Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Katie tob daaroor of sy ’n bom moet plant of nie

Hierdie week het ek gewens ek sou ’n bomplanter kon wees. Ek wens ek kon almal met idees wat ek nou eenmaal nie kan verstaan nie, wegblaas .

Dink jou dus in in die volgende scenario: Kytie Koekblik, Afrikaner-chick met balls, word ’n terroris. Sy gaan op ’n undercover ekspat-ekskursie na Powderly, Kentucky, in die middel van al die rooinekke in Amerika. Die okkasie is ’n “Nordic Festival” waar daar bands optree; daar is ook speletjies, stalletjies en gassprekers.

Op die oog af lyk dit soos ’n familiefees, maar moenie geflous word nie. Slegs “white racialists” word uitgenooi. Die Nordic Festival, wat in Mei-maand plaasvind, word georganiseer deur die Imperial Klans of America of the Ku Klux Klan, en slegs “kinsmen and women” word toegelaat. Kinsmen en women sluit alle “Christian Identity” (ver regse Christen-groepe), Klans en Skinheads of Neo-Nazi-groepe in. Die soort mense wat glo die Holocaust het nooit plaasgevind nie.

Daarom Kytie Koekblik se bomplant-bravade. In die VSA se vrye samelewing, in die nation of the free and the home of the brave, word daar aan hierdie mense vrye teuels gegee.

Dit is demokrasie, verdedig my nouveau-yuppie Amerikaanse vriende die tweede amendement van die Konstitusie van die Verenigde State van Amerika. Dissidents het stemme, al maak hulle hulle skuldig aan hate-speech.

Dit is angswekkend.

Tydens hierdie Nordic Festival in die middel van die boendoes in Amerika word swastikas en kruise aan die brand gesteek. Dit klink soos ’n bangmaak-movie, maar dit is die reine waarheid. Die leuse van die spul lelieblanke verregses is “White Unity, White Pride means White Power and White Victory!!!”

Daarom dat my trane sommer onverwags gekom het hierdie week in die middel van ’n groot skoolsaal in ’n minderbevoorregte African American gemeenskap. Rondom my was ’n groep mense met ’n kollektiewe visie waarvoor hulle hulle tyd en energie gee: Om hulle skole te verbeter, om ongeletterdheid uit te wis, om groot containers met klere en boeke na Suid-Afrika te stuur. Hulle staan saam. Unity.

Maar hulle is die “verkeerde” kleur in die oë van die “white racialists”. Ons eie Ladysmith Black Mambazo het spesiaal opgetree tydens hierdie liefdadigheidskonsert. Die stoele was leeg, en die meeste toeskouers was jong kinders en hulle ouers wat seker nooit sal besef dat hulle so pas ’n Grammy Award-winning, Academy Award-nominated groep for free gesien het nie. Wys aan my een nog ’n wêreldberoemde kunstenaar wat voor gewone mense in ’n minderbevoorregte gemeenskap sal optree. En dan boonop agterna die locals ontmoet en hande skud.

Terwyl Joseph Shabalala en sy groep daar staan en sing oor die “Long Walk to Freedom”, toe ontdek ek hierdie kwaad in myself. Hierdie haat, ’n kanker. Noem dit maar narrow-mindedness, ’n onvermoë om wat ek nie kan verstaan nie, te probeer verstaan  …

Dalk is daardie kanker my reaksie teen ons eie hartseer Afrikaanse geskiedenis. Dalk ’n reaksie teen hierdie sogenaamde vrye samelewing in die Verenigde State waarin rassisme soms so onverwags sy kop uitsteek op ondenkbare plekke.

Vanoggend staan ek by ’n tradisionele black universiteit, Howard University, tydens ’n seremonie om anti-apartheid-Amerikaners te vereer. Ons trek weg met Nkosi Sikelele, en my armhare staan orent. Al hierdie mense is gebind deur ’n gesamentlike cause, dink ek. Hulle het geveg vir “equality, justice and freedom.”  … En ek voel daai kankertjie saamtrek  … ek dink aan die African American-student wat aan my gesê het, “As ek in die pad afstap sien mense nie ’n student nie, hulle hou hulle handsakke stywer vas.” ’n Kastige self-imposed exile uit SA, en ’n army veteran, verkondig mos in die VSA dat hy weet die Amerikaners sou baie graag aan hulle swartes wou doen wat ons aan ons swartes gedoen het.

Oom Sam, laat ek vir jou ’n ding vertel, as ek president was, het jy nie amnestie gekry nie. Die oom was vir ’n tyd die National Alliance, ’n neo-nazi-groep in die VSA, se “membership recruiter”. As ek president was, het ek sowaar my intelligensiediens uitgestuur om hom voor die hof te daag en amnestie te weier.

Dalk moet ek ’n hacker word.

Die hele worldwide web wemel van die ongelooflikste webwerwe waar haat gebrou word. Ek wou eers woedende boodskappe na al die webwerwe stuur, maar dit help mos net niks nie. Maar wie kan nou met klipkop-neonazi’s argumenteer? As ek ’n hacker is, kan ek hulle websites besoedel met virusse wat ek sal doop the “liberal” virus. Of the “anti-white supremacist” virus.

Dis daarom dat ek hierdie kwaaie Kytie Koekblik-kolom moes skryf, al help woorde ook net niks.

Ek is kwaad vir hierdie Internet wat aan lafaards beskerming gee om hulle patetiese idees te verkondig. (En ja, ja, elkeen het die reg op sy opinies volgens die konstitusie, ek weet  …) Ek is kwaad vir hierdie groepe wat almal artikels oor Suid-Afrika op hulle websites sit waarin hulle die postapartheid-Suid-Afrika bespreek. Ek is nog meer kwaad vir die drommel wat die “Klan of South Africa” begin het op die Internet. Ek wens ek kan weet hoe lyk hierdie gesiglose Klanman. Instede van agter hulle robes en hoods weg te kruip, kruip hulle deesdae agter websites en email-adresse weg.

En ek weet by daardie Nordic Fest sal hulle gesigte hê. Dalk sal ek dan verstaan wie die vyand is en hoe die vyand dink. Ek wil sommer die hele kampterrein van die Nordic Fest gaan opblaas en hoop dit is die laaste sien van die blikkantien en hoop dat dit die einde van hierdie wêreld se verdomde geskiedenis is waarin daar teen people of colour gediskrimineer word.

But alas, dit gebeur mos net in die movies, sulke happy endings. En ek is ’n skrywer, nie ’n aktivis nie. Dus genoeg gal gebraak.

Een gesprek met Joseph Shabalala is genoeg om my hart sag te maak. Daar is ’n man met ’n leuse wat hy uitleef: “As long as I am alive, I will help others.”

Ek sal nooit ’n bomplanter kan wees nie; ek spoeg en skiet maar met woorde. Of ek memoriseer sulke pragtige sinne van 68-jarige veterane soos Joseph Shabalala.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.