Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Om finally ’n opinie oor aborsie te kry

Kytie Koekblik

Ek wonder oor bybies.

Laat ek sommer nou al die record straight kry: ek dink nog nie aan bybies kry nie. Dis nou net vir in geval my cool vriende soos Toast dit waag om Kytie te beskuldig dat ek broeis is. Ek vermoed my kinders sal sielkundige knoue kry of vroeg all nutrient-defiencies hê as hulle die brousels moet eet wat ek opdis en dit aandete noem. Ek kry skoon die bewerasies as ek sulke cute klein bybies vashou; ek is so bang ek druk te hard en breek ’n handjie of ’n ribbetjie of iets.

Ek is beslis ook nog nie emosioneel gereed om eers te dink aan die absoluut veeleisende never-ending verantwoordelikheid van ma wees nie.

Dis juis hoekom ek hierdie eina-eina rubriek moes aanpak hierdie maand. Oor ek nie verantwoordelik genoeg is om ma te wees of emosioneel gereed is om ma te wees nie. So die eenvoudige argument is: moenie swanger word nie. En sedert ek laas ’n seksvoorligtingklas bygewoon het, is ek steeds oortuig daar is drie maniere om swangerskap te verhoed:

(1) Geen seks voor die huwelik nie.
(2) Gebruik daai plastiekballonne.
(3) Drink elke dag ’n pil as jy ’n girl is.

Tel weer. Een, twee, drie maniere. Ek hoop nie ek mis enigiets nie. Maar dit lyk vir my mos al hoe meer dat daar al hoe meer mense is wat aborsies beskou as ’n manier van birth control.

Daarom het ek besluit om te skryf oor bybies, hierdie slag. Ek wil my eie kop straight kry en my eie opinie vorm oor hierdie hele pro-life, abortion-lobby, pro-choice besigheid. Ek wil probeer, net vir ’n enkele oomblik, om nie die hele debat binne ’n Godsdiens-paradigma te sit nie. Want in my opinie het die hele ding te veel van ’n religious right versus open-minded liberals geword. Veral hier in die States. Meeste van George W se Republicans is Pro-Life, en die meeste Demokrate is Pro-Choice. ’n Debat, na my beskeie mening, heeltemal te simplisties.

Twee weke terug kry ek oproepe van girls by die werk en van regoor die States: “We’re coming to DC for the March. We’ll see you there.”

Toe wonder ek: hoekom neem hulle nou juis aan dat ek die Women’s March gaan bywoon? Die March was ’n “March for Women’s Reproductive Rights”.

Nou kyk hierso, volgens einste seksvoorligtingsklas in standerd 4 is dit twee mense wat ’n bybie maak. Since when is dit net ’n women’s rights issue?

Al my vriende het my probeer oorreed, omdat die optog dan nou supposedly nie net gaan oor aborsie nie. Ek moet sê, ek was bewus daarvan dat daar veel meer issues op die spel is as aborsie, maar ek het ook geweet: Maandagoggend sou die nuusvoorblaaie sê: “Record Attendance at Pro-Abortion Protest”.

Toe besef ek, ek moet nou ’n keuse maak, ’n standpunt inneem, want ek wat Kytie is, het nie ’n opinie oor aborsie nie. Hoekom het ek nie ’n opinie nie? Is dit omdat ek te bang is om ’n opinie te hê? Omdat alle independent liberal-minded oopkop vroue dan supposedly pro-abortion moet wees?

En so het ek vir die eerste keer begin wroeg met My Eie Gewete. En dit was weird, dit was om met myself kennis te maak. Met die ware ek. Met die Ek wat bang is om hierdie rubriek te skryf omdat almal dan gaan weet dat Kytie nooit ’n aborsie sal hê nie en omdat Kytie teen aborsie is.

En so kry ek toe die terugvoer van een van die grootste optogte in die geskiedenis van Washington DC. Hulle skat daar was oor die een miljoen vrouens en meisies. Daar was ook ’n kleiner faksie Pro-Life-protesteerders. So met ander woorde, jy was óf VIR Aborsie, óf TEEN Aborsie. Óf Pro-Choice, óf Anti-Choice. Dit laat my dink aan Bush se “as jy nie vir ons is nie, is jy teen ons”.

Voor almal begin klippe gooi, hier is my gedagtes (en sien, ek is so bang om my opinie te lug dat ek skoon defensive optree voor ek eers mooi my eie saak gestel het ...):

1) Eerstens glo ek nie dis net Women’s Issues nie. Ek woon g’n geen optog by tensy dit ’n Parents March of ’n Parents To Be or Parents Not To Be March is nie.

Maar ek glo ook nie dit is die vrou se reg sonder om ’n man in te lig nie. Moet dit dalk wet wees dat jou partner ’n reg het op informasie as jy swanger raak? So as jy in ’n verhouding is, of ’n partner het, en jy raak pregnant, is jy volgens die wet verplig om jou partner in te lig, en dat ’n besluit saam geneem word of ’n kompromie saam bereik moet word? So wat dan van one-night stands? Of swangerskappe buite verhoudings? Ek glo tog, om jou partner in te lig, sal dalk ons almal aanmoedig om ’n bietjie meer verantwoordelik op te tree. Soos wat drunk driving wette jou aanmoedig om verantwoordelik op te tree. Want dis immers lewe-en-dood-besluite.

2) Tweedens, deep down het Kytie Koekblik ’n sagte hartjie. En ek glo, as daar ’n lewetjie hier diep binne-in jou gevorm word, het jy nie die reg om daai lewetjie ’n kans te ontneem nie. So ek is dus gekant, in principle, teen aborsie.

3) Derdens, ek glo nie dit is enige regering se reg om besluite te neem namens enigeen nie. Ek glo nie in heavy-handed government inmenging nie. Net soos ek nie glo Bush se government het die reg gehad om te gaan inmeng in Irak nie. Ek glo nie in War nie. Ek glo ook nie in Doodstraf nie. Ek is ’n pasifis. Aborsie maak my voel asof ek oorlog maak teen my eie lyf. Maar as ek nie glo in government inmenging nie, dan maak dit my seker Pro-Choice. Maar nooit, ooit, sal ek self vir ’n aborsie gaan nie. So ek veronderstel ek is dan Pro-Choice én Pro-Life.

Ek dink aan aborsie soos aan rook. ’n Vieslike habit wat jou of vorme van selle en lewe doodmaak, en dalk kankers in jou binneste kan veroorsaak, maar dit is jou eie keuse. Wat my wel vrek bang maak, is dat aborsie, veral hier in die States, net nog ’n Consumer Choice geword het. Daai vierde manier van birth control. Soos ’n keuse tussen McDonalds, Wendy’s of KFC of Taco Bell as ’n vorm van weight control.

So ek het nou finally ’n opinie. En ek, ek is teen aborsie omdat dit oorlog teen my eie lyf is, maar ek is vir keuse. So elkeen kies dan maar vir jouself. Dit werk mos maar so — jy maak ’n keuse, en moet dan die gevolge daarvan dra.



LitNet: 28 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.