Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor 2001 se nuwe musiektalent en CD’s

Welkom in 2001! Die vooruitsigte vir die jaar laat my sommer dink aan daai boer wat op die randjie van bankrotskap vir hom ’n splinternuwe luukse Duitse gesinsmotor aangeskaf het met woorde: “Ek weet nie wat die toekoms vir my inhou nie, maar ek wil hom darem met ’n nuwe ryding indons.”

Vanjaar dons ek die toekoms in met die idee om julle in te lig oor al die nuwe musiektalente in ons lieflike landjie en ook om julle op hoogte te hou van die doen en late van ons top-kunstenaars.

Ek het juis ’n vogeltjie hoor tjirp dat die boere-punk-rocker Valiant Swart sommer ’n gros nuwe liedjies geskryf het en dat ons binnekort ’n nuwe CD te wagte kan wees. Sê my informant: Kyk veral uit vir twee nuwe tunes - “Horison Hotel” en “Maanhare”. Albei sal op die nuwe CD ingesluit word, asook die verruklike “Sonvanger”, wat voorheen op die gelyknamige kompilasie-album uitgegee is deur Johann Kotze van Afrimusic en Classics on CD op Stellenbosch.

Valiant en sy band speel die 26ste van vandeesmaand by die Hidden Cellar op Stellies en ’n dag later doen die Mystic Boer ’n solo gig by die Dorpstraat-Teater. Gaan ondersteun hom ’n slag, jou luiaard!

Hier is nog ’n skinderbrokkie. Ek hoor Valiant se dromspeler, die gevierde kunstenaar Vernon Swart, gaan vir die afwisseling saam met pelle ’n syprojek loods en hul eie musiek maak. Die naam van die groep, vertel my spioen, is in dié stadium “Delores My Sheperd”. Skitterend!

Wees ook vanjaar op die uitkyk vir ’n jong talent in die mooi gestalte van Anika - of Anblu, soos die oud-Pretorianer se verhoognaam lui. Anblu speel ’n lieflike akoestiese kitaar met drukke wat glo bedrewe spelers na hul asems laat snak. Sy het reeds ’n demo-CD met oorspronklike musiek gesny en dié heet “A Little Less Covers”.

Maar ek hou die beste vir laaste. Die warmste nuwe groep, een wat julle vanjaar eenvoudig nie mag ignoreer nie, is Sex Tips for the Boys. Ja, julle het reg gelees, dis g’n grappie nie. Kyk, die ouens kook beter as ’n Mellerware-ketel. G'n wonder nie as jy kyk wie in Sex Tips speel - Schalk Joubert op baskitaar (een van SA se top sessiemusikante), Mike Rennie op viola (hy’s ook in Sons of Trout), Adriaan Brand op trompet (ja, Brand van die Sprinbok Nude Girls), Jason Rosenstein op perkussie (nog ’n Son of Trout) en Andrew Beck op klawerbord (hy doen diens vir die nasionale kamer-orkes en is bloedbroers met die swartes en wittes van ’n klavier).

Sex Tips het reeds ’n demo-CD gesny (dis ’n lewende opname) en as jy gelukkig is kan jy dit by hulle gigs aanskaf. Die groep het 15 oorspronklike snitte wat hulle binnekort wil laat opneem — die styl is Wêreldmusiek, met ’n goeie skeut jazz en fusion en sommer kwêla en funk om die ritme te laat klop.

Hulle gunsteling-snitte? “Op die oomblik is dit “Radical Ron takes the Plunge” met “You’re the Reason our Children are so Ugly” as nommer twee. Schalk verduidelik: “Ons maak musiek vir ’n uitgelese gehoor. As jy dus deel van die elite wil wees moet jy na ons kom kyk,” voeg hy by.

Nou toe, gaan kry ’n paar wenke by Sex Tips for the Boys! Julle sal wyser daar uitstap as wat julle was voor daai voetsole oor die drumpel getrap het.

  Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JB en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.