Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Pap-sterre of popsterre?


Chutney de Ridder

As dit pap reën, reken die wat weet, moet jy skep broer, jy moet skép. En as die pap val in die vorm van geld — pond om presies te wees — dan haal jy sommer die groot skopgraaf uit.

Laas week het ek die maatjies van ons plaaslike “Pop Idols” voorspoed toegewens. Dis nou die talentvolles en ook die sonder enige noemenswaardige musikaliteit wat gaan poog om kits-popsterre te word, onderwyl miljoene van ons vasgenael voor die kassie sit terwyl die realiteite ons in die gesig staar. Dis nou die van ons wat ’n TV het, natuurlik.

Wat my by pap skep bring. Lees nou die dag dat die beoordelaars van die Britse weergawe van die program, wat pas ten einde geloop het, met bultende beursies rondstap danksy vet kontrakte wat met die wenner en naaswenners gesluit is.
.
Simon Cowell, ’n direkteur van die platemaatskappy BMG, en Simon Fuller, vervaardiger van die “Pop Idol” reeks vir die TV-kanaal ITV, beheer elke moontlike element van die program.

Nicki Chapman, nog ’n beoordelaar, sal die wenner se bestuurder word, Cowell is die uitvoerende vervaardiger van die wenner se eerste treffer, Evergreen, oorspronklik bekend gemaak deur die seunsgroep Westlife.

Die enkelsnit word einde vandeesmaand uitgereik en sal na verwagting miljoene eenhede verkoop, waarna ’n vollengte CD sal volg. Dit word uitgereik onder die vaandel van Cowell se nuwe platemaatskappy, S Record.

Benewens dit sal Cowell sowat R64 miljoen ontvang om as beoordelaar op te tree in die Amerikaanse weergawe van die program.

Terwyl Fuller die geld laat instroom deur die Idols idee aan ander lande te verkoop, behou Cowell die reg op enige opname wat die wenners wêreldwyd maak.
Cowell het ook platekontrakte gesluit met die deelnemers wat tweede en derde geëindig het in die kompetisie, uit vrees dat ander maatskappye die kans sal aangryp en sodoende die wenner se bemarkbaarheid sal afwater.

G’n wonder nie daar word spottenderwys na Pop Idols as die “Fuller & Cowell Show” verwys.

Nou kyk, mens moet seker agting hê vir die twee here se opportunisme. Maar ek het ’n probleem met die idee agter alles.

Op die vooraand van ons eie popstersoekende realiteitsepie, wonder ek hoe die plaaslike beoordelaars dinge gaan benader.

Die Idols beoordelaars hier ter plaatse bestaan uit Dave Thompson, direkteur van bemarking van die platemaatskappy BMG, Randall Abrahams (bestuurder van YFm), Marcus Brewster (’n publisiteitsagent) en Penny Lebyane (gewilde Metro FM aanbieder).

Ek is seker BMG sal die wenner en naaswenners platekontrakte aanbied en ek kan myself net indink dat die ander beoordelaars sal wil help skep aan die pap as dit begin reën.

Dis seker maar soos kapitalisme in ’n vryemarkstelsel te werk gaan. Net jammer dat ons as nuuskierige TV-slafies en (uiteindelik) CD-kopers waarskynlik meesgesleur sal word in die maalkolk van kortpad-kitsroem.

Ons sal ons gunstelinge kies nes met Loerbroer se ontlastende Ferdi en uiteindelik die wenner, ons nuwe nasionale popster, instem.

En dit gaan alles gebeur terwyl daar tientalle plaaslike kunstenaars en groepe is, talentvolle mense, wat op die harde, eerbare manier probeer om die aandag van plaaslike platemaatskappye, radiostasies, platejoggies, publisiteitsagente, luisteraars en CD-kopers te trek. Maar wie “koop” nou ’n produk wat nie klaar gewild is nie?

Ek wonder watter tipe bydrae Idols tot die plaaslike musiekbedryf kan lewer. Dalk die volgende Karen Zoid, ’n nuwe Miriam Makeba? Of dalk net nog ’n gepoleerde popgesiggie, voetjies stewig geplant in ’n resepmatige Europese sjabloon.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.