Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

DIE TAALSEKRETARIAAT

Heroldstraat 15, STELLENBOSCH, 7600
Tel.: 021-887 2713, Faks: 021-887 2710
E-pos: taal@linguasek.co.za

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Missie

    Die missie van Die Taalsekretariaat is die bevordering van Afrikaans en elke inheemse taal van Suid-Afrika as toereikende kommunikasiemiddel van sowel moedertaal- as nie-moedertaalsprekers binne en buite die grense van hierdie land.

    Doelstellings

    Die Taalsekretariaat is ’n onafhanklike, nie-polities gebonde organisasie met die volgende doelstellings:

  • Die inskerping van taaltrots by die sprekers van Afrikaans;

  • Die bevordering van wedersydse respek vir die swart inheemse tale van Suid-Afrika en die beskerming van die taalregte van alle inheemse tale soos deur die Grondwet gewaarborg;

  • Die bevordering van Afrikaans by moedertaalsprekers;

  • Die bemagtiging van nie-moedertaalsprekers in Afrikaans;

  • Die inisiëring van optrede om Afrikaans pro-aktief te bevorder;

  • Die identifisering van bepaalde projekte om Afrikaanssprekers te bemagtig, veral by gemarginaliseerde swart gemeenskappe;

  • Die finansiële en sekretariële ondersteuning van individue, organisasies en gemeenskappe wat hulle vir Afrikaans beywer;

  • Die lewering van ’n taaldiens om Afrikaans meer toeganklik te maak

    en wil op dié wyse ’n positiewe bydrae lewer tot die vrye voortbestaan en vooruitgang van Afrikaans.

    Objectives

    Die Taalsekretariaat is an independent non-politically involved organisation with the following objectives:

  • The promotion of pride in language among Afrikaans speakers;

  • The promotion of mutual respect for the black indigenous languages of South Africa and the protection of the language rights of all indigenous languages as guaranteed by the Constitution;

  • The promotion of Afrikaans among mother tongue speakers;

  • The empowerment of non-mother tongue speakers in Afrikaans;

  • Initiating action to promote Afrikaans proactively;

  • The identification of specific projects to empower speakers of Afrikaans, especially in marginalised black communities;

  • Financial and secretarial support to individuals, organisations and communities who strive to promote Afrikaans;

  • The rendering of a language service to make Afrikaans more accessible

    and in this manner tries to make a positive contribution to the free and continued existence and progress of Afrikaans.

    Iinjongo

    Die Taalsekretariaat ngumbutho ozimeleyo ongabandakanyekiyo kwezopolitiko, onezi njongo zilandelayo:

  • Ukumiliselwa kweqhayiya kulwimi, kubantu abantetho isisiBhulu;

  • Ukunyuselwa kokuhlonelana ngokulinganayo kweelwimi zabemi abamnyama boMzantsi Afrika, nokhuseleko lwamalungelo olwimi lwazo zonke iilwimi zabemi njengoko kuqinisekisiwe yimithetho yolawulo;

  • Ukunyuselwa kwesiBhulu kubantu abathetha ulwimi lokuzalwa;

  • Ukunikwa amandla kubantu abathetha ulwimi lokuzalwa kwisiBhulu;

  • Ukunyuselwa kwewonga lolwimi kuzo zonke iilwimi zabemi boMzantsi Afrika;

  • Ukuqalisa isenzo sokunyusela isiBhulu ngokukhutheleyo;

  • Ukuchonga izihloko ezingundoqo kwimisebenzi ukunika amandla abantu abantetho isisiBhulu ingakumbi imimmandla ebihlelelekile yabamnyama;

  • Inkxaso yezimali nekanobhala kumntu ngamnye, kumbutho nasekuhlaleni abo bazamela ukunyuselwa kwesiBhulu;

  • Ukunikezwa koncedo lolwimi ukwenza isiBhulu sibe nokufikeleleka.

    Kwaye ngale ndlela kuzanywa ukwenziwa igalelo eliqinisekileyo kubukho obukhululekileyo nobuqhubekayo nenkqubela yesiBhulu.

    Strategie

    Die Taalsekretariaat aanvaar die huidige staatkundige bestel. Die Taalsekretariaat gee op die volgende wyse inhoud aan ’n breë strategie om die uitdagings vir die behoud van Afrikaans en die inheemse tale te hanteer:

  • Deur navorsing, die kennisname van verwante aksies, en die inisiëring van programme word Afrikaans pro-aktief bevorder;

  • Deur die ad hoc-inkorporering van kundige persone en instansies in ’n navorsingshoedanigheid word brandpunte in die stryd vir Afrikaans wetenskaplik ondersoek;

  • Deur die ontwerp van ’n databasis word ’n inligtingsraamwerk geskep om navrae en inligting aangaande Afrikaans-verwante sake tegnologies te hanteer;

  • Deur die ontwerp van ’n regsadviesbasis word die regsposisie van Afrikaans en die swart inheemse tale tegnologies vasgelê;

  • Deur die voorsiening van middele word Afrikaans as alternatiewe taalmedium verwerf.

    Befondsing

    Die Taalsekretariaat is ’n onafhanklike organisasie met sy eie administratiewe struktuur, personeel en befondsing.

  • Die befondsing van Die Taalsekretariaat en die geïdentifiseerde projekte geskied deur Die Taalsekretariaat Trust of Beltas Trust.

  • Volgens die Trustakte is die enigste en vernaamste doelstellings van Die Taalsekretariaat Trust die bevordering van die taalstatus van Afrikaans en die swart inheemse tale van Suid-Afrika.

  • Met hierdie bepaling in die Trustakte word ’n bres geslaan vir die handhawing van Afrikaans wat in alle opsigte die hooffokuspunt van Die Taalsekretariaat bly.

  • Die finansiële strategie sal ook later gerig wees op projekte wat finansieel selfstandig kan funksioneer.

    Slot

    Die voortbestaan van Afrikaans is onlosmaaklik gekoppel aan die voortbestaan van veral die swart inheemse tale van Suid-Afrika.

    Daarom is Die Taalsekretariaat verbind tot samewerking met alle individue, organisasies en instellings wat hulle hiervoor beywer.

    André van der Walt
    Uitvoerende hoof
    andre@linguasek.co.za

    Helena Liebenberg
    Projek- en inligtingskoördineerder
    helena@linguasek.co.za

  • boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.