Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kytie en die potlood

Kytie Koekblik

“You should get in touch with reality,” het die besonder siniese blasé joernalis vir my gesê hierdie week.

Ha-ha. Ek dink dit is ’n kompliment.

Natuurlik is dit ’n soort unreality/movie-like adventure om jouself skielik op 23 in die gange van die president van die magtigste land in die wêreld se offisiële gastehuis te bevind.

Toe ek seker was Secret Service kyk nie vir my nie, toe gaps ek ’n potlood of twee waarop staan:

    Blair House. The President’s Guest House.

Die siniese joernalis het natuurlik ook potlode gegaps. “It’s for my children,” het hy gesê.

Ja, ja, whatever. Dis ’n sad gevoel as jy die dag jou excitement moet wegsteek, of as jy gewoond raak en dinge for granted vat. Natuurlik kan ’n mens seker nie van Clinton/Bush of ABC se kameraman of die Ambassadeur van Suid-Afrika verwag om te opgewonde te raak oor hulle miljoenste keer in die Wit Huis nie. Maar vir wat moet jy ander mense se excitement probeer ondermyn?

Dinsdag was die groot dag. President Thabo Mbeki en president George W Bush het mekaar in die Oval Office gaan ontmoet, en hulle het ’n kort statement gemaak voor ons klomp joernaliste.

Ek was nog nooit eers ’n toeris in die Wit Huis nie. Ek het vir my Suid-Afrikaanse vriende gesê: “Don’t worry, my time will come.”

Toe kom my tyd dié week met die besoek van president Mbeki.

Dit was so half onwerklik. Daar sit ’n groot groep blasé, siniese middeljariges gereed met vrae wat hulle vooraf bepaal het. Hulle stories is reeds geskryf in hulle koppe; al wat hulle nodig het is ’n sterk quote om by hulle agenda in te pas.

Dit is eintlik soos ’n joke. Die twee presidente gesels vir ’n token halfuurtjie as figure heads van hulle lande en daarna hoop hulle maar vir die beste; hulle hoop maar die joernaliste gaan hulle nie kruisig in die koerante nie. En met joernaliste weet ’n mens mos nooit nie.

Nie een van die joernaliste het regtig omgegee wat nou eintlik presies in daardie ontmoeting gebeur het nie. Dit is mos die golden opportunity om jou vrae te vra wat jy nog altyd wou weet. Natuurlik die mees sensasionele vrae ...

“You questioned the link between HIV and AIDS ...” en “Why aren’t you at the UN AIDS conference, President Mbeki?”. En al wat die joernaliste eintlik by Bush wil weet, is of hy enigiets weet van Suid-Afrika en die AIDS-pandemie. En Bush sê: “The AIDS pandemic in Africa is terrible.”

Ek kon nie help om te giggel nie. Ek staan in die kantoor waar bepalende dinge in ons wêreld gebeur en al wat die magtigste president in die wêreld te sê het, is dat daar ’n terrible probleem is in “Afrika” — daardie kontinent wat nie uit lande of presidente bestaan nie maar uit ’n klomp siek mense.

Where’re you from?
South Africa.
Which country?
That IS A COUNTRY.

Ek kon nie help om te dink nie, ons speel hierdie moviese game voor die penne en kameras en dis net ligte, aksie en press statements en die press gaan in elk geval skryf wat hulle op hulle eie agendas het en quotes gaan uit verband gehaal word soos ek gedoen het met “The AIDS pandemic in Africa is terrible.”

Die konteks waarbinne Bush dit gesê het, liewe leser, is die volgende: Bush sê ons moet Suid-Afrika en Afrika support, en Bush sê die United States is die leier in die stryd om AIDS omdat hulle die grootste finansiële bydrae maak.

Dit was My Interpretasie.

Ek het bitterlik jammer gevoel vir president Mbeki. Ons het almal kontroversiële opinies en ons is nie almal presidente nie. Maar dit is asof almal uit is op ’n mission om arme Mbeki te kill.

Hy is ook natuurlik besig om ’n lang uitgerekte political suicide te pleeg. Toe hy gevra word oor “the link between HIV and AIDS” toe sê hy iets in die lyn van: “I don’t know, my personal opinion is not relevant, that’s what the scientists say, and we need to respond to the body in a comprehensive way.” Natuurlik is dit toe weer eens headlines.

Jammer daaroor. Want wat ons president eintlik probeer sê, is POVERTY is MAAR ’n MOEVIESE PROBLEEM. Geen probleem — nie die crime of die ekonomie of die Infectious Diseases of die totale collapse van die labour force binne die volgende paar jaar nie — gaan opgelos word as ons nie IETS WAARAGTIGS doen omtrent die lifestyle conditions van ons mense nie. Water en kos — jy kan nie van AIDS-medisyne alleen leef nie. Hoe’t Mbeki gesê? “Some diseases are caused by poverty and they also cause poverty&nbps;…” — so iets van dié aard.

Een jaar in die media en ek begin te dink, dis scary games. En wat ’n game is politiek nie in hierdie stars en stripes country nie. Dis net woorde en foonoproepe. Talk, talk. Bush oppie TV, Mbeki in die headlines en as ons joernaliste dalk moet eerlik wees, wonder ons watse werk wie nou eintlik doen, including ons. Ek kry ’n joint statement of luister na ’n kort on-the-record media statement en dan skryf ek vir die wêreld wat ek dink gebeur het in die ontmoeting tussen Mbeki en Bush.

In elk geval, ek het besluit ek wil niks meer weet van negatiewe berigte of anecdotes oor Lewe In Suid-Afrika nie, nie van Mbeki of die Ambassade of George W Bush of my liewe ekspat-vriende of my Baas of medejoernaliste of my ryk oom of my middelklas-familie in SA of my werklose vriende wat hulle dae deurbring voor die TV nie. Ek gaan net vir die carguard luister wat op Mandela-straat werk in die mooiste Kaap.

Die carguard dra ’n helder orangje jakkie, want die munisipaliteit het hom aangestel. Hy glimlag groot en vertel vir my dat hy in sy vroeë twintigs is. Hy bly in die township en commute elke dag met ’n taxi.

“There is no work,” se die carguard. So hy maak seker dat wiele en wieldoppe nie afgesteel word nie en dat jou vensters heel is en dat vandale nie lelike woorde op jou bonnet krap nie. Hy verdien ’n salaris so klein dat ek nie weet hoe op die liewe aarde hy oorleef nie.

Ons het ’n WARE POLITIKUS gehad in Mandela, en hy’t geweet wat dit beteken om vir die people te werk. Hy’t empatie en passion gehad. Dit was NOOIT VIR HOM ’n GAME NIE, DIT WAS NOOIT VIR HOM NET PRAATJIES NIE, DIT WAS EN IS SY LEWE.

En ek gaan vasklou aan my red-suid-afrika-idealisme, ten spyte van al die doemprofete. Ons kan en moet ’n verskil maak. So ek wil g’n niks klagtes hoor nie, en ek wil niks weet van joernaliste wat aan my vertel “you should get in touch with reality” nie.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.