Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kytie se Kubaanse reisjoernaal

Dag een: The plot thickens ...

Om die een of ander rede het ek vooraf die gevoel gehad dat Kuba my sou verander. ’n Klein onsekere stemmetjie het binne-in my gepraat: Kytie Kytie, waarom nou in ’n kommunistiese staat gaan vakansie hou? Is dit nie gevaarlik nie?

Ek het nie ’n joernalistieke permit gekry nie, alhoewel dit my voorneme was om as joernalis te gaan werk — ’n undercover vakansie.

Rooi liggies wat ek ignoreer

’n VSA-joernalis wat in Washington DC bly, het my vooraf gewaarsku. “Don’t approach people with a notebook. You will attract attention. Journalists have been detained without the right working permit.”

’n Ander joernalis het my aangeraai om nie ’n permit te kry nie. “If you have a permit, you’ll be under constant surveillance,” het hy gewaarsku.

Mites oor Kuba, gerugte, persoonlike ondervindings — ek het nie geweet of ek moes bang of opgewonde wees nie. Ons het mos op die Rooi Gevaar grootgeword ...

“Destination Cuba” was ’n projek wat ek aangepak het sonder enige ondervinding van immigrasie, of van reisagente. En Kuba is nie die maklikste plek op aarde om na te reis nie, veral nie vanuit die Verenigde State nie. Dit is eerstens onwettig, maar die feit dat ek joernalis is, het my glo vir ’n algemene lisensie onder die VSA-wette laat kwalifiseer. Tweedens is buitelandse joernaliste, veral VSA-joernaliste, nie besonder welkom nie.

Ek sal seker nooit daardie ongelooflike gevoel van verligting vergeet toe ons uiteindelik in Kuba land nie. Die vliegtuigrit self was ’n ervaring soos min: ’n outydse Russiese vliegtuig met gehawende sitplekke en passasiers wat nie vir ’n oomblik ophou babbel in Spaans nie. Ek het in die heel agterste, kleinste, donker hoekie van die vliegtuig gesit met ’n paniekaanval en ’n donderende hoofpyn — in my lewe was ek nog nooit so kloustrofobies nie.

My reis het definitief nie goed begin nie. Na ons deur die doeane in Kuba is sonder voorval, het ek vir die eerste keer die kenmerkende opgewonde reisgoggas voel byt. Maar natuurlik is dit moeilik om rekening te hou met ’n toeragentskap wat aan ’n regering behoort. ’n Bespreking vir die eerste nag in Kuba in ’n staatshotel is glo verpligtend, en ons het onsself ten duurste in ’n staatshotel ingeboek in die middel van die hoofstad Havana, in ’n woonbuurt met die naam Vedado. Ons sou slegs drie dae in Havana wees en ons moes die meeste daarvan maak.

Ons luukse bus het ons buite die Jose Marti International Airport ingewag. Ek wou my eerste indrukke van Kuba inprent in my geheue, om nooit te vergeet nie. Die verdwaalde palmboompies, die polisiemanne, die uniforms, ’n huilende Kubaan wat met sy kop rus op die stuurwiel van ’n ou kar wat uit die jare toet uitkom. Langs hom het ’n dreigende polisieman met ’n notaboek in die hand gestaan … Indrukke wat rym met al die mites oor die kommunisme.

Ons luukse bus het ons na die Hotel Flamingo geneem. Op pad is ons gewaarsku deur ons toergids: Moenie sentimenteel raak nie. Wat dit ook al sou beteken. Ons het eers heelwat later besef wat hy bedoel het.

Buite die hotel het die toergids se praatjie ewe skielik opgedroog. “I think there might be a problem with your reservation, but I’ll check,” het die mannetjie gesê, en verdamp. Binne oomblikke was hy terug. “We’re taking you to another hotel.”

Binne nog oomblikke was ons op pad na ’n toeriste-oord omtrent twintig myl buite Havana. Ons was geensins beïndruk nie, en het vermoed dat die een of ander onheilige conspiracy agter die kap van die gebeure sit.

Dit is die vakansie wat die regering vir ons beplan, het my baas gesê. ’n Veilige vakansie by die pragtigste strande, met gratis kos en drank, en ’n pragtige hotelkamer wat CNN uitsaai.

Dit was nie op ons agenda nie. Ons wou Kubane ontmoet, die kultuur infiltreer. Maar soos talle ander toeriste wat kamers in Havana bespreek het, is ons gefnuik ...

Later is aan ons verduidelik dat die Tweede Internasionale Konferensie vir Solidariteit juis daardie week plaasgevind het, en dat ons daarom ons besprekings verloor het. Dus ’n minder sinistere verloop van sake as wat ons wou glo.

Maar ons het in elk geval probeer om die beste van ’n slegte saak te maak. Na ons aandete in die hotel het ons afgestap see toe — een van daardie tipiese Karribiese TV-oorde met palmbome. Dit was donkernag, en selfs die feit dat ons myle van enige aksie af was, kon my geesdrif nie stuit nie.

Binne oomblikke het ek egter die skadu agter ons raakgesien, en die radio hoor ruis. Die skim, die sekuriteit. Sekuriteitswagte, of in my verbeelding staatspioene, het ons orals agtervolg. Daardie hele nag het ek amper paranoïes gevoel, asof iemand die heeltyd oor my skouer loer. #147;Maak jou notas in Afrikaans,” het my baas gesê.

Ons het later gaan naglewe soek, en ek wou Kubane ontmoet. Regte Kubane wat nie regeringsagente is nie. Ongelukkig was die enigste ander Kubane prostitute, waarvan ons voorheen net gehoor het — die pragtigste meisies, amper almal in lycra-klere, wat rondom die enigste klub en eilandstyl bar rondhang en praatjies maak met die ou ooms.

Die skielik verskyning van die polisie het ons almal laat skrik. Elke Kubaan is gevra om sy identiteitskaart te wys en in rye te gaan staan. Niemand wou aan ons verduidelik wat gebeur nie, en ons kon nie Spaans verstaan nie. Ek het net ewe skielik besef hoe dit moet wees om nie vry te wees nie.

Daardie eerste nag was ek hartseer en in opstand. Ek kon nie glo dat ’n land teen sy eie mense diskrimineer nie. Ek as toeris kon basies koop wat ek wil en gaan waar ek wil. Eers later, veel later, sou ek al die stukkies van die legkaart bymekaar begin sit. En daar is orals stukkies wat ek nog kort.

Die prostitute het nie “skoon” identiteitskaarte gehad nie, en die polisie wou slegs weet watter Kubaan waar uithang. Toeriste, die ekonomiese inspuiting van die arm, sukkelende eiland, moes ten alle koste beskerm word.

Die sekretaresse by die oord het aan my vertel dat polisie slegs veiligheid waarborg in hulle crime-free land, en dat sy dit so verkies. Vir my, komende van Suid-Afrika, het dit nogal sin gemaak ... Dus weereens ’n minder sinistere verloop van sake as wat ek aanvanklik gedink het ... Ek het dit nogal geniet om te voel asof ek bedreig word, soos in ’n film so reg uit Hollywood, in ’n kommunistiese staat.

Maar daardie foonoproep, om sewe-uur die Saterdagoggend, daarvan kon ons nie mooi sin uitmaak nie. “We are coming to fetch you to take you to the airport,” is aan my baas gesê. Het ek dalk die eerste nag te veel vrae gevra?

Dit is dit, het my baas gesê. Hier onder die regering se neuse moet ons nou uit, sodat ons die rêrige Kuba kan sien.

Word vervolg

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.