Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Verslag oor taaldinkskrum gehou van 2-5 Oktober 2000

    Provinsiale en plaaslike regering (5 Oktober 2000)

    1. HUIDIGE PROBLEME

    Onwilligheid om veeltaligheid toe te pas

    Uit die bespreking oor huidige probleme en die bestaande situasie in die provinsiale en plaaslike regering en administrasie het dit geblyk dat die onwilligheid om veeltaligheid te ondersteun ’n groot probleem is. Die duidelike omskrywing van taalregte in die grondwet en in die Wes-Kaapse Provinsiale Talewet wat bepalings bevat oor die gelyke gebruik van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap en die bevordering van die voorheen benadeelde tale, word nie in die praktyk toegepas nie. By plaaslike owerhede is daar selfs die probleem dat die klerke slegs een taal magtig is.

    1.2 Globalisering en die gebruik van Engels

    Aangesien praktiese kommunikasie en beperkte begrotings aan die orde van die dag is, word Engels toenemend as voertaal gebruik. Teen die agtergrond van globalisering en die beperkte kennis van Xhosa in die staatsdiens, word Engels gebruik, selfs al is die meeste amptenare nie Engelssprekend nie. Volgens die afgevaardigdes word dit ook ervaar dat as gevolg van die Suid-Afrikaanse geskiedenis of persoonlike voorkeur, sommige amptenare verkies om in Engels te kommunikeer. Dit gebeur selfs in gevalle waar amptenare wel Afrikaans magtig is, maar dan eerder in Engels kommunikeer. Volgens die afgevaardigdes van plaaslike regering, is daar enersyds vooroordeel teen die gebruik van Afrikaans aangesien dit in sekere kringe as die taal van verdrukking gesien word, en andersyds sien sommige kliënte Engels as ’n vreemde taal. Daar is ook weerstand teen die aanleer van ’n derde taal.

    1.3 Onvoldoende tolke en vertalers

    Dit het duidelik geblyk dat daar nie net ’n tekort aan amptenare is wat al drie amptelike tale kan gebruik nie, maar dat daar ook onvoldoende tolk- en vertaaldienste is. Talle afgevaardigdes het die hoop uitgespreek dat hierdie tekort reggestel sal word. Begrotings moet aangepas word om die dienste van professionele vertalers en tolke in te sluit. Daar is ook nie voldoende geleentheid vir opleiding op dié gebied nie. Op plaaslike regeringsvlak is daar nie net ’n tekort aan vertaaldienste nie, maar ook is goeie Xhosa-vertalers onbekostigbaar. Xhosa-vertalers is ook dikwels streeksgebonde en vertaal in ’n bepaalde dialek. Die gebrek aan voldoende vertaaldienste beteken dat tyd verlore gaan en probleme ontstaan in sekere situasies soos by persverklarings.

    1.4 Onvoldoende gemeenskapsbetrokkenheid by taalkwessies

    ’n Bykomende probleem wat ervaar word, is die gebrekkige gemeenskapsbetrokkenheid by taalkwessies wanneer dienslewering ter sprake kom. Xhosa-sprekers het nie die vrymoedigheid om hul eie taal te gebruik nie en daar word aanvaar dat hulle in Engels kan kommunikeer.

    1.5 Die gebrek aan ’n bestaande taalbeleid (1) wat behoorlik toegepas word, lei tot situasies waarin slegs een of soms twee tale gebruik word.

    1.6 Gebaretaal

    Daar word nie vir gebaretaal voorsiening gemaak nie.

    2. IDEALE OMGEWING


    2.1 Veeltalige amptenare

    In die ideale omgewing word ’n situasie geskets van amptenare (ook in senior en invloedryke posisies) wat veeltalig is en die drie amptelike tale van die Wes-Kaap kan verstaan en gebruik. Die inwoners en kliënte het die keuse om in enige van die drie amptelike tale te kommunikeer en bedien te word.

    2.2 Voldoende fondse vir hulpbronne en vertalings

    In die ideale omgewing is daar ook vertalers beskikbaar om in al drie die amptelike tale van die Wes-Kaap te vertaal indien nodig. Daar is genoeg hulpbronne en taalfasiliteite beskikbaar. Dit sluit in die beskikbaarheid van fondse, woordeboeke en vaktaallyste, asook tolkfasiliteite en ’n taalinligtingsentrum.

    2.3 Amptelike erkenning van tale en ’n taalbeleid

    ’n Taalbeleid waarin veeltaligheid erken word en die gemarginaliseerde tale soos die San en Khoi tale gerespekteer word, word geïmplementeer. Daar is amptelike erkenning vir gebaretaal op alle vlakke en toegang tot tersiêre opleiding vir gehoorgestremdes. Daar is verdraagsaamheid vir ander se tale en kulturele diversiteit word gerespekteer.

    2.4 Drietaligheid in onderwys en optimale benutting van tegnologie

    Onderwys vind in die drie amptelike tale van die Wes-Kaap plaas, veral op preprimêre vlak. Skoliere word verplig om drie tale aan te leer. Tegnologie word optimaal benut.

    2.5 Een internasionale taal

    In die ideale wêreld is een erkende internasionale taal, soos Engels, ’n oplossing.

    3. KREATIEWE MOONTLIKHEDE OM TE ONDERSOEK

    3.1 Opleiding

    Die opleiding en heropleiding van menslike hulpbronne, asook die skep van opleidingsgeriewe vir vertalers en tolke word sterk beklemtoon. Dit sluit in ’n taallaboratorium, verpligte taalslypskole, opleiding in al drie die amptelike tale van die Wes-Kaap, en veral preprimêre onderwysopleiding. Opleiding vir vertalers en tolke is deur verskeie afgevaardigdes voorgestel as oplossing vir baie taalprobleme en ’n goeie mark moet vir hierdie spesialisgebiede geskep word. Die instel van taallesse op TV en die radio is voorgestel as hulpmiddel om veeltaligheid te bevorder. Bekende veeltalige persoonlikhede en rolmodelle moet gebruik word om mense se persepsies te verander en ’n bewustheid van veeltaligheid te kweek.

    3.2 Befondsingsvoorstelle

    Verskeie voorstelle om finansiële oplossings te bring, is gemaak. Dit strek van die herprioritiseting van beperkte hulpbronne en doelgerigte begroting vir die mark, tot belastingkorting vir persone wat taaltoetse slaag in ander tale benewens hul moedertaal. Begrotings moet ook toelaat vir vryskutvertalers en tolke, en die aankoop van die nuutste elektroniese en tegnologiese taalhulpmiddels. Daar kan kers opgesteek word by die reklamebedryf in die praktiese gebruik van tale. Daar word voorgestel dat ’n persentasie van die volle begroting van ’n instelling, bv 0.01%, vir taal opsygesit word.

    3.3 Taalbeleid

    Die implementering en uitvoering van ’n taalbeleid (2) word as ’n noodsaaklike uitgelig. Hierby word die uitbreiding van die taaldienskomponent ingesluit. Daar word voorgestel dat elke departement oor drie taalpraktisyns moet beskik en toegang tot tolke en tolkfasiliteite moet hê.

    Op plaaslike regeringsvlak is die voorstel gemaak dat ’n taalsentrum deur middel van video’s aan alle munisipale dienssentrums gekoppel word.

    3.5 Drietaligheidsbeleid in die onderwys

    Van die Xhosa-sprekende afgevaardigdes het dit sterk beklemtoon dat die onderwysdepartement ’n beleid moet volg waar die drie amptelike tale van die Wes-Kaap by skole aangebied word.

    3.6 Gebaretaal

    Daar is voorgestel dat gebaretaal as amptelike taal aanvaar word en dat alle leerplanne gebaretaal as keusevak aanbied.


    1 Kyk Besprekingsdokument — Konseptaalbeleid vir die Wes-Kaap Augustus 2000 wat by die Wes-Kaapse Taaldiens verkry kan word.
    2 Kyk Besprekingsdokument — Konseptaalbeleid vir die Wes-Kaap Augustus 2000 wat by die Wes-Kaapse Taaldiens verkry kan word.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.