Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Verslag oor taaldinkskrum — 2-5 Oktober 2000

    Media, uitgewers en biblioteke (2 & 3 Oktober 2000)

    1. Probleme en taalkwessies wat tans ondervind word

    1.1 Negatiewe taalhoudings

    Daar is ’n gebrek aan belangstelling en taaltrots by sprekers van inheemse tale. ’n Gebrek aan toewyding om die status van die inheemse tale te verbeter, veroorsaak dat sprekers van inheemse tale hul moedertale nie tuis ondersteun nie. Sprekers van Afrikaans en Engels is dikwels arrogant en onsensitief vir ander se tale. Hulle verwag dat sprekers van ander tale Afrikaans of Engels sal praat, maar doen geen moeite om self ander tale aan te leer of die status daarvan te verbeter nie.

    1.2 Ongeletterdheid

    Omdat daar nie ’n leeskultuur by sommige taalgroepe is nie, is uitgewers van mening dat die mark nie groot genoeg is om die produksiekoste te regverdig nie (veral boeke in die inheemse tale). Dit bring mee dat daar nie genoeg boeke of ander bronne (bv. inligtingsmateriaal soos ensiklopidieŽ) beskikbaar is nie. Daar is ook nie genoeg onderwyshulpmiddels vir onderwysers nie.

    1.3 FinansiŽle beperkings

    Tolkwerk, vertalings en publisering in drie tale is duur. Daar is dikwels slegs beperkte fondse wat vir meer dringende sake aangewend moet word. Veeltaligheid is nie kostedoeltreffend nie.

    1.4 Globalisering

    Engels heers as wÍreldtaal en globalisering word dikwels as verskoning gebruik om eentaligheid te bevorder.

    1.5 Gebrek aan kennis oor en belangstelling in veeltaligheid

    Omdat die regering onseker is oor hoe veeltaligheid hanteer behoort te word, doen hulle niks daaromtrent nie (nie eers lippediens nie) en gebruik dit as ’n politieke speelbal. Die media en skole bevorder en weerspieŽl ook nie veeltaligheid nie. Afrikaans word deur die SABC afgeskeep. Veeltaligheid word as ’n onpraktiese en ’n omslagtige proses beskou.

    ’n Tekort aan goed opgeleide tolke en vertalers

    Kommunikasiegapings tussen verskillende taalgroepe ontstaan as gevolg van ’n tekort aan opgeleide tolke en vertalers. Vertalings se gehalte is dikwels swak omdat die status van die vertalersprofessie laag is en onopgeleide vertalers gebruik word. Opleiding van professionele taalwerkers is baie belangrik. Dit is ook noodsaaklik dat daar kundiges is wat die opleiding kan doen. Mense se taalvaardighede moet verbeter word, so byvoorbeeld moet taalgebruik in die media (en veral nuuslesers op televisie) opgelei word om hul taalvaardighede te verbeter. Die Engels wat in amptelike stukke gebruik word, is uiters swak. Swak taalgebruik en kommunikasieprobleme skep ’n slegte beeld van die maatskappy of organisasie. Terminologie behoort vir die gemarginaliseerde tale ontwikkel te word sodat vertaalwerk en onderwys (veral op wiskunde- en wetenskapgebied) daarby kan baat vind.

    2. Ideale omstandighede

    2.1 Positiewe taalhoudings (teenstellling met 1.1)

    Politici moet moedertale in provinsiale en parlementÍre debatte gebruik om as rolmodel te dien. Ander tale en kultuurgebruike moet aangeleer word, sonder om ooremosioneel oor eie moedertale te raak. Gelyke taalstatus sal trots in moedertale aanwakker en die strewe na Amerikaanse gebruike en gewoontes wat tans op televisie uitgebeeld word, teenwerk. Taalverandering en nie-standaard taalgebruik (soos kodewisseling) moet as ’n natuurlike verskynsel aanvaar word.

    2.2 Geletterdheid (teenstelling met 1.2) van alle inwoners (1)

    Skrywers moet in moedertale skryf. ’n Lewendige mark vir Afrikaanse en Xhosa publikasies sal voldoende lees- en leerstof in biblioteke moontlik maak.

    2.3 Voldoende fondse vir veeltaligheid (teenstelling met 1.3)

    Broodwinners sal geletterd genoeg wees om op ’n gelyke finansiŽle vlak te kan meeding. Veeltalige amptenare sal onpartydige dienslewering in hospitale, howe en ander openbare dienste verseker.

    2.4 ’n Databasis met taalverwante inligting wat geraadpleeg kan word om taalnavrae te hanteer (2)

    2.5 Ondersteuning vir veeltaligheid (teenstelling met 1.5)

    Die kunste sal in al drie tale en kulture bevorder word. Onderrig deur middel van radio en televisie sal taalopleiding aan die inwoners van die provinsie verskaf, veral in landelike gemeenskappe wat tans geen toegang tot hierdie media het nie en nie aan opleiding blootgestel kan word nie.

    2.6 Opgeleide tolke en vertalers (teenstelling met 1.6)

    Opgeleide taalwerkers moet alle publikasies en vorms in drie tale vertaal. Rekenaarprogramme vir outomatiese vertaling moet ontwikkel word. Gestandardiseerde terminologielyste sal vertaalwerk vergemaklik.

    2.7 Taalbeleid op nasionale vlak wat van regeringskant prakties ondersteun word (3)

    Skole moet doeltreffende taalbeleide opstel sodat dit moontlik is vir moedertaalonderrig tot op universiteitsvlak. Taalbeleid moet die nodige infrastruktuur (bv. vertaling en tolkwerk) daarstel om veeltaligheid prakties uit te voer.

    3. Kreatiewe moontlikhede vir oplossings

    3.1 Bevordering van veeltaligheid deur die media en tegnologie

    Koerante, streekskoerante en die radio moet Xhosa insluit om veeltalighid te bevorder. ’n Taalkoerant met veeltalige artikels word voorgestel. Uitgewers moet kinderboeke en literatuur vir volwassenes in drie tale vertaal. Benut tegnologie om met die massa te kommunikeer, bv die skep van ’n webwerf wat vertalings kan doen. Moderne tegnologie en die onderwys moet saamwerk. SABC kan opleiding in 3 tale aanbied en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement behoort die publiek oor die status van die drie tale in die media in te lig.

    3.2 Bevordering van veeltaligheid van regeringskant

    President Mbeki moet toesprake in Xhosa hou, nie net in Engels nie. Nasionale simbole en monumente moet veeltalige name hÍ.

    3.3 Bemarking van en veldtogte om veeltaligheid te bevorder

    Reklame moet vir veeltaligheid gemaak word, deur die kerk, die regering en politieke partye. Stel jaarliks ’n nasionale taaldag vir alle amptelike tale in om die waarde van veeltaligheid te beklemtoon. Stuur rolmodelle na skole om kinders te inspireer. Die waarde van taal as kulturele bate moet in opleiding beklemtoon word.

    3.4 Gee in die werkplek voorkeur aan werknemers wat veeltalig is en verskaf drietalige opleiding

    Indiensnemingsbeleide in die openbare en private sektore moet veeltaligheid aanmoedig. Opleiding in drietaligheid moet nie net in die werkplek gegee word nie, maar ook op skool, vanaf graad 1 tot 12 . Onderwysers moet veeltalig wees en in drie tale opgelei word. Werknemers moet ’n drietalige taaltoets aflÍ. Veeltaligheid behoort beloon te word deur aansporings. Stig ’n professionele liggaam vir taalpraktisyns

    3.5 Befondsing

    Borgskappe vir befondsing. Daar moet vir bevordering van veeltaligheid begroot word. Fondse vir taalonderrig en opleiding van sowel werknemers as onderwysers moet beskikbaar gestel word. Gemeenskapsprojekte moet fondse self genereer en nie wag vir befondsing nie. Rigtingborde en openbare tekens kan gestandardiseer word sodat dit ook deur ander instellings en organisasies gebruik kan word.

    3.6 Stel databasis van taalbronne saam om inligting aan navorsers te verskaf

    3.7 Toerisme-brosjures en padtekens moet drietalig wees (4)

    3.8 Geletterdheidsprogramme

    Veldtog vir geletterdheid van volwassenes. Openbare biblioteke behoort ’n leeskultuur te vestig en ’n beleid te hÍ dat boeke in drie tale aangekoop moet word.

    3.9 Taalbeleide (5)

    Wes-Kaapse Taalkomitee moet die toon in taalbeplanning aangee. Ouers behoort goed ingelig te word sodat hulle oorwoŽ besluite oor taalbeleide vir skole kan neem.

    3.10 Teaterproduksies moet in al drie tale aangebied word.


    1. ’n Simposium word in Februarie 2001 gehou om leesmateriaal vir kinders te ontwikkel. Die doel van die simposium is om literatuur vir kinders in alle tale beskikbaar te stel wat as deel van hul erfenis sal dien. Skakel die Sentrum vir die boek vir verdere inligting.
    2. Die databasis is ’n projek wat deur die Wes-Kaapse Taalkomitee geÔnisieer is en die Wes-Kaapse Taaldiens het reeds daarmee begin.
    3. Die regering het reeds ’n konseptaalbeleid saamgestel en PANSAT kan hieroor geraadpleeg word.
    4. Die Wes-Kaapse Taalkomitee gee aan beide sake aandag en het reeds samesprekings met die onderskeie organisasies gevoer.
    5. Kyk Besprekingsdokument — Konseptaalbeleid vir die Wes-Kaap Augustus 2000 wat by die Wes-Kaapse Taaldiens verkry kan word.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.