Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Corporate Conference Culture: Kytie loop ‘n paar bloutjies in die Jewel of the South

Kytie Koekblik

Ek sit ingedruk tussen die laptop, my konferensietas en die Ultimate American Boyfriend in ‘n cab op die Rock Creek Parkway in Washington DC toe die cab driver vra, “Which airport, Miss?”

Nou kyk, in Kaapstad sou jy dalk sê, “DF Malan” en jouself oombliklik korrigeer en die meer polities korrekte naam gebruik van die enigste lughawe in Kaapstad: “Cape Town International”. In Washington DC is dit ‘n effens meer komplekse affêre. Daar is drie lughawens rondom die stad.

Nugter weet hoekom ek so seker van myself was op dié besondere Sondagoggend. Ek is op pad lughawe toe vir my heel eerste besigheidstrip ooit en ek en die Boyfriend het besluit om met my per diem per dag te gaan afskeidsontbyt eet by die lughawe. Die Ultimate Boyfriend ry met Jan Tuisbly se karretjie, terwyl ek vreeslik uitsien om Atlanta, Georgia te gaan verken.

“Reagan National Airport,” sê ek, en toe wonder ek of ek wel op pad is na die regte lughawe.

“I know it’s Reagan; I should stop second-guessing myself,” sê ek nogal ewe vir die Boyfriend.

Natuurlik is daar mos ‘n goeie rede hoekom jy jouself second-guess. Mense wat wel seker is van die feite, hoef hulleself nie te second-guess nie. Ek MOET dit doen om seker te maak dat ek wel seker is van my saak. En as ek moet eerlik wees, was ek nie seker van my saak nie. My hele raaiskoot was gebaseer op niks anders nie behalwe die teorie dat my kollega wat ons vlugte geboek het, dit wel vanaf Reagan sou doen soos ons aanvanklik drie maande terug bespreek het.

So dis nie moeilik om te raai dat ek toe by die verkeerde lughawe opdaag nie. Hele afskeidsbreakfast word op ons mae geskryf en ‘n emmer koue water word op my kop uitgekeer.

Nou verstaan een ding mooi: ek en die Ultimate American Boyfriend is so ‘n maanskyn en corny soap opera couple dat ons nooit fight nie. Ons kry stilstuipe. So toe die mannetjie by Delta-vlugte vir my op my itinerary wys dat kiepie by die verkeerde lughawe opgedaag het, toe voel ek so effe verdwaas. Ek wil eers lag, want dis mos tipies Kytie Koekblik om ‘n bietjie onprakties te dink, maar toe sien ek die Boyfriend se kwaai oë raak.

“I cannot believe this,” sê hy toe so ewe ysig. “I cannot believe this.”

Kyk, toe is ek ook kwaad en as ek kwaad is, wil ek tjank, en as ek wil tjank, dan is ek soms uiters koud en koel.

“This is my problem. This is not your problem. I don’t need you to be upset with me as it increases my stress levels and I’m already stressed now, so it’s NOT A GOOD TIME.”

Ek raak toe so iets van dié aard kwyt voor ek my goedjies bymekaar skraap en in die eerste naaste taxi inklim om die 40 minute alleen tot by die volgende lughawe te ry. Ek het nie eers teruggekyk en vir die Boyfriend totsiens gewuif nie.

En toe wil ek eers huil tydens daai cab-rit. Jinne tog. Maar as ek wil huil, dan herinner ek myself altyd daaraan dat ek mos in ‘n vreemde land is om avonture te beleef en dan sluk ek die trane.

Atlanta, hier kom ek, nou wel deurmekaar, maar entoesiasties.

Toe ek uiteindelik by die regte lughawe opdaag sonder die Boyfriend, toe besluit ek dit is tyd om vir hom ‘n guilt trip te gee en ek bel na sy apartment en los ‘n boodskap op sy foon in my koudste stem: “I arrived at the right airport on time to make the flight. Please give me a call at the Marriot in Atlanta on Peach Tree Avenue.”

Ek steur my nooit te veel aan eerste indrukke nie. Ek glo mos ‘n mens moet oopkop wees en mense en plekke ‘n kans gee voor jy jou lasting persepsie vorm.

My eerste indruk van Atlanta was ‘n spierwit overcast hemelruim, grys reën en ‘n grou stad met skyscrapers, ‘n tipe industriële stad waar jy wonder of die lewe nou eintlik in die suburbs voortgaan. My vriende het vir my vertel Atlanta is die “Jewel of the South”.

My hotel, die Grand Marquis Marriot, was wel ‘n jewel en toe die porter my tassie aflewer en ek neerplons op die hemelsagte bed met ‘n reeks channels op TV, toe dink ek ek kan aan Corporate Conference Culture gewoond raak.

Wat ek nie besef het nie, is dat Atlanta soos downtown Johannesburg is. Die hotelle downtown moes maar eerder ook in die suburbs in geëmigreer het soos die besighede.

‘n Mens sou eintlik verwag ek is so ‘n bietjie meer streetsmart en sal nie net in ‘n vreemde stad invaar girl-alleen nie. Ek is mos immers ‘n Suid-Afrikaner en ons weet van streetsmart wees. Maar dit is toe juis wat ek doen. My konferensie het eers die Maandag afgeskop, so ek besluit toe op die Sondagmiddag dit is tyd om die jewels van Atlanta te gaan soek.

Ek was skaars twee blokke in die hoofstraat af, toe kom die eerste ouerige man my vra of hy my toergids kan wees en hy dring aan op drie dollar sodat hy McDonalds kan koop. Toe besef ek vir die eerste keer dat ek amper stoksielalleen in die grys downtown area is, en dat al die winkels rondom my toe is. In Washington, New York of San Francisco maak die winkels amper nooit toe nie. In Atlanta is dit soos in Suid-Afrika. No chance dat jy op ‘n Sondag eers ‘n koeldrank in die downtown kan koop nie. Die ou man vertel my toe dat die Historic Underground daar naby is, so ‘n drie blokke weg, en ek begin toe aanstap met een doel voor die oog en dit is om vir my water te koop, omdat die hotel se gebottelde water vier dollar elk is en ek te bang is om kraanwater te drink. En ek het ook sykouse nodig, want ek besef toe natuurlik te laat ‘n mens het sykouse nodig as jy wil lyk asof jy inpas in Corporate Conference Culture.

By die Historic Underground aangekom, toe besef ek wat nou eintlik aangaan in downtown. Dis soos om in ‘n movie te wees in die inner city waar die thugs op straat rondhang en jou uitcheck en jy kan die mes in jou blaaie anticipate.

Ek stap verby ‘n road sign wat aandui dat jy gefine sal word as jy twee maal binne ‘n uur verby dieselfde punt verbyloop.

Ek stap verby ‘n man wat my aangluur en brom, “Lady, stop wasting my time.”

Ek stap verby ‘n square waar ‘n groepie thugs saambondel en ek voel hoe kyk hulle dwarsdeur my klere met die comments wat op my neer reën.

Toe ek wel in die apteek instap en sykouse uitkies, toe is daar ‘n thug met sy klein seuntjie en hy sê vir sy seuntjie, “Why don’t you bite the lady’s ass.”

Die Suid-Afrikaanse paranoia wat ek gewoonlik oomblikke lank voel as ek in my kar sit en my gorilla lock aan die stuur vasskroef, pak my toe beet. Ek begin bang te raak en ek is mos nie veronderstel om bang te wees in Amerika nie!

Kytie se inlywing tot konferensiekultuur! Of nee, dit was nie ‘n inlywing nie, dit was ‘n hardlywing.

Ek bly toe die res van my trip in my hotel en woon my receptions in die aand by en my workshops en plenary sessions in die dag, en die res van die tyd kruip ek in my hotelkamer weg en kyk HBO movies en eet hotelkos met my per diem per dag.

En van al die reception- en hotelkos kry ek toe mos hardlywigheid soos ek nog nooit gehad het nie en daar’s g’n Brooklax of Senocot of ‘n vriendelike Mini-Kem of so iets nie en ek gaan nie weer venture na daai thug-apteek toe nie …

So teen die laaste dag van my konferensie toe voel dit behoorlik asof ‘n ysterpaal vassit iewers tussen my ribbekas en my blaas en ek kan nie behoorlik loop van die pyn nie en my maag is geswel en ek wil net huis toe gaan dat die Ultimate American Boyfriend my kan troos.

Gelukkig bel hy toe ook en sê hy is so jammer dat hy so vies vir my geraak het en dat hy maar net bekommerd was oor ek op die beste van tye ‘n loskop is.

Nou, hierdie loskop maak nou gereed vir haar volgende konferensie-ervaring, hier in Washington DC. Van 24 tot 27 Junie bied ons organisasie die US Africa Business Summit aan in die Washington Hilton Hotel. Dis nou die hotel waar Reagan geskiet is en ons staff members moet in die hotel bly vir vier dae lank.

Laat ek noem dat ons sestien African Heads of State verwag by die konferensie, tonne secret service-agente en ook ene GW Bush en Colin Powell, maar ons eie president gaan nie kom nie.

Ek stres al klaar oor hulle van my gaan verwag om ‘n walkie-talkie saam met my rond te dra.

Hiermee dan: Oor en uit.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.