Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Van Agter die Boereworsgordyn tot in Las Vegas

Kytie Koekblik

Jy vermoed die kronkelteerpad en die stofbedekte bordjies wat die afstand in myle aandui, gaan nêrens heen lei nie. Die verlatenheid en die eeue-oue berge laat jou dink dat jy dalk die einde van die wêreld bereik het en die hitte laat jou smag na ’n oase in die woestyn.

En dan tref dit jou, heeltemal onverwags: in die middel van nêrens, tussen vreemde kaktusse, vlaktes, berge en dale is die mees unanticipated plek in die wêreld: Las Vegas.

Die een oomblik is die bordjie wat “Las Vegas 8 miles” aandui, soos ’n hallusinasie; dit kon net sowel gelei het na Putsonderwater of ’n klein niksbeduidende dorpie in die wye en uitgestrekte land Suid-Afrika.

Oomblikke later loop jy jou skielik vas in die eintlike hart van kapitalisme. Vegas se filosofie is iets soos: You’ve got to give more if you want to receive anything at all ...

Die aanslag op jou sintuie begin as jy die eerste stel verkeersligte en talle townhouse-uitbreidings binne ry en jy onthou waarom Vegas “Sin City” genoem word. Jy kan nie anders as om die reusagtige billboards raak te sien waarop skamel-geklede nimfe pruil nie: Gentlemen’s Club. Adult Toy Store. All Nude.

Wanneer jy die wêreldbekende Strip bereik, is dit asof jy Moeder Aarde verlaat om opgeslurp te raak in die liggies en kleur en klank van die mees onwaarskynlike plek, ’n Adult’s Fantasy World.

Die flonkerende donkerglaspiramide, die mini-Eiffeltoring, die replika van New York se skyline, die Stratosphere, die ongelooflike argitektuur en die pragtige casino’s, soos die Bellagio, Caesar’s Palace, Mirage, ens ... dis die soort plek wat jou oombliklik laat vergeet van die wêreld buite Las Vegas.

Vegas het sy eie pas, hy stoom voort, nag na nag klingel die geldkaste en drankbottels en almal word ryker en almal word armer en die liggies van die casino’s bly brand. Vegas sou ’n hele land in Afrika kon belig, soveel ligte is daar in die Strip.

In Vegas is dit asof jy kan vergeet van realiteit; dis die soort plek wat jou altyd laat dink dat jy op vakansie is. En tog is dit ’n plek van uiterste kontraste. Daar is die harde realiteit van die lewe wat jou onverwags omver kan gooi as jou vakansie sommer so skielik in die oomblik oplos: ’n man voor ’n dobbelmasjien wat lyk asof hy aan die masjien vasgegroei het.

Dit is die billboard wat ’n mediese fonds adverteer wat aankondig: “Show Girl. And Mom”, met ’n foto van ’n halfgeklede vrou en ’n klein dogtertjie wat na jou staar.

Aan my sy as my private toergids op my virgin visit aan Vegas was my Ultimate American Boyfriend. Sien, die Boyfriend het eerstehandse kennis van Las Vegas en hy weet hoe die plek sy kloue in jou inslaan en jou nie laat los nie.

My Boyfriend het ongeveer nege jaar in Las Vegas gewoon. Ek het altyd gewonder hoe dit moes wees in Sin City, en die een ding wat ’n mens maklik vergeet as toeris, is dat Sin City ook ’n plek is waar gewone mense leef. Dit is nie net ’n vakansieplek nie. Dit is deel van Amerika soos enige ander, al is dit ook half ironies as jy ’n billboard met miljoene liggies sien uitspel in Sin City: “One Nation Under God”.

Vegas is die soort plek waar die barman vir jou sê hy glo in destiny. Dis die soort plek waar jy jouself skielik bevind by ’n braai op ’n Woensdagmiddag by die huis van ’n afgetrede man wat besluit het sy tweede beroep is om cabs te bestuur. En sy leefstyl lyk skielik meer aantreklik as jou eie met sy hot tub, sy pool in sy backyard en sy pool-tafel in sy huis.

Al die huise in Las Vegas is groot - daar is mos immers genoeg space in die wye woestyn. Dit so anders as Washington DC met sy eenderse donker rowhouses waarin jy soos worsies in blik in mekaar se pockets leef. Vegas is die soort plek waar jy met ’n ex-showgirl ’n gesprek kan hê oor die oorlog in Irak.

“We’ll show them that they can’t (VLOEK) with us,” het sy oorlugsugtig verklaar, en ek wat Kytie is, het maar my bek gehou.

Natuurlik was ek en my Vegas Boy nie net op vakansie nie. Om Vegas toe te gaan was ook om ’n slice van die Boyfriend se lewe te sien voor ons begin date het.

Soms wens ek hy kan ook ’n glimpsie van my lewe agter die boereworsgordyn in Suid-Afrika sien en verstaan.

Ons het rondgery na die huise en woonstelle waarin hy gebly het, ek het sy vriende ontmoet en besef Vegas is ’n plek soos enige ander met sy suburbs, sy Lamb of God-kleuterskole, sy malls en sy Nordstroms en Gaps. “Ordinary in Vegas.” Natuurlik klink “Suburban Life in Las Vegas” glad nie so aanloklik soos “Fear and Loathing in Las Vegas” of “Leaving Las Vegas” of “Viva Las Vegas” nie.

Die Boyfriend het vir my die bergpaadjies gewys waar hy gerollerblade het minder as drie jaar terug, en ons het geëet in die authentic restaurantjies waar hy Mexican chicken take-outs gekoop het, en ek het ’n idee gekry van my Vegas Boy se leefstyl daar in die middel van die woestyn onder die bakkende son en glimmelende liggies van die Strip.

En nou, na ek ’n slice van sy lewe gesien het, is dit tyd om die Ultimate American huis toe te bring, Suid-Afrika toe. Dis heel scary om te dink ek het heeltemal hart-oor-kop loop involved raak met ’n Amerikaner. Na Las Vegas, is ons nog closer aan mekaar en ons begin nou praat oor die “Lang Termyn”.

Maar dit eers daar gelaat …


to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.