Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“So what are you?”

Kytie Koekblik

Ons het in ’n elegante klein Franse bakkerytjie gesit, in die middel van die ryksmans-yuppiestad Bethesda.

Hy is ’n goeie 30 jaar ouer as ek, sy hare al grys, ’n beroep in die World Bank en universiteitsgrade agter sy naam. Hy is ’n belese wêreldreisiger met ’n geskiedenis in die ANC, ’n exile wat al amper 30 jaar in die VSA bly.

Ons het gepraat, bolangs politiek, meestal oor die new emerging South Africa en Thabo Mbeki. Altwee van ons op ’n vlotlose Engels. My aksent is so half vervorm deur die talle Engelstalige vriende en vyf jaar op Rhodes en ’n jaar tussen die Yanks, so ek klink so half soos ’n Britse surfer wat te lank in Amerika gebly het en dalk ’n jaar of wat Spaanse klasse geneem het om die “r” te kan rol. Dis seker hoekom hy nie onmiddellik die Afrikaanse aksent kon herken nie. Hy het dus nie besef hy sit saam met sy voormalige enemy om die tafel nie.

Skielik het hy gevra: “What tribe are you from? Are you a boer-trekker?”

Ek het gestik in my dekadente koppie Franse koffie.

“You mean ’n Voortrekker?”

“Yes, I mean a boer?”

Ek wil nie met “boere” assosieer nie, het ek gesê. Ek vind dit ’n offensive term; dit het hierdie rightwing connotations, het ek lomp probeer verduidelik. Net soos ek nie met die Voortrekker in die neonpienk rok wat in ’n glaskas in die embassy gepreserveer word, wil assosieer nie.

“I have waited 34 years to meet a Dutch woman,” het hy gesê, so entoesiasties soos ’n kleuter. Ek het nog nooit iemand ontmoet wat my soos ’n eksotiese spesie behandel nie, behalwe miskien die Kubane wat nie kon glo daar is wit mense in Africa nie, en ’n autenthic New Yorker wat ook nie besef iemand het eendag amper die hele Afrika gekoloniseer nie. O ja, en eendag het drie rêrige Dutch boys genoem dat ek “eksoties” is omdat ek hulle taal kon verstaan en praat, en boonop ’n deel van Hollandse geskiedenis ken waarvan hulle nie eers geweet het nie. Ek het dan vir Jan van Riebeeck by sy naam kon noem. En boonop kon hulle nie glo in my landjie verwys sekere tribes na my tribe as Dutch descendants/Dutchmen/boneheads nie.

Ek is g’n ’n Dutch woman nie, het ek beswaar gemaak. Ek het dit teen hierdie terme; ek het mos alle reg daartoe in ’n demokrasie. Net soos sommige “people of colour” genoem wil word en soos sommige na hulself as “whites” verwys en soos ander individue — including die exile — verkies om nie na hulself as “black” te verwys nie. Hy sê “black” verwys na ’n massa, en nie na ’n spesifieke kulturele groep nie, so hy wil eerder “African” genoem word.

“But you’re from Dutch descent aren’t you?”

Nee, het ek begin praat. Ek het al honderde male in my lewe aan British of English of Zulu Suid-Afrikaners en aan Hollanders en Amerikaners verduidelik dat my kultuur g’n niks te doen het met Dutch kultuur nie, alhoewel daar na ons ou volkie as Dutchmen verwys word. Dutch kultuur is meer foreign vir my as ander foreign konsepte soos sommige van my bure in die suidelike voorstede van Kaapstad se foto’s van die Queen teen hulle mure.

“So what are you?” het hy gevra.

Volgens sommige is ek ’n Suid-Afrikaner. Volgens ander is ek tans ’n expatriate. Volgens ander is ek ’n legal alien in the United States of America. Volgens sommige ontken ek my rêrige Europese roots as ek aanspraak maak op my Africanness. Volgens ander is ek ’n boerenooi en dit is ek definitief nie. Ek is ’n city girl, ’n stereotipiese kleindorpie-girl en globalisasie het my getransformeer in ’n meer liberale kosmopolitaan. Tans is ek ’n gefrustreerde produk van bland suburbia. In sommige kringe staan ek bekend as rockspider, in ander as ’n “latent rascist because we all are”; in ander sirkels word ek dalk gesien as ’n rassis in denial; in spesifiek Afrikanersirkeltjies is ek een van daai liberals wat Rhodes toe is en nie Stellenbosch toe nie; in ander kringe is ek Afrikaan; en die meerderheid verwys na my as Afrikaner of die glo meer polities korrekte Afrikaanssprekende.

“I’m apparently descended from the French Huguenots,” sê ek. Wat ook al dit mag beteken. EK was nog nooit in Frankryk nie en ek praat nie Frans nie. Ek het al die African Americans gevra waarom hulle na hulself as African Americans verwys. Een het aan my verduidelik dat hulle nie hulle American roots wil claim nie, omdat Amerika hulle in die steek gelaat het. Daarom val hulle terug op hulle African heritage.

So wat staan moins te doen?

Ek is ietwat skepties oor nasionalisme na ’n ekstreme nasionalistiese regime. Maar ek is so half aan die happy kant as die ambassadeur in DC sê: “Once a South African always a South African.” Die exile reken: ”You’re a global citizen. We live in a global world.”

Dit cool ding omtrent hierdie global world is dat ek vir die eerste keer buite Suid-Afrika met ’n exile kan sit en gesels oor die isolasie en hoe dit ons vir ewig met chips op die skouer gebles het.

Die exile het my soos ’n kulturele fenomeen behandel.

“I have always wondered why Dutch men were so protective of their Dutch women,” het hy gesê.

Toe sy vrou hom op sy sel bel, toe begin hy lag.

“I’m having a ball with the enemy” sê die exile. “I think my old friends who have all died during the struggle would turn in their graves if they see me with an Afrikaner. There was a time when I believed the only good white is a dead white.”

Die “enemy” het ook ’n ball gehad. Ongelooflik hoe change moontlik is.

Hopelik is change ook moontlik met die ou school-boere? Hier in die ekspat-kringe staan hulle bekend as die ”when-we’s”. Dalk kan ons actually almal eendag na onsself as South Africans verwys.

Sommige dae dink ek hierdie hele ding van druk jou in ’n botteltjie en ’n label opplak is sommer bollie. Soms wil ek ’n identiteit hê; soms is ek oorbewus van my identiteit wanneer my ma vir my verskrompelde stukke gedroogde vleis per pos aanstuur en my American housemates hulle neuse daarvoor optrek en sê dit lyk “nasty.”

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.