Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

MTV-slawe dalk aan die uitsterf?

Chutney de Ridder

Die Gat is nie meer die Gat soos ek hom geken het nie. ’n Mens kan eintlik sê die Gat het sy eie naam gesien. Dit het met die hulp van baie spieëls gebeur.

Dit besef ek nou die aand in die Langenhoven-studentesentrum (of Neelsie, vir talle Matie-studente) terwyl ek sit en wag dat Aap Vermaak sy laaste teug polisiekoffie afsluk.

Die Gat, vroeër ’n onskuldige sokkiejolplek, is deesdae ’n mini-mall, kompleet met winkels, eetplekke, kitsbanke, TV’s wat uit die dak hang, ’n dansklub en selfs ’n 7 Eleven (oukei, dis nie verbasend nie; daar is een op elke hoek).

Nou ja, vooruitgang beteken die visier is op ’n kooplustige jong verbruikersmark gerig. ’n Mens kan dit dus verskoon dat die “Gat” sy charm verloor het.

Die musiek was egter so indrukwekkend soos toe ek vir Johnny Clegg in die ou Gat gesien het. Hoe dan anders met Jakkie Louw, Spinnekop, Akkedis, Karen Zoid, Beeskraal en Valiant Swart aan die stuur.

Dit was egter nog lekkerder om te sien hoe die mense in die Taal gerock het, al was die nagklub Getafix terselfdertyd propvol hoofstroomslawe wat sweterige slangdanse uitgevoer het op die voosgetrapte oemf-oemf-oemf van MTV-treffers.

Om Karen Z buite konteks aan te haal: “Dit maak nie regtig saak nie.” ’n Vreemde ding is aan die gebeur. Die mense wat die MTV-soetkoek — van N’Sync tot Linkin Park — so oopbek opvreet, word bedreig.

Hieruit is ’n lessie te leer, maats oud en jonk.

By die Grammy-toekennings, die hoofstroom der hoofstroom-gala-aande, het die onbekendes en die tradisionele randfigure vanjaar erkenning ontvang — Ralph Stanley vir sy begeesterde vertolking van “O, Death” op die country-klankbaan van die super-rolprent O Brother, Where Art Thou, Lucinda Williams, Dollyrockers, Bob Dylan en India.Arie. Verlede jaar het kunstenaars soos Angie Stone, Coldplay en Gorillaz uitgeblink.

Dit is hierdie kunstenaars wat aandag van die luisteraar verg en nie in die kele van dermiljoene MTV-slawe en “McTreffer”-aanhangers afgedwing word nie. Dit is kunstenaars soos hierdie wat sê dis cool om anders en uitdagend te wees.
Dekades lank bestaan daar onder platebase dié swaksinnige redenasie: “CD-kopers is oningelig. As ons hulle met reklame oordonder en met lugtyd vir sekere kunstenaars vet voer, sal ons CD’s verkoop.”

Dit is aan die verander. CD-kopers is deesdae veel slimmer, het groter toegang tot inligting (via die internet), kan musiek oral kry (nie net in CD-winkels nie) en begin hul eie idee vorm van wat goed is.

Die groepie mense wat Suid-Afrikaanse musiek ondersteun, daarna luister en dit koop, is klein, maar ons is ’n spesiale bond. Dit is asof ons ’n geheime manier van groet het, asof ons iets weet wat die MTV-lakeie nie weet nie. En dit maak platebase benoud.
Om deel te wees van die cool crowd moet jy vir jouself dink en nie aan die neus rondgelei word deur wat jy aldag en heeldag hoor nie. Skaf vir jou Zoid se Poles Apart aan, koop Riku Lätti se Pleister vir my nerwe, kry Dollyrockers se Glory, Glory in die hande, soek die jongste Akkedis-produk of Spinnekop s’n. Wat van Valiant se Boland-punk of Beeskraal se Huis toe? Gaan ontdek ’n slag die Brixton Moord-en-roof-Orkes, Plank, Diff-olie, BVK en die tientalle plaaslike sterre wat op jou motgevrete kitstreffers spoeg.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.