hou van sy wimpers rondom en ek dink god-is-goed-vir-my en tien punte vir die omboorsel die joint was klaar toe hy al vinniger begin asemhaal en ek-en-hy soen en mekaar proe en soen en hy hyg en ek hoor Hom hyg. en toe raak dit stil en ek hoor net onstwee soen. en ek lê later terug en onstwee kyk tegelyk na sy saad op ons mae en op die laken en ons begin giggel en ek strengel my bene om syne en sê jirre nou voel ek jointed en ons lag saam en ek maak my oë toe en ek wens my wimpers lyk ook so mooi soos syne … * (en ons hou mekaar vas en raak vas aan die slaap sonder om te wonder hoe Hy weer by die huis gaan kom … seker maar omdat onstwee is waar ons moes wees)
Oor die skrywer: NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks: letterkundige kommentaar,
of n e-pos oor die tema. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |