Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Die leë hoekkantoor

Kytie Koekblik

Thinking positive is always the best thing to do. One should never give up no matter what the situation. — Nischal Patel

In ’n leë kantoor in Washington DC hang daar steeds ’n vlag van Tanzanië. Soms gaan staan ek in die kantoor en kyk hoe die lig deur die vensters val en die hele kantoor helder verlig. Soms kyk ek na die swart leerstoel se armleunings, en wonder of ’n mens jou afdrukke los op materiaal en op dinge; ek wonder of daar dalk nog ’n duik sou wees waar jy eers in die stoel weggesak het, of ’n paar hare wat uitgeval het. Of ek kyk na die keyboard en wonder hoe lank ’n mens se vingerafdrukke daarop kan oorleef.

Elke liewe dag dink ek aan my baas wat eers in die ligte hoekkantoor gesit het.

* * *

Soms leef ’n mens binne ’n kort tydjie baie lang jare saam met iemand. Soms word jy binne ’n jaar sommer baie ouer. Soms kom daar mense oor jou pad wat jou anders na die wêreld laat kyk; soms kruis iemand jou pad wat jou onverwags ’n kans gee en die koers van jou hele lewe verander. Soms ontmoet jy iemand wat jou laat besluit watter soort mens jy wil wees. En soms word jy net ’n kort tyd saam met daardie mense gegun.

* * *

Ek sou die programbestuurder Nischal Patel net ontmoet vir ’n informele praatjie oor die moontlike werksgeleentheid om meer te leer oor die organisasie. Dit was nie ’n formele onderhoud nie. Ek het nooit ’n formele onderhoud met hom gehad nie. Ons het seriously geshoptalk en gebrainstorm en gepraat oor Suid-Afrika, en ek het daardie dag uitgestap met ’n job offer.

Toe ek daai dag in Januarie 2003 vir Nisch ontmoet het, het een van my kollegas vir my gesê hy is “one of the nicest people that you’ll ever meet”.

Nischal het my geïnspireer met sy passie en sy visie. Net soos hy as ’n gebore Tanzaniër ’n verskil kon maak in die VSA, en aktief kon advocate vir African affairs en economic development, sou ek ook as Suid-Afrikaner dit kon doen. Soos Nisch ’n ambassadeur kon wees, kon ek ook. En Nisch het my die kans gegee.

Nisch het ’n kans gevat om my aan te stel. Nisch was bewus van moontlike reservations oor my velkleur en my Afrikanergeskiedenis. Hy moes ook gewonder het hoe ek as wit Suid-Afrikaner uit die apartheidstelsel aanvaar sou word in allerhande kringe binne die African diplomatic corps en onder my eie landgenote. Ons program fokus op black economic empowerment, en ek is ongelukkig selfs witter vandat ek hier die VSA se East Coast-winters beleef.

Daardie dag het ek uit sy kantoor gestap met ’n job wat my lewe verander het. Ek, wat uit die ou apartheidsbestel kon voordeel trek, sou nou kon werk aan ’n program waaruit Suid-Afrika kon voordeel trek. Nisch het my die kans gegee om ou wit Afrikaanse politieke stereotipes aktief teë te werk. Hy het in my geglo. Hy het geglo dat ek ’n nuwe generasie Suid-Afrikaners verteenwoordig.

My eerste dag op kantoor onder my nuwe baas was Valentynsdag. Vrydag 14 Februarie. Wat ’n rooskleurige dag! Ek het gevoel asof ek ’n ruiker by die lewe gekry het: nuwe job en ’n great baas, en obviously ook my Ultimate American Boyfriend, wat net so hard saam gebid het dat ek die ideal job kon kry.

Laas jaar November, een van sy laaste weke op kantoor, het Nisch en ek gesels daaroor. Ek is gelukkig dat ek die geleentheid gehad het om dankie te sê vir Nischal. Vir Nisch het dit nooit gegaan oor race of oor orientation nie — dit was jou intensies wat getel het.

Vir die res van my lewe sal ek altyd dit aan Nisch verskuldig wees. Sal ek altyd dankbaar wees. So het Nisch dan ’n nuwe hoofstuk in my lewe begin.

* * *

In Maart 2003 het Nisch ’n dag afgevat om te trek in ’n nuwe huis in. Dit was die eerste huis wat hy en sy vroutjie gekoop het. Hy en sy vroutjie het ook hulle eerste babatjie verwag.

Daardie Maartmaand, op die ouderdom van 31, is hy ook gediagnoseer met kolonkanker.

Nisch was die soort mens wat ek graag wil wees. Hy het sy alles gegee vir sy werk en altyd in die belang opgetree van die organisasie — nooit na sy eie belange omgesien nie, maar altyd na dié van ander en van sy werk. Ek weet nie hoe hy dit reggekry het nie, maar hy kon altyd ’n balans vind tussen alles in sy lewe, selfs in die laaste paar maande wat so verskriklik traumaties was.

Toe ek die eerste keer Nisch se vroutjie ontmoet het, hoogs swanger met hulle eerste dogtertjie, het ek gedink hulle is die mees perfekte couple. En later, toe klein Shreya Patel haar opwagting maak, was hulle die perfekte family unit en Nisch een van daai pa’s wat nou al worry oor boyfriends.

Hoeveel maal sou hy ons vertel hoe hy na werk by die huis kom en met Shreya “speel”. Hoe speel ’n mens met ’n pap babatjie? Later het ek die bond tussen pa en babatjie self gesien — hy kon net haar naam sê dan draai die kleine babatjie se koppie en sy glimlag breed.

Nisch en sy vrou se liefde vir mekaar en hulle dogtertjie het die hele gesin laat gloei — die mees perfekte klein gesinnetjie wat ek al ooit ontmoet het. Ek sal altyd so aan hulle dink.

Nisch was nie net ’n fantastiese baas wat altyd professioneel opgetree het nie — hy’t ook in jou as persoon belangstel. Hy het nooit begin werk uitdeel voor hy nie eers gevra het hoe dit met jou gaan nie. Hy’t altyd gevra hoe gaan dit met my familie in Suid-Afrika, of hoe gaan dit met my boyfriend. Elke dag. Nooit te besig of te belangrik om jou nie te laat voel dat jy en jou werk ook belangrik is nie. Hy het eindelose geduld gehad as ek minstens vyf maal op ’n dag aan sy deur klop met nog ’n vraag of nog ’n idee.

Nisch sal altyd een van die mense wees in my lewe vir wie ek die meeste respek het. Ek het so baie van Nisch geleer oor wat ware integriteit is. Hy het altyd die regte ding probeer doen - hy was ferm en aanpasbaar met ’n warm persoonlikheid. Hy kon almal in die kantoor laat glimlag.

Ek het ook van Nisch geleer hoe om ’n glimlag te hê wanneer jou hele lewe rondom jou in duie stort. Hy kon selfs glimlag ten spyte van die feit dat hy eenmaal in ’n e-mail geskryf het: “I’m scared to death.” Hy het dwarsdeur die verskriklike kort jaar wat sy lewe kortgeknip het, gegrap met almal. Chocolates aangedra kantoor toe vir almal — my kollegas het gereeld Nisch se laai gaan raid vir South African chocolates, sy gunsteling. Ek onthou die e-mailtjies waarin hy skryf dat sy verpleegster so nice is en die talle grappies wat oor cyberspace aangestuur word terwyl hy sy chemoterapie ontvang.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Ek het by Nischal geleer om positief te wees, maak nie saak wat oor jou pad kom nie. Ek het by hom geleer hoe om jouself as net ’n relatief klein spekie in ’n groot rollende wiel te sien. Ek het by hom geleer dat ’n mens nooit verstrik kan raak in jou eie pyn en plesier nie.

Nisch het eendag vir my gesê: “You don’t automatically get someone’s respect. You have to earn respect.”

* * *

Eendag toe ek in die hoekkantoor gaan goeie nag sê het, het Nisch die brosjure van ’n diamond-handelaar uit sy laai uitgehaal.

“Give this to your boyfriend,” het hy gesê.

“I can’t, I’m too shy.”

Hy’t aangedring en gesê hy gaan vir die Ultimate American Boyfriend vra of ek dit wel vir hom gegee het. Ek was te skaam en het die ding iewers in ’n stack papiere ingedruk. Nou, ’n maand na sy begrafnis, soek ek soos ’n mal mens vir die ding. Iets om my aan hom te herinner en vir ewig daai oomblik te onthou.

Nisch het ook keer op keer gesê hy wil hierdie jaar, 2004, ’n troue in Suid-Afrika bywoon. Skimp-skimp.

Dis weird om aan jou troudag te dink sonder om te droom oor jou rok en die date te picture, om daaraan te dink in terme van die speech wat jy wil maak. Al soveel maal oor die afgelope maand dink ek daaraan.

Nisch is oorlede op 28 Februarie 2004. Kort voor sy dood het hy vir my gesê hy mik om weer die 1ste Maart terug te wees op kantoor. Die 2de Maart was sy begrafnis. Hy het nooit opgehou positief dink nie.

Eendag, wanneer my troudag wel aanbreek, sal ek sê: “This toast is to a role model of mine who cannot be with us today. Nisch always said he wanted to attend a wedding in South Africa.”

Dis as ek wel die kans gegun word om te trou, in ’n toekoms wat so onseker is. So onseker dat mense vir wie jy omgee, een dag daar kan wees en die volgende dag soek jy vir tekens dat hulle wel bestaan het.

Eendag ook, hoop ek ek kry die kans om vir klein Shreya te vertel hoekom haar pa altyd een van my rolmodelle sal wees.

Miskien sal ek nooit verstaan hoekom ’n mens soms eerste moet afskeid neem van die beste mense nie. Die minste wat ek kan doen, is om sommige van die lesse wat ek by Nischal geleer het, op my eie lewe toe te pas.

Vir my sal daar altyd ’n leë kantoor wees in die hoek waar Nischal gesit het.



LitNet: 20 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

to the top

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.